Ballade: Hoofstuk 1 Flashcards
Waarom word die kameraskoot gevries as die woord BALLADE op die skerm verskyn?
Dat die kyker die verklaring van die woord kan lees.
Wat word die kameraskoot genoem wat op die titel fokus?
Nabyskoot
Hoe weet die kyker watter tyd van die dag dit is?
Stadsliggies is sigbaar in die agtergrond - aand.
Beskryf hoe klank in die eerste toeneel bydra om spanning te verhoog.
Die kamera zoem stadig in en fokus op die tweede klop aan die deur.
Watter tegniek word gebruik om die kykers se aandag op die koerantberig oor Jacques Rynhard te vestig?
‘n Glyskoot wat dan vries op die artikel van Jacques.
Wat is die funksie van die kamerskote wat vinnig verwissel vandat Carina wakker word totdat sy
by die werk aankom?
Die skote verwissel vinnig om opeenvolgende aksie en handeling aan te dui.
Hoe word Carina se verwerping deur mnr. Oberholzer versterk in die toneel wat daarop volg?
Carina se liggaamstaal toon dat sy ongelukkig is. Daar is ook stadige, weemoedige musiek wat
haar gevoelens beklemtoon, die neerdael in die huisbak dui ook op haar gemoed wat sak.
Watter duidelike verskil is daar tussen die Rapport- joernaliste en die Montage-joernaliste?
Montage se berigte is op jag na sensasie. Die redakteur by Montage hanteer werkers onprofessioneel en sy taalgebruik is kru en plat. Rapport is professioneel en werkers word met
respek hanteer.
Watter kameraskoot word gebruik as Carina vir Lena vrae vra?
‘n nabyskoot
Hoe voel Alicia Francke teenoor Jacques Rynhard?
Sy beskryf hom as ‘n narsis, egoïs en mal oor homself.
Carina soek na leidrade oor Jacques Rynhard. Verduidelik hoe die kamerawerk haar soektog
beklemtoon.
Nabyskote van koerantberigte, Carina se telefoon en rekenaarsleutelbord word vertoon. Beelde
en flitse van Google verskyn om dringendheid aan te dui.
Wat was Jacques Rynhard se laaste SMS-boodskap?
Vriende vir altyd.
Aan wie het Jacques hierdie boodskap gestuur?
Lena en Jan-Paul.
Waarom word die sersant en Mysi se koppe afgesny in die raampie as hy die Post-it nota aan
haar oorhandig?
Dis onetiese optrede wat weggesteek moet word.
Wat is die funksie daarvan dat die blouskerm voor Carina se gesig inskuif as sy vir Jan-Paul Otto
in die hande probeer kry?
Dit dui ‘n struikelblok aan.