Lena Aucamp (jr.) Flashcards
Beskryf Lena. (2)
Lena(jr.) is’n vrydenkende plaasmeisie en kuns was al waarin sy haar kon uitleef.
Waarom is haar ouers in haar lewe afwesig?
Haar ouers is afwesig in haar lewe, omdat hulle so besig is om hul loopbane na te volg dat hulle Lena emosioneel verwaarloos.
Tree Jacques en Jean-Paul op as haar gesin?
Sy kry vervulling by Jan-Paul (jr.) en Jacques (jr .), want hulle word haar familie, ‘n troos vir haar disfunksionele gesin.
Hoekom kies sy vir Jacques? (2)
Sy raak oombliklik op Jacques verlief omdat hy die interessantste van die twee seuns is, en aangesien hy ‘n
skrywer is, ook die beste met haar kunssinnigheid identifiseer.
Sy is lief vir vryheid en sal enigiets vir Jacques jr. doen, want hy is haar ideale storieboekman - haar storiemaker wat die werklikheid kan versag met die mooiste stories wat sy ken.
Watter fout het sy gehad in Jacques se pa se dood?
Tydens die skietles was sy die een wat die duiwe laat skrik het en Jacques en Jan-Paul se aandag afgetrek het. Sy was dus indirek vir Klaus, die pa, se dood verantwoordelik.
Het Lena die moed gehad om vir Jacques te vertel wat sy gedoen het?
Toe Jacques jr . aangekla word, het sy nie die moed gehad om hom dit te vertel nie.
Wat anders het Lena nie die moed gehad om te erken nie?
Sy het ook nie die moed gehad om te erken dat sy en Jan-Paul eintlik al ‘n verhouding het nie.
Hoe het Lena haar skuldige gevoelens hanteer?
Sy het skuldig gevoel en moes vir Jacques in die verbeteringskool ondersteun.
Wear of Onwaar,
Lena is lojaal aan Jacques
Onwaar, Sy verraai dus Jacques Rynhard se liefde en vertroue.