Energie Flashcards
Wat noem ons ‘n eevoudige teken wat iets beteken of vir iets staan?
`n Simbool soos (+) staan vir positief
Wat is lading?
‘n elektriese eienskap wat vir ons sê of ‘n deeltjie positief (+) of negatief (-) gelaai is.
Wat noem ons materiale wat hitte en elektrisiteit daardeur gelei?
Geleiers is metale soos koper en yster wat as drade gebruik word.
Wat beteken verbinding?
om iets saam te voeg
Is ‘n elektriese stroombaan ‘n stelsel?
Ja, want dit bestaan uit baie dele wat saamwerk om ‘n funksie te verig soos ‘n ketel, flits, TV, radio, Haardroër ens
Is die Son ‘n bron van Hitte en Lig?
Ja, want dit is waarvandaan hitte en lig kom of ontstaan.
Wat is die doel van die skakelaar op byvoorbeeld ‘n flits of ketel?
Dit word gebruik om ‘n elektrisiese stroom te breek (oop) of te voltooi (geslote).
wat is ‘n elektriese stroom?
die beweging van ‘n elektriese lading deur ‘n geleier.
Wat noem ons die verskillende dele van ‘n geleidende voorwerp wat deel vorm van ‘n elektriese stroombaan?
Stroombaankomponente
Wat is Isolasie?
Die bedekking van stroombaandrade wat die elektriese stroom binne-in die drade hou sodat wanneer jy daaraan raak, jy nie sal skok nie.
Wat is ‘n isolator en gee ‘n voorbeeld
‘n Materiaal waardeur ‘n elektriese stroom nie kan beweeg nie soos rubber of plastiek.
wat noem ons dit as daar ‘n elektriese lading deur ‘n stof vloei?
‘n Stroom
Wat is die funksie van ‘n gloeilamp?
`n komponent wat lig verskaf wanneer dit by ‘n stroombaan gevoeg word.
Wat noem ons energie nadat dit deur ‘n toestel gegaan het?
Uitset
Wat is ‘n toestel?
iets wat een soort energie verander in ‘n ander soort energie ‘n radie gebruik elektriese energie en skakel dit om in klank energie.
wat is die funksie van ‘n batery?
‘n komponent wat aan ‘n elektriese stroombaan energie gee.
Wat is ‘n komponent?
verskillende dele van iets wat almal saamwerk.
wat is ‘n baan
die pad waardeur iets sal beweeg
Wat is ‘n lewendige draad?
‘n draad waardeur elektrisiteit vloei
wat word die materiaal genoem waardeur geen hitte of elektrisiteit gaan nie?
Nie-geleier
‘n Kragopwekker is…
‘n masjien wat elektrisiteit maak deur die verbranding van ‘n brandstof soos petrol.
iets soos klein dat dit nie deur die blote oog gesien kan word nie net deur ‘n mikroskoop
Mikroskopies
Iets wat nie weer gemaak kan word nadat dit opgebruik is nie.
Nie-hernubaar (soos steenkool, gas en olie)
‘n ander woord vir: om iets te bou
Oprigting
Om iets te maak en te sorg dat dit in ‘n goeie werkende toestand bly?
Instandhouding
Wat is die rol / funksie van n stroombaan?
- Om elektrisiteit van die bron na die toestel te stuur.
- Die toestel verander Dan die elektrisiteit in nuttige uitset-energie (lig)
- Alle elektriese stelsels het n inset- en uitset energie.
Wat is energie?
- ‘n bron van krag en kom in verskillende vorms voor.
- Dit is die brandstowwe wat n toestel nodig het om te werk soos elektrisiteit, gas, steenkool en olie.
- Dit Kan van een vorm na n ander oorgedra of verander word soos elektrisiteit na hitte energie.
Wat is kinetiese energie?
Dit is die wetenskaplike naam vir bewegings energie: kinders wat hardloop, n kar wat ry, wipplank
Wat is potensiële energie?
Enige iets wat stilstaan soos n fiets of motor het die potensiaal om te Kan beweeg of n werk te verrig.
Wat is potensiële energie?
Enige iets wat stilstaan soos n fiets of motor jet die potensiaal om te Kan beweeg of n werk te verrig.
