Jan-Paul Otto (sr.) Flashcards
Jan-Paul (sr.) is ____ en ambisieus.
gesofistikeerd
Waarom kan hy as ambisieus beskryf word?
Hy wou altyd ‘n argitek word en vir Lena ‘n fantastiese huis bou.
Wie was sy beste vriend terwyl hy op skool was?
Hy is Jacques Rynhard se beste vriend sedert skooldae.
Waar het hy studeer en wat doen hy nou?
Jan Paul bestudeer argitektuur in Boston en na sy pa se dood keer hy terug Suid-Afrika toe om die argitekfirma oor te neem.
Alles in sy lewe is ____, ____ en ______.
Alles in sy lewe is presies, georden en
gedissiplineerd.
Waarom beny (envy) Jan-Paul Jacques?
Hy wens hy dat hy so onkonvensioneel en veral so vry soos Jacques kon wees. Jan-Paul is eintlik ‘n introvert en ‘n lafaard.
Weet Jan-Paul hoe om verantwoordelikheid te neem?
Hy kon nog nooit die verantwoordelikheid vir sy dade aanvaar nie. Twee keer moes Jacques Rynhard die skuld en straf vir Jan- Paul se swakhede op hom neem.
Wat besef Jan-Paul van Jacques?
Jan-Paul besef dat Jacques ‘n goeie man is, maar hyself het nooit die moed gehad om sy eie skuld te aanvaar nie.
Hoe verraai Jan-Paul Jacques?
Hy verraai Jacques deur sy meisie af te neem, maar is te lafhartig om dit te erken.
Wat lei sy skuldgevoelens daartoe dat hy doen?
Sy skuldgevoelens lei later daartoe dat hy selfmoord pleeg.