GEKS_medisyne_KW4 Flashcards
Daar is 2 medisyn soorte, noem hulle ?
Inheemse medisyne en
Westerse medisyne
Wat is inheemse medisyne?
- `n tradisionele vorm van behandeling
- word beoefen deur sangomas en nyangas
- hul besluit wat die siekte veroorsaak en behandel die pasiënt met kruiemiddels
Waar het westerse medisyne sy oorsprong?
Wes-Europa, en behandel siektes van die liggaam en is op die wetenskap gebasseer. Dit is deur setlaars uit Europa bekend gestel aan SA.
Wat is die ander naam vir tradisionele genesing?
Holistiese genesing: behandeling van die hele mens en nie net die liggaam nie, maar
fisieke, geestelike en sosiale welstand
Gee ‘n voorbeeld van kruiemiddels wat in tradisionele middels gebruik word?
Boegoe blare (maag en blaasprobleme)
Aalwyn sap (maagpyn, snye & brandwonde)
Afrika patat
wat is die persentasie (%) van alle medisyne in die wêreld wat vandag plantekstrakte (kruie) bevat ?
50% in byvoorbeeld salf, pille of stroop
Hoekom moet jy `n lisensie hê om met boegoe te kan handeldryf?
Daardeur word beheer uitgeoefen en voorkom hul die uitroei van boegoe
Wat is die betekenis van medisyne?
- Medisyne is die praktyk van genesing waar `n siekte gediagnoseer word.
- Dit is die soort middel wat gebruik word vir behandeling
- Medisyne word vir `n siek mens voorgeskryf.
Wat is westerse medisyne?
Die wetenskap van genesing wat medisyne en chirurgie gebruik om siek mense te genees en word deur dokters en verpleegsters beoefen.
Wat is diagnose?
> deur uit te vind watter soort siekte iemand het deur hom te ondersoek. of
deur uit te vind wat die probleem en simptome veroorsaak
Wie het inheemse medisyne eerste gebruik?
medisyne wat lank gelede deur ¹jagterveramelaars, ²veewagters
en ³afrika-boere gebruik was
HOekom word inheemse medisyne vandag nog gebruik?
- sommige mense glo daarin omdat hul voorvaders of voorgangers dit gebruik het en
- dit moet effektief wees as 50% van alle wêreld medisyne plantekstrakte bevat.
Wat beteken inheems ?
Dit was nog altyd in plek en kom nie van êrens anders nie
Waar het Westerse medisyne ontstaan?
1, het sy oorsprong in Wes-Europa 2, is op wetenskap gebaseer en by universiteite bestudeer
3, behandel siektes van die liggaam
4, is deur setlaars uit Europa aan Suid-Afrika bekend gestel
Wat is ‘n voorskrif?
> medisyne wat vir ‘n siek mens aanbeveel is deur ‘n dokter.
Wat is Holistiese genesing?
`n Vorm van Tradisionele genesing,
Behandeling van die hele mens nie net die liggaam nie
Medisyne wat deur die voorvaders gebruik is.
Wat is die verskil tussen die 2 tradisionele genesers ?
Waarsêers (Sangomas)
> hul kommunikeer met die voorvaders om probleme te diagnoseer
Kruiedokters (Nyangas)
> Gebruik kruie om siektes te genees, want hul het deeglike kennis van die medisyne wat in inheemse plante voorkom
Hoeveel medisinale plante is daar in SA?
50 tipes medisinale plante
Hoe word jy gekies as ‘n sangoma?
1, word met ‘n spesiale gawe gebore
2, word deur die voorvaders geroep en kan dan
> siek word
> word maer
> gil sonder enige rede
> loop in hul slaap
> ervaar drome
3, Die familie neem die persoon na ‘n songoma wat die voorvaders vra wat
hulle met die nuweling / jong sangoma moet doen.