NW MATERIE KW2 Flashcards
wat is die 3 hooftoestande of Soorte Materie?
Vaste stof, vloeistof en gas
Wat is materie?
Enige fisiese stof wat ‘n vaste stof, vloeisstof of gas is
Waaruit bestaan Materie?
Deeltjies of partikels
___________ is waarvan stowwe gemaak is
Materie
Die ____________ waarop verskillende deeltjies gerangskik is, bepaal watse stof dit is.
Manier
Watter twee dinge bepaal die manier hoe die deeltjies gerangskik is of watter soort stof dit is?
Die (1) spoed en (2) afstand wat die deeltjies moet beweeg
Is dit moontlik om verskillende deeltjies te meng as hul in verskillende toestande verkeer?
Ja.
wat is ‘n ander naam vir deeltjies of partikels?
Atome
_____________ wanneer deeltjies
vinnig en aanhoudend
op een plek beweeg.
vibreer
Kan vibrasie vinnig en stadig wees?
Ja
Wat is die temperatuur waarby beweging van deeltjies STOP ?
minus 273 grade Celcuis
Watter stof het ‘n reëlmatige patroon, met min spasie
tussen die deeltjies en het ‘n vaste vorm?
Vaste stof soos Ys.
By watter stof beweeg en vibreer die deeltjies op een plek?
Vaste stof
watter stof vul al die beskikbare spasie waarin dit is en beweeg die deeltjies ver van mekaar en vinnig?
‘n Gas soos Lug
By ___________ is daar baie spasie tussen die deeltjies en beweeg hul in alle rigtings?
Gas soos Lug
Met ‘n _________stof is die deeltjies saamgepak en het geen vaste vorm nie met klein/min spasie tussen die deeltjies al kan die deeltjies om mekaar beweeg?
Vloeistof soos water
‘n ___________ is wanneer twee of meer verskillende stowwe gekombineer word
‘n Mengsel
Kan ‘n mengsel gevorm word van stowwe wat elke ‘n ‘n verskillende toestand is ?
Ja
Gee ‘n voorbeeld van 2 vaste stowwe wat gemeng word en steeds is albei stowwe sigbaar na vermenging
Sand en sout
suiker en teeblare
Wat gebeur as jy ‘n vaste stof meng met ‘n vloeistof?
Die vaste stof kan oplos in die vloeistof en onsigbaar raak soos met suiker en water
of
die vaste stof kan sibaar bly soos met sand en water
Gee n voorbeeld: As jy twee vloeistowwe meng en die vloeistowwe bly sigbaar na vermenging.
Olie en water: beide bly sigbaar na vermenging
Gee ‘n voorbeeld van waar vloeistowwe onsigbaar raak na vermenging
Water raak onsigbaar in ‘n sapmengsel of water raak onsigbaar in ‘n koeldrank.
Noem 4 Maniere hoe ons Mengsels kan skei.
- Sorteer met die hand
- Sif die mengsel met ‘n sif
- Afsak en oorgiet
- Filtreering
Wat noem ons die proses om die mengsel te laat staan sodat dit self skei?
Afsak en Oorgiet (soos met olie en water)
Watter proses gebruik ons om 2 mengsels te skei deur die gebruik van filtreerpapier of ander materiaal?
Filtrering
Die proses waar ons ‘n materiaal met die hand uithaal om dit te skei van ‘n ander materiaal?
Hand sortering
Hoekom gebruik ons die sif skeidingsproses?
Dit is wanneer ‘n mengsel deur ‘n sif gegooi word sodat die kleiner deeltjies deur die sif val en die groter dele bly agter in die sif (soos meel en smarties)
Gee ‘n voorbeeld van mengsel wat bestaan uit ‘n vaste stof en nog ‘n vaste stof
Meel en rys
sand en sout
Gee ‘n mengsel voorbeeld van 2 soorte gas
Suurstof en stikstof
Gee ‘n mengsel voorbeeld van vloeistof en ‘n gas?
Koeldrank en Koolstofdioksied (CO2)
Gee ‘n mengsel voorbeeld van vaste stof, vloeistof en gas.
Koeldrank met koolstofdioksied en stukke arbeie.
Kan sout van water geskei word deur die 4 fisiese metodes van skeiding?
Nee, ons skei sout van water deur verdamping (see sout)
Hoekom kan sout nie van water geskei word deur die 4 fisiese se metodes van skeiding nie?
Die 4 metodes werk nie, omdat die sout en die water se deeltjes te klein is
Gee die wetenskaplike beskrywing van die volgende: sout gemeng met water gee soutwater.
Oplosbare stof (sout) gemeng met n oplosmiddel (water) gee n oplossing (soutwater)
Hoekom proe seewater souterig?
As gevolg van die opgeloste soute daarin.
Noem 2 onoplosbare Stowwe in die natuur.
Sand en olie en klippe
Noem 2 onoplosbare Stowwe as bezoedeling van water
Blikkies en bottels
Water soort oplossing is die Dooie See en Gaskoeldrank?
Versadigde oplossing
Wat is die eieskappe van n vaste stof?
Die deeltjes het n vaste vorm, is dig teen mekaar gepakte min spasie tussenin, deeltjes vibreer op een plek en het n reëlmatigde patroon.
Wat is die eienskappe van n vloeistof?
Die deeltjes vloei, neem die vorm van die houer aan, is styf gepak maar het geen vaste vorm nie, want die deeltjes beweeg om mekaar.
Wat is die eienskappe van n Gas?
Die deeltjes vul al die beskikbare spasie waarin dit is, is ver uit mekaar, beweeg vinnig en in alle rigtings.
Wanneer sal n vaste stof nie oplos in die oplos middel nie?
Wanneer die vaste stof onoplosbaar is soos klip en wanneer die oplossing versadig is.
Wat is n oplossing?
‘n Spesiale soort mengsel van n vaste stof met n vloeistof waar die vaste stof al die spasie tussen die deeltjies vul omdat dit oplos
Wat is oplos?
Die proses waar die vaste stof meng met die vloeistof en dit raak onsigbaar, want die vaste stof los op daarin
Wat beteken oplosbaar?
Die vaste stof raak onsigbaar na vermenging
Wat is onoplosbaar?
Die vaste stof is steeds sigbaar na vermenging