WATERBESOEDELING Flashcards
Noem die 3 bedreigings van water of wat is die 3 oorsake van waterbesoedeling?
Onoplosbare stowwe
Oplosbare stowwe
Lewende Kieme
Hoe is onoplosbare stowwe besoedlingselemente?
Stowwe soos olie, plastiek,glas ens. is sleg vir water en die mense wat die water gebruik omdat dit nie oplos in water nie
Verduidelik Oliebesoedling as onoplosbare stof.
olie versprei as ‘n dun lagie op water, maak wild en plantegroei dood en die water ondrinkbaar.
Hoe is kan oplosbare stowwe water besoedel?
Stowwe soos kunsmis, plaagdoders chemikalieë, seeppoeiers en seep los op in die water en raak onsigbaar wat dit moeilik maak om te weet of dit daarin is en onmoontlik om dit te verwyder.
Wat is die uitwerking van bemesting (kunsmis) op riviere ?
kunsmis spoel in riviere in wat as voedsel dien vir Alge en dit vinniger laat groei en meer raak. Dit vorm ‘n groen laag op damme en mere en veroorsaak eutrofikasie, kan gifstowwe afskei en al die suurstof opgebruik dat visse vrek.
Wat is Kieme?
Lewende wesens wat nie met die oog gesien kan word nie, maar siek maak.
Wat is diarree?
‘n algemene siekte wat deur water oorgedra word, ontwatering veroorsaak by ou mense en kinders wat hul kan laat sterf omdat hulle swak word daarvan, want jy kan nie eet nie.
Hoe kry ons diarree?
Deur rioolafval wat versprei na riviere waar mense die water gebruik om te kook en was of die kinders speel in die besoedelde water.
Noem die infeksie siklus van diarre
toilette is stukkend, riool spoel na riviere waar mense die water gebruik of speel daarin, dan kry die mense diarree en kinders en ou mense kan sterf.
SA is ‘n droë land, hoeveel mm reën kry SA jaarliks?
450mm reën per jaar.
Alle water loop uiteindelik in ‘n __________ in.
Rivier
Wat is die aksie of voorkoming (ontstaan) van onoplosbare stof besoedeling?
Moenie:
vullis strooi nie
olie in drein en wasbak afgooi nie
Moet:
dit met die hand verwyder uit die rivier
organiseer ‘n skoonmaakpoging
wat is die voorkomingsmaatreëls vir Oplosbare stof besoedeling?
Gebruik so min as moontlik:
seep en wasmiddels
kunsmis in die tuin
plaagdoders in die tuin
Wat is die aksie wat jy kan neem om diarree te voorkom?
Was jou hande voor ete
moenie besoedelde water drink of daarin speel nie.
Herstel toilette.
Wat is ‘n vleiland?
Groot massa, vlak water met plante soos riete.