NWT-aarde En Ruimte- KW4 Flashcards
Die ster in die middel van die Sonnestelsel
Son
Die aarde se natuurlike sateliet wat sigbaar is omdat die son daarop skyn
Maan
Wat noem ons die beweging van die aarde om sy eie as wat 24h duur?
Rotasie
Wat noem ons dit as die aarde 365 dae en ‘n kwart neem om om die son te beweeg en seisoene veroorsaak?
Die aarde maak een omwenteling binne sy wentelbaan om die son
Die dwergplaneet wat nie as een van die 8 planete geklas is nie?
Pluto
Hoe lank neem dit die maan om 1 maal om die aarde te draai?
28 dae
Die instrument wat gebruik word om na die ruimte te kyk
Teleskoop
Wat noem ons die optiese teleskoop in Suid-Afrika wat lig deur ligbreking en lense of lig deur refleksie van spieëls ontvang?
SALT
Naam van die radio-teleskoop wat in SA gebruik word?
SKA
Wat noem ons die eerste SKA teleskope wat in SA gebou is ?
MeerKAT
Noem die wetenskaplike wat die sterre, planete en hul bewegings bestudeer
Sterrekundige
Die ruimte-teleskoop wat NASA in 1990 geloods het en om die aarde wentel?
Hubble ruimte-teleskoop
Die denkbeeldige lyn wat strek van die Noordpool tot die Suidpool en die aarde draai daarom
As of greenwichmeridiaan
Die laag lug wat die aarde omring?
Atmosfeer
‘n Sisteem wat uit baie sterre, stof en gas bestaan?
Sterrestelsel
Die sterrestelsel waartoe die Sonnestelsel (met die aarde) behoort?
Melkweg
‘n Natuurlike of mensgemaakte voorwerp wat om die aarde wentel?
Sateliet
Verduidelik wat gebeur by die rotasie van die aarde
Die aarde draai / roteer om sy eie as (denkbeeldig) en dit neem 24 uur vir een rotasie met dag en nag.
Wat is die funksie van die aarde se as?
Dit is ‘n denkbeeldige lyn wat van een pool (Noordpool) tot by die ander pool (Suidpool) strek en wat die Aarde in twee gelyke helftes verdeel (Oostelike halfrond en Westelike Halfrond)
Noem die 8 planete
Mercuries
Venus
Aarde
Mars
Jupiter
Saturnus
Uranus
Waarom kan mens op Aarde leef maar nie by Venus nie?
Die gemiddelde temperature van Venus is baie hoër (464 grade Celsuis) as die Aarde sin (15 grade Cessuis) wat Venus so warm maak dat geen organisme sal kan oorleef nie, want dit is warmer as kookpunt.
Is daar lewe op enige ander planete moontlik?
Nee, want die temperature is te hoog of te laag (te warm of te Koud) om enige lewe te kan onderhou.
In watter eenheid meet ons die lengte van dag en nag?
ure
wat is die eenheid waarin ons die aarde se deursnee meet of die afstand vanaf die son?
kilometer (km)
wat is die eenheid waarin ons temperatuur meet?
Grade Celcuis
Wat se invloed het die aftstand van die Son op die 8 planete?
Hoe verder weg van die son die planeet is, hoe laer is die gemiddelde temperatuur grade Celsuis van die planeet in (kouer), maar hoe nader aan die Son die planeet is, hoe hoër is die gemiddelde temperatuur in grade Celsuis van die planeet (warmer)
Watter planeet van die 8 het die meeste Mane ?
Jupiter (64)
watter planeet staan bekende as die “blou planeet”?
Aarde
By watter planeet sal al die ander planete kan inpas so groot is hy?
Jupiter
Watter planeet is bekend as die Ysreus?
Uranus
Watter planeet kan nie van die aarde af waargeneem word nie omdat die aarde se atmosfeer te dik is?
Venus
Watter planeet het ‘n blougroen kleur a.g.v. die metaan ?
Neptunis
Watter planeet se oppervlak is met rooistof bedek?
Mars
As Jupiter die eerste gasplaneet is, watter een is die tweede gasplaneet?
Saturnus
Watter lens van die teleskoop neem die lig en vergroot die voorwerp?
Die Ooglens (vergroot)
Watter lens van die teleskoop versamel die lig van veraf voorwerpe tot op ‘n punt?
Die Objektiewe lens (versamel)
Wat maak dat die maan skyn ?
Wanneer die Son se strale op die oppervlak van die maan val verlig dit die maan en laat die son se strale dit blink. Die maan maak nie sy eie lig nie.
Het mense al op mars geland en dit verken ?
Nee, net verkenners (masjiene/drones)
Is die Aarde die enigste planeet met lewe daarop?
Ja
Watter planeet is sewende vanaf die Son?
Uranus
In watter rigting roteer die aarde?
Van Wes na Oos, daarom kom die Son eerste in die Ooste op
Watter planeet vat die langste om om die son te beweeg?
