Motiewe Flashcards

1
Q

Tikmasjien (3)

A
  • Konneksie met Lena en Jan-Paul – dit was ‘n geskenk uit Jacques se jeug.
  • Dis meer outentiek as ‘n skootrekenaar – simbool van Jacques wat verkies om outentiek en opreg te wees en die waarheid te soek. Hy wil “oukei wees” met homself.
  • Beklemtoon die sentrale tema van skry
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Potplante (4)

A
  • Simbool van Jacques se verhouding met sy ma: Na sy arrestasie sê hy vir haar:
  • “Ek is nie ‘n plant in ‘n blik nie, Ma.”
  • Hy voel alleen soos ‘n potplant waaraan niemand aandag gee nie. Later sê hy: “My ma het my verwerp.”
  • Kyk bietjie: al die potplante in die film is pateties en alleen.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Ring (5)

A
  • Simbool van Jacques se liefde vir Lena – hy wil met haar trou.
  • Simboliseer liefde, lojaliteit, getrouheid (faithful).
  • Ironie – Lena het hom verraai. Sy was nie lojaal en getrou nie.
  • Jacques se laaste konfrontasie met Jan-Paul: hy gooi die ring weg – dit het nie meer betekenis vir hom nie.
  • Carina vind die ring tussen die glasskerwe in Jacques se woonstel – die verhouding is dus stukkend (aan skerwe). Die ring help haar om die waarheid uit te vind.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Champion toffies (3)

A
  • Assosiasie met Jacques – sedert sy kinderdae
  • Simboliseer Jacques en Jan-Paul se vriendskap
  • Kan geassosieer word met sy jeugdige onskuld (childhood innocense), amper soos ‘n onskuldige kind
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Treine / lokomotiewe / treinspore (5)

A
  • Lokomotief – positiewe motief – metafoor vir Jacques se positiewe verhouding met sy pa
  • Treinstelletjie as geskenk van sy pa toe hy ‘n kind was – sy gunsteling speelding
  • Treine is ook negatief – Jacques word met ‘n trein weggeneem na die verbeteringskool
  • Treinspore – metafoor vir Jacques se lewensreis (journey)
  • Kyk na die skermgreep hierbo: simbolies van die karakters se lewenspaaie – hulle ontmoet en hulle paaie skei weer later!
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Gewere (5)

A
  • Simbool van geweld (violence), misdaad, die dood, konflik en verraad (betrayal)
  • Klaus se dood – Jan-Paul laat dit lyk asof Jacques hom geskiet het. Jacques hou as kind ook nie van geweld nie. Hy sê: “Gewere maak net moeilikheid, Ma.”
  • Misdaad – assosiasie met Gavin – hy verander nie, maar bly ‘n gewetenlose misdadiger tot aan die einde.
  • Jan-Paul se selfmoord: pistool is ‘n simbool van sy lafhartige (coward) lewe.
  • Jacques se laaste konflik met Gavin – hy het die kans om Gavin te skiet, maar kies om dit nie te doen nie – simbolies draai hy dus sy rug op ‘n lewe van leuens en misdaad.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Tatoeëermerk (4)

A
  • Jacques kry ‘n tatoeëermerk in die verbeteringskool. Gert/Gavin het ook een.
  • In die onderwêreld van misdaad is dit die gewoonte (habit) dat ‘n misdadiger in die tronk ‘n tatoeëermerk kry.
  • Dis permanent – dit brandmerk jou as ‘n misdadiger; eenmaal ‘n misdadiger, altyd ‘n misdadiger
  • Skep ‘n konneksie tussen Jacques en Gavin – konflik / spanning
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Koerante (3)

A
  • Beklemtoon die spanning tussen waarheid en leuen (Rapport en Montage)
  • Kyk na die nabyskoot hierbo: aan die einde fokus die regisseur kort-kort op koerante – die waarheid is besig om uit te kom.
  • Carina se assosiasie met koerante – sy kies integriteit en die waarheid bo leuens en sensasie.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hangertjie

A
  • Simbool van Jacques se verhouding met Lena
  • Sy gee die hangertjie vir hom as teken van haar ondersteuning (support) en lojaliteit. Sy is die enigste een wat hom op die stasie kom groet voor hy na die verbeteringskool gaan.
  • Ironie – sy verraai (betray) hom deur agter sy rug ‘n verhouding met Jan-Paul te hê.
  • Jacques sien haar en Jan-Paul saam – hy los die hangertjie buite in ‘n boom. Dit het nie meer betekenis (meaning) vir hom nie
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly