Jacques Rynhard (jr.) Flashcards
Wat weet Jacques van sy ouers se verhouding?
Jacques Rynhard (jr.) weet dat sy ouers nie meer lief is vir mekaar nie.
Wat verstaan hy nie van sy pa nie?
Hy kan nie verstaan waarom sy pa nie teen sy ma opstaan nie.
Waarin soek hy vertroosting?
Hy het altyd troos gesoek in sy treinstelletjie. Hy spandeer baie tyd saam met sy pa op die lokomotief en op die treinspore.
Op watter manier ontmoet hy Jean-Paul?
Dan ontmoet hy vir Jan-Paul, vir wie hy instaan en as gevolg daarvan word hy deur die skoolhoof gestraf.
Saam ontmoet hulle vir ____.
Lena Aucamp
Wie raak verlief op Lena?
Jacques, sowel as Jan-Paul, raak onmiddellik op haar verlief.
Wat dwing Jacques se ma om sy pa te doen?
Sy ma dwing sy pa om vir Jacques skietlesse te gee.
Waarna lei die skietles?
Dit lei tot ‘n tragedie waarvoor hy die skuld kry en waarvoor hy na ‘n verbeteringskool moet gaan.
Waarvan aanvaar Jacques die verantwoordelikheid?
Weer aanvaar hy skuld vir iemand anders en word hy deur die mense wat die naaste aan hom is, verraai.
So word sy _____ misbruik.
So word sy goedheid misbruik.