Neptunus
Waar kom die asteroied-gordel voor?
Tussen die planete Mars en Jupiter
Wat noem ons die draaibeweging van ‘n voorwerp om sy eie as?
Rotasie
Hoe lank neem dit die Aarde om om die Son te wentel ?
365 en 1/4 dae
Wat noem ons die Son en al die voorwerpe wat daaromheen beweeg?
Sonnestelsel
Wat noem ons ‘n groep teleskope wat saamwerk om radiogolwe te versamel, genoem?
‘n Reeks
Waarvoor staan NASA ?
Nasionale Lugvaart- en Ruimte-Administrasie
Het die Maan sy eie wentelbaan om die Son?
Nee, hy wentel saam met die Aarde om die son.
Verduidelik wat met ‘n kwart dag van die Aarde gebeur?
Om die kwart dag (1/4) van die jaar in te werk, is daar vir 3 uit 4 jaar 365 dae per jaar, maar in die vierde jaar het ons 366 dae (skrikkeljaar)
Noem die 3 teleskope wat ons in Suid-Afrika kry?
SALT
MeerKAT
KAT 7
SKA
Wat is die 4 planete wat gasreuse is ?
Jupiter
Saturnus
Neptunus
Uranus
Hoekom is 20 Julie 1969 ‘n belangrike datum vir Sterrekundiges?
Neil Armstrong was die eerste man op die maan wat daarop gestap, grond en rotse bymekaar gemaak het vir wetenskaplikes om dit te bestudeer.
Wat is ‘n verkenningsvoertuig en die doel daarvan?
‘n voertuig met spesiale wiele en asse, wat ontwerp is om op planete te kan beweeg. Die doel daarvoor is om ander voorwerpe in die ruimte van naby te verken.
Wat noem ons ‘n voorwerp in die ruimte met massa?
‘n hemeliggaam
Wat is Massa?
die hoeveelheid atome in ‘n voorwerp in kombinasie met die digtheid van die atome = hoe naby hul aan mekaar is.
wat noem ons die pad van ‘n hemelligaam om ‘n ster of planeet?
wentelbaan
wat noem ons die stukkies rots wat van planete afgebreek het en ook om die son wentel?
asteroiede
Wat noem ons die strook asteroiede wat om die son wentel tussen Mars en Jupiter?
Asteroiedgordel
Noem die vier binne-planete (naaste aan die son) wat bestaan uit rotse en metaal met min of geen mane.
Murcuries
Venus
AArde
Mars
Noem die 4 buite-planete (verste van die son) en die gasreuse van ons Sonnestelsel en baie groter as die binne-planete met baie mane.
Jupiter
Saturnus
Uranus
Neptunus
wat noem ons die groot duike in die oppervlak van ‘n planeet?
Kraters
gee ‘n ander naam vir mane
sateliet
Beskryf die anatomie van die Son
Bestaan uit 6 lae en is ‘n groot bal brandende gas
Wat veroorsaak Seisoene op Aarde?
Die Aarde beweeg in sy Eliptiese wentelbaan om die Son en die Aarde is gekantel op sy as. Die kant van die Aarde wat na die Son wys ervaar Somer en die ander kant Winter.
Hoekom het die Aarde verskillende Seisoene?
Die Aarde het 4 Seisoene van 3 maande elk, omdat die Aarde verskillende hoeveelhede lig en hitte ontvang. Seisoene verander op dieselfde tyd elke jaar. Beginende 21 Junie, September, Desember en Maart.
Wat is ‘n ander woord vir die Aarde se omwenteling wat Seisoene veroorsaak?
Rewolusie
Wat veroorsaak Sonopkoms en -ondergang?
Die Aarde se rotasie
Waar is die Son in die middel van die dag wat ons help met tyd?
Bokant ons kop
Wat ervaar die kant van die Aarde wat nie na die Son gedraai is nie?
Nag
Hoe groot is die Maan?
`n derde van die Aarde se oppervlak
Hoekom sien ons van die Aarde af altyd net die eenkant van die maan?
Die maan draai eenmaal om sy eie as in dieselfde tyd wat dit nie maan neem om eenmaal om die aarde te wentel in 28 dae
Watter deel van die maan skyn in die nag?
Die kant wat na die Son gedraai is.
Beskryf die maan se oppervlak
Rotsagtig oppervlak met kraters, berge en plat vlaktes.
hoekom is die maan bedags nie so helder nie?
Die son is helderder as die lig wat vanaf die maan weerkaats word.
Wat veroorsaak Hooggety (springgety) en Laaggety (dooiegety) ?
Die Maan se Rewolusie of omwenteling om die aarde waartydens die swaartekrag tussen die maan en die aarde `n effek het op die oppervlak van die water.
In watter 2 fases van die Maan werk die Son en die maan se swaartekrag saam om die hoogste gety te veroorsaak, springgety?
Nuwe maan en volmaan
In watter Maanfases werk die swaartekrag van die Son en maan teen mekaar om die laagsste gety te veroorsaak, dooiegety ?