Gee n voorbeeld van lig energie
N kar se ligte, n flits, die son
Gee n voorbeeld van hitte energie
N stoof, n motor se engine, n vuur, n kersvlam, verwarmer
Gee n voorbeeld van hitte energie
N stoof, n motor se engine, n vuur, n kersvlam, verwarmer
Gee n voorbeeld van klank energie
Kinders wat skree, n motor se toeter, radio, tv
Wat is n diagram?
n eenvoudige tekening of skets met verskillende simbole soos met n stroombaan tekening.
Noem n lys van geleiers
Spykers, staalwol, munte, koperdraad en spykers
Noem die 4 vernaamste metale wat elektrisiteit gelei?
Koper
Silwer
Goud
Aluminium
Hoekom gebruik ons grootliks koper en nie silwer nie, vir elektrisiteit?
Dit is n goeie geleier en is goedkoop, silwer is duur. En aluminium gelei nie soos goed soos koper nie al is dit goedkoop
Noem die 4 kenmerke van nie-geleiers
Gelei nie krag nie, laat geen vloei deur
Beskerm ons teen skok
Dit is almal nie-metale
Voorbeeld: glas, hout, rubber, keramiek
wat is elektrisiteit?
Dit is ‘n bron van krag wat opgewek word deur die verbranding van fossielbrandstowwe soos steenkool by kragstasies.
Wat is ‘n geslote stroombaan?
> Die stroom vloei
> die uitset energie is sigbaar (die lamp gloei)
> Die skakelaar is aan
> Die stroombaan is geslote: Elektrisiteit vloei vanaf die positief terminaal in ‘n sel, deur die
draad, terug na die negatiewe terminaal van die sel wat op die stroombaan gekoppel is.
wat is ‘n oop stroombaan?
> Geen stroom, die energie vloei nie.
> geen uitset-energie nie
> Die skakelaar is af
> Die stroombaan is oop
Wat is ‘n geleier en gee ‘n voorbeeld?
> `n materiaal / stof waardeur elektrisiteit en hitte kan vloei.
Voorbeeld:
1, Koper (baie goeie geleier en nie duur)
2, silwer (duur)
3, goud (duur)
4, aluminium (goedkoop, maar gelei nie so goed nie)
Noem 3 islolators en gee `n voorbeeld by elk.
> `n materiaal / stof waardeur elektrisiteit en hitte NIE kan vloei NIE = islolator
Voorbeeld:
1, Plastiek (omhulsel van ligskakelaar)
2, rubber (Handskoene vir werk)
3, hout (pale waaroor krag drade loop)
4, Keramiek (versterkte glas of pothandvatsel)
Teken ‘n stroombaan met al die komponente.
‘n basis van karton of hout.
koperdraad wat alles verbind
twee drukspykers met ‘n skuifspeld (dit is die skakelaar)
1 battery of 2 selle (+ en - volg opmekaar)
`n gloeilamp
die energie vloei word met pyle aangedui vanaf die + terminaal van die batttery.
Hoe kan jy die helderheid van ‘n gloeilamp in ‘n stroombaan verander sonder om die stroombaan te verander?
- deur ‘n groter batery in te sit
- deur die lengte die koperdraad
korter te maak tussen die komponente van die stroombaan. - deur dikker draad te gebruik.
- deur ‘n gloeilamp te gebruik wat minder interne weerstand bied.
gee 3 voorbeelde van fossielbrandstowwe
steenkool, gas, olie
verduidelik die proses van verbranding wanneer fossielbrandstowwe gebruik word om krag op te wek.
Steenkool word ontgin en dan verbrand in ‘n ketel by ‘n kragstasie
om water tot stoom te verhit
Binne die turbiene die laat die stoom `n as met lemme (waaier) begin draai
Die turbiene se wiele dryf ‘n kragopwekker, wat die bewegings energie omsit
in elektrisiteit
Die elektrisiteit word na n verhogings transformator gestuur om die krag
oor lang afstande te kan versprei.
Die verlaging substasie ontvang die elektrisiteit en verminder die krag
van die elektrisiteit om dit veilig te maak vir ons huise.
