Liebet Rynhardt Flashcards
Wat was haar droomwerk?
Liebet Rynhardt, Jacques se ma, kon ‘n model gewees het as sy nie swanger geraak het met Jacques nie.
Waarom is sy ‘n bitter meisie?
Sy is ‘ n bitter en wrokkerige vrou wat haar
mislukking en teleurstelling op Jacques uitgehaal het.
Hoe het die swangerskap haar gevange gehou?
Hierdie swangerskap het haar ‘n gevangene van ‘n bleeksielman gemaak vir wie sy nooit werklik
enige liefde gevoel het nie.
Wie is die slagoffer van haar teleurstelling?
Nou straf sy Jacques indirek daarvoor.
Wie anders straf sy deur haar wrewel oor jacques uit te haal?
Sy straf ook haar man deur haar wrokkigheid op Jacque s uit te haal.
Is sy lief vir Jacques?
Alhoewel sy “ lief “ vir Jacques is, sien ons aan die einde van die fliek dat sy Jacques se boek lees, maar dit tog nie kan regkry om haar gevoelens te wys nie.
Waarop was sy jaloers?
Sy was jaloers op die pa en seun se goeie verhouding en die feit dat sy hiervan uitgesluit was.
Hoe het sy jacques verraai?
Sy is ‘n harde vrou wat haar eie seun verraai en hom aan die polisie oorgegee het.
Wat kon sy nie doen toe hy gevonnis is nie?
Toe hy gevonnis is, kon sy dit nie eers regkry om na hom uit te reik nie.
Wat was haar grootste straf? (2)
- Omdat sy nooit haar “ liefde “ aan Jacques kon wys nie, is haar grootste straf die feit dat sy nooit haar ideale kon verwesenlik nie en in ‘n krot vasgekeer was.
- Sy het ook vir Jacques verloor en moes haar dae in eensaamheid deurbring.