Kwartierfases van die Maan
Wat noem ons die trekkrag tuusen 2 of meer voorwerpe soos tussen die maan en die aarde ?
Swaartekrag
Wat noem ons die beweging van die Maan?
Rewolusie
Gebeur rotasie en rewolusie gelyktydig?
Ja, die maan roteer op sy eie as terwyl hy om die aarde wentel en dit neem 28 dae vir beide rotasie en een omwenteling om die aarde.
Waarvoor gebruik ons die maan?
Om rigting aan te dui, vir lig in die nag en speel ‘n rol in die getye.
Waarin word afstand gemeet in die ruimte?
in Ligjare
Die eerste maanlanding was in 1969, wie was die eerste mense op die maan?
Niel Armstrong en Buzz Aldrin
Beskryf die oppervlak van die Maan
Rotsagtig oppervlak met kraters, berge, plat vlaktes en is stowwerig
Die vorm van die Son en die Maan is rond, wat is die Aarde se vorm?
Sfeer
Die Maan is ‘n satteliet watter soort liggaam is die Son en die Aarde?
Die Son is ‘n ster en die Aarde is `n planeet.
Die Son beweeg nie, maar beskryf die beweging van die Aarde en die Maan?
Die Aarde draai op sy eie as (dag en nag) terwyl hy om die Son wentel in sy eie wentelbaan (1 jaar).
Die Maan draai ook op sy eie as (28dae) terwyl dit in sy eie baan wentel om die Aarde (28 dae)
wat word die verkenningsvoertuig vir die Maan en Mars genoem?
Maan Rover en Mars Rover (Curiosity)
Waaruit bestaan die Son?
Waterstof en Helium gasse
Waaruit bestaan die Aarde?
Soliede Rots
Magma
Water en
gasse in die atmosfeer
Waar of Onwaar, slegs een kant van die aarde op `n keer kry lug
Waar, want die agterkant wat weg van die son af wys, kry nie lig nie, anders sou dit beteken die Aarde roteer nie of die aarde is nie rond nie.
Rovers land naby Mars se ewenaar, wat is `n ewenaar?
n Denkbeeldige lyn wat die planeet in
n Noordelike en Suidelike halfrondes verdeel.
Waaruit bestaan Mercuries?
Dit is n Rotsagtige planeet wat met
n laag sand bedek is
Watter 3 dinge het Mercuries nie?
Geen vloeibare water, geen atmosfeer en geen maan
Wat is die helderste planeet in die hemelruim?
Venus
Is Venus ‘n warm of koue planeet?
Warm, agv die dik atmosfeer
watter planeet het baie vulkane ?
Venus
Blouplaneet?
Aarde
Die aarde se atmosfeer bestaan hoofsaaklik uit 2 gasse, wat is dit?
Suurstof (plante maak dit) en Koolstofdioksied (mens asem dit uit)
Hoekom is Mars die rooi planeet?
Hy is met ‘n rooi stof bedek
Het Mars water en `n atmosfeer?
Ja, Gevriesde water en `n dun atmosfeer by die pole
Die grootste planeet?
Jupiter
Uit watter 2 gasse bestaan Jupiter?
Waterstof en helium
Wat is die strepe op Jupiter?
Baie sterk winde wat om die planeet waai
Uit watter 2 gasse bestaan Saturnus?
Waterstof en Helium (soos Jupiter ook)
Wat is “anders” van Saturnus se ring ?
Dit is kleurvolle ringe wat uit gevriesde water bestaan
Uranus is ‘n gasplaneet, maar word ook `n ___________ genoem
Ysplaneet
Waaruit bestaan Uranus se atmosfeer?
Waterstof, Helium en deeltjies Metaan
Waaruit bestaan Neptunus se atmosfeer ?
Waterstof, Helium en Metaan
Hoekom het Uranus en Neptunus `n blou-groen kleur ?
weens die teenwoordigheid van Metaan
Planeet met die meeste Mane ?
Jupiter
Planeet verste van die Son ?
Neptunus
Watter 2 planete het nie `n maan nie?
mercuries en venus
Watter planeet wat die verste van die aarde is kan gesien word sonder ‘n teleskoop of verkyker ?
Saturnus
Hoekom is daar ‘n reuse donker kol op Jupiter?
Daar is n storm van sterk winde, met
n spoed van 800km/h
HOekom het Jupiter strepe ?
Daar waai sterk winde van oos na wes
Watter planeet se gasse maak dat hy lig is en op water kan dryf?
Saturnus
gee 3 feite oor planete
Almal wentel om die son in sy eie wentelbaan. Almal roteer op sy eie as.
Almal is verskillende afstande vanaf die Son.
Op watter planeet kom die vulkaniese berg Olympus Mons voor?
Mars
Hoe weet ons of Mars water het?
1, Droë rivierbeddings
2, Gevriesde water in kraters naby die pole
Wat is `n lens?
Stukke glas met geboe kante om sig te vergroot en duidelik te maak.