Die elektrisiteit beweeg van die muurprop deur die draad tot in die toestel (TV)
`n TV ontvang die elektrisiteit en verander die energie na klank en lig energie
wat is die nadelige effek op die omgewing in die gebruik van fossielbrandstowwe?
verbranding daarvan gee partikels af wat mense inasem en hul siek maak.
Dit besoedel die lug. Die ontginning daarvan besoedel die water. Die Myn daarvan veroorsaak grondverskuiwings en erosie.
Waarvoor word steenkool gebruik?
As `n brandstof en om elektrisiteit op te wek. Die kragstasies verbrand die steenkool. Die hitte word gebruik om ‘n ketel vol water te verhit tot stoom. Dit dryf ‘n turbine wat en die wiele van die turbiene dryf die kragopwekker wat die bewegings energie omsit in elektrisiteit.
Wat is hernubare energie en gee 3 voorbeelde?
Sonpanele vir die opvang van son energie.
Die energie van vallende water vir Hidro-elektrisiteit.
Wind-energie vir die aandrywing van windturbienes.
hoe word sonkrag opgewek en gee 2 voordele daarvan.
Sonpanele word gebruik vir die opvang van die son energie (ligstrale). Geleidingsdrade voer die krag na die toestel
wat is windkrag en hoe word dit gebruik om elektrisiteit op te wek?
Groot lemme wat wind turbienes genoem word, gebruik die wind se energie en skakel die energie om in elektrisiteit. Die turbines gee die krag aan masjiene soos ’n kragopwekker. Baie terbines word n windplaas genoem.
Wat is die rol van waterkrag in die opwekking van elektrisiteit?
Die bewegingsenergie van water word gebruik om elektrisiteit op te wek by n hidro -elektriese kragstasie
Gee ‘n ander naam vir waterkrag.
Hidro-elektriese krag
waarin word elektristiteit gemeet?
watt (kilo watt per uur)
Noem die 2 hoogste verbruikers van krag in die huis
Die Geiser en die ligte
Wat is onwettige konneksies?
Wanneer krag gesteel word deur onwettige elektriese verbindings wat gevaarlik is vir mense, want kragdrade is oop en sonder isolasie
hoekom is onwetting konneksies gevaarlik?
‘n Persoon kan doodskok, verbrand en vermink word (arm of been verloor )
Hoe kan ons elektrisiteit in ons huis spaar?
Gebruik sonkrag geysers, moenie ligte onnodig laat brand nie, gebruik energie besparende gloeilampe.
Waarvoor word transmissielyne gebruik?
Om die krag te versprei vandaf die kragstasie oor die land heen sodat almal wat dit nodig het dit kan gebruik.
Noem 5 negatiewe redes vir die gebruik van nie-hernubare hulpbronne
Miljoene jare been om gemaak te word
Kan nie maklik vervang word nie
Kan nie herwin word na gebruik
Veroorsaak besoedeling
Beperkte is voorraad daarvan
Wat is die enigste positiewe rede vir die gebruik van nie-hernubare stowwe
Dit is goedkoop
Noem 3 postiewe redes vir die gebruik van hernubare krag
Sal nie uitgeput raak nie
Is gratis beskikbaar
Geen gevaar van besoedeling
Wat is die negatiewe redes vir die gebruik van hernubare energie (sonkrag, wind krag ens)
Weer is nie betroubaar nie (son skyn nie altyd nie, wind waai nie)
Die proses en masjiene is duur
Wat is die negatiewe redes vir die gebruik van hernubare energie (sonkrag, wind krag ens)
Weer is nie betroubaar nie (son skyn ni skyn nie, wind waai nie)
Die proses en masjiene is duur
Noem ons land se 2 hoof kragstasies
Madupi (Limpopo)
Kusile (Mapumalanga)
Wat word die Drade en kragmaste wat ons land deurkruis genoem?
Nasionale kragnetwerk
Noem die 4 stappe in die vorming van fossielbrandatowwe.
- Plante en diere het van miljoene jare gelede het in moerasse gevrek toe die aarde nog jonk was.
- Vir miljoene jare pers grond, rotse en water die reste saam en word onset die grond en water begrawe.
- Druk en hitte verander die reste in steenkool, aardgas en olie
- Dit neem miljoene jare om fossielbrandstowwe te vorm