GEO KW2 Flashcards
Wat is handel of handeldryf?
Al die maniere waarop mense geld kan maak deur koop en verkoop of ruil.
Hoekom gebruik ons geld om handel te dryf?
- Dit maak die koop en verkoop makliker.
- Jy hoef nie goed saam te dra om te ruil vir ander goed nie.
Wat is ruil?
om iets vir iets anders te verruil
Wat noem ons die manier om goedere van gelyke waarde te ruil
sonder om geld te gebruik?
Ruilhandel
Wat bepaal die prys van enige item wat jy wil verkoop vir geld?
Wat dit vir jou werd is, die waarde daarvan
Wat is verruil?
Om iets te gee of doen
en dan iets terug te kry.
Kan jy werk verruil vir geld?
Ja.
Gee 2 voorbeelde van waar handel kan plaasvind.
- Winkels
- Op Straat
- By markte
- op die internet (Takealot)
Wanneer jy iets vanaf ‘n ander land koop omdat jy dit nie het nie.
Invoer
Wanneer jy produkte aan ander lande verkoop en die goedere die land uitgaan.
Uitvoer
Watter 3 Kontinente se lande dryf handel met Suid-Afrika?
Noord Amerika
Europa
Asië
Noem 4 Items wat Suid-Afrika invoer vanaf ander lande.
- Olie
- Medisyne
- Elektrieseware (TV, Rekenaar ens.)
- Fabrieksmasjienerie
Noem 4 goed wat Suid-Afrika uitvoer na ander lande?
- Vrugte
- Goud
- Yster
- Motor-onderdele
- Toerisme
Gee 2 ander terme vir
Primêre Produkte.
Natuurlike Hulpbronne en grondstowwe
Noem 3 mineraal grondstowwe wat in SA voorkom en uitgevoer word.
Goud
Yster
Diamante
Waar of Onwaar: Kopers en verkopers stem saam oor die prys van goedere.
Waar
____________ is die items wat mense koop en verkoop
Goedere
Waar of Onwaar: ‘n Land wil meer geld maak as wat hy geld spandeer.
Waar, want ‘n land wil meer goed uitvoer as om goedere vir homself in te voer.
‘n ander naam vir Vervaardigde goedere
Sekondêre goedere
Vanaf watter industrie in ons land kry ons die grondstof: vrugte?
Landbou / Boerdery
Vanaf watter industrie kry ons die grondstof: hout?
Bosbou
Vanaf watter industrie kry ons die grondstof: goud, diamante, steenkool?
Mynbou
Vanaf watter industrie kry ons die grondstof: vis?
Vissery
As vis die grondstof uit die natuur is, watter sekondêre produk kan jy daarvan maak?
Geblikte vis
Noem 3 dinge wat jy sal benodig om produkte te kan produseer / vervaardig?
- Grondstowwe
- Tegnologie of gereedskap
- mense met vaardighede
(om die werk te kan doen)
Waar of onwaar: Vaardighede en dienste kan nie verhandel word vir geld nie.
Onwaar, dit kan verhandel word vir geld.
Wat word die verhandeling van vaardighede en dienste genoem?
Dienslewering
Gee 2 voorbeelde van dienslewering.
Dokters, onderwysers, werktuigkundiges, prokureers.
Suid-Afrika het baie natuurlike hulpbronne, noem die 2 primêre produkte wat SA uitvoer na anderlande.
- Minerale: Goud, yster, diamante
- Verskeidenheid Vrugte: Na koue
Noordelike Halfrond
Met wat meet ons die waarde van grondstowwe en vervaardigde goedere?
In terme van geld
Wat is regversige handel?
Wanneer die koper en verkoper albei tevrede is met die prys.
Wat is onregverdige handel?
Wanneer mense swaarkry deur dat die koper die orys betaal
Wanneer is handel regverdig?
Werkers kry, billijke lone, kinders gaan skool, werksimstandighede is veilig en gesond, werkers vorm maatsk.ye om prys en lone te bestuur.
Gee voorbeelde van wanneer handel onregverdig is
Boere en mynwerkers ontvang lae lone, kinderarbeid word toegelaat, arm mense het nie geld vir dienste soos medies en onderrig nie, mense ontwikkel nie vaardighede nie, die regering kan nie vir vaardigheidsopleiding betaal nie, want hul kan nie belasting invorder van die landsbewoners nie
Wat beteken uitbuiting?
Om mense op n selfsugtige en onregverdige manier te behandel
Noem voorbeelde van uitbuiting in die werk
Lang ure, lae lone, kinderarbeid, gevaarlijke werksplek, geen siekteverlof en gesondheidsorg
Waar groei Kakao?
In warm klimaat streke naby die ewenaar in Wes-Afrika.
Waar is Ghana geleë?
Wes-Afrika
Hoeveel Kakao produseer Ghana van die wêreld se Kakao?
15%
Wie kry die meeste geld terug met die verkope van ‘n sjokolade?
Die Land wat die sjokolade gemaak of vervaardig het.
Na wie voer Ghana hul Kakao uit?
Europa.
SA is die____de grootste produsent van goud in die wêreld.
4de grootste
Na wie word SA se goud uitgevoer?
VSA en Indië
Hoekom voer SA sy goud uit na ander lande?
SA het nie self besighede wat juwele kan vervaardig nie, ons het nie die tegnologie of masjiene om dit te kan doen nie. ons het ook nie die mense met die vaardigheid nie.
In wat meet ons die Suiwerheid van Goud?
Karaat
In wat meet ons die gewig van goud?
Onse (1 ons = 28 gram)
Wat is die stad in SA se naam wat as eGoli bekend staan?
Johannesburg (stad van goud)
Om Juwele te kan vervaardig moet Fase 1 van Mynbou kan plaasvind, noem die 5 stappe.
Ontginning, vergruising, skeiding, smelting en giet van goud. $1750 per ons
Hoe verloop fase 2 van juweel vervaardiging van SA goud? noem die 4 stappe.
Vervoer goud na vervaardigers
Juwele word gemaak
Juwele word verkoop
Die waarde van Juwele is meer as die goud self $3500 per ons
Hoekom is grondstowwe goedkoper as vervaardigde goedere?
Grondstowwe is nog nie verander nie
Verandering vindplaas deur prosesse en elke proses kos geld.
Wat is prosesse?
‘n vaste volgorde van aksies wat tot verandering ly.
Hoe meet ons grondstowwe en vervaardigde goedere?
In terme van geld
Hoekom het vervaardigde goedere ‘n hoër waarde as grondstowwe?
Omdat meer waarde toegevoeg word met ‘n verwerkte produk weens al die prosesse.
SA het hoofsaaklik 2 natuurlike hulpbronne wat hul uitvoer, noem dit?
Minerale en verskillende soort vrugte