GEO_kw3_klimaat Flashcards
mense wat van plek tot plek trek opsoek na weiding en water?
nomade / nomadiese mense
`n plek in die woestyn waar jy water kan vind?
oase
wanneer die lug in ‘n gebied warm en nat voel?
humied
die dier wat deur ander diere gejag en dood gemaak word vir kos
prooi
diere en plante wat in ‘n gebied voorkom?
natuurlewe
trek na `n ander gebied in ‘n sekere seisoen?
migreer
met sade in kegels eerder as blomme
naaldwoude
mense wat van Europa gekom het om in `n ander land te woon?
Europese setlaars
plante bosse en bome wat in `n gebied voorkom?
plantegroei
wat is die verskil tussen weer en klimaat
weer:
> Dit is die: Temperatuur (°C)
Reën (mm) en Wind (knope)
in ‘n gebied op ‘n spesifieke dag.
klimaat:
> dit is die weer in ‘n gebied
oor ‘n lang tydperk
hoeveel mm reën moet ‘n area in ‘n jaar kry om as ‘n (nat area) beskryf te word?
meer as 1000mm reën per jaar
wat is die hoeveelheid (mm) reën wat ‘n area in ‘n jaar kry om as `n droë area beskryf te word?
minder as 250mm reën per jaar
Is Suid-Afrika ‘n Warm-, Koue-, of Matige Klimaatstreek? Hoekom sê jy so?
Matige Klimaatstreek = temperatuur grootste deel van die jaar nie te hoog of te laag nie
Verduidelik die verskil tussen Warm woestyne en Reënwoude deur na hul temperatuur te verwys.
Woestyn:Tussen 20°C & 25°C
In die aande kan dit baie koud word
Reënwoud: Altyd warm en humied
Verduidelik die verskil tussen Warm woestyne en Reënwoude deur na hul reënval te verwys.
woestyn: Droë gebiede wat minder as
250mm reën per jaar kry
reënwoud:Baie reën in die meeste reënwoude daagliks
Wat is Ontbossing?
Ontbossing vind plaas wanneer bome afgesaag word en woude vernietig word.
Groot dele van reënwoude word vernietig weens houtkappery, boerdery, mynbou en padbouery.
Noem 4 oorsake van ontbossing.
Hout: vir meubels
padkonstruksie
papier
landbougrond vir arm mense
Noem 5 negatiewe uitwerkings wat Ontbossing op ‘n gebied het.
(1) geen wortels in die grond om water te stoor nie (2) geen bome om die lug af te koel nie (3) vloedskade (4) dier en plante verloor hul skuilings (5) mense verloor hul huise.
benoem en beskryf die 4 lae van die reënwoud.
1) uitgroeiers: die hoogste bome
2) dak: hierdie bome keer sonlig af
3) Onderbos: kleiner bome en struike
4) woudvloer: laagste laag
Wat is die Dadelpalm se gebruike?
1) kan sy vrugte eet
2) die stam verskaf hout
3) toue kan gemaak word van die blare om in dakke te gebruik
hoe is die vatkaktus aangepas?
Warm woestyn plant het vet blare vir water stoor en het stekels vir beskerming
hoe is die dromedaris kameel aangepas?
3-4 dae sonder water oorleef
boggel op sy rug wat vet stoor
harde bek om doringplante te vreet
hoe is die meerkatte aangepas vir die woestyn?
1, Lang kloue
om insekte uit te grawe
2, leef in groepe
waarsku mekaar van gevaar
3, Slang- en skerpioen gif
kan hul nie kwaad aandoen nie.
Verduidelik kortliks die klimaatstreek waar naaldwoude voor kom.
Groei in klimaatstreek waar die somers kort is en die winters lank en koud is met swaar sneeuval.
Toeareg:
i) Wat hul eet ii) Waar hul woon
iii) Hoe hul water in die hande kry
Die Toeareg hou skape, bokke en kamele aan. Hulle is Nomadies, wat beteken dat hul trek van plek na plek opsoek na water en weiding vir hul diere. Hulle eet die vleis en drink die melk van hul diere. Hulle gebruik ook dierevelle om tente en ander goedere mee te maak. Hierdie mense word gewoonlik gevind in die Sahara woestyn. Hul het gewoonlik putte gegrawe of waterkanale gebou om water van die bron na hul gewasse te lei.
wat is die % area wat naaldwoude bedek op die aarde?
15%
Noem 2 plekke waar ons van die wêreld se grootste naaldwoude
aantref.
Kanada
Seberië
Noem enige 2 diere &/of plante wat ons in ‘n naaldwoud sal vind, en gee ‘n kort beskrywing van elk.
Russiese vlieënde eekhoring:
het webbe tussen hul gewrigte
en voete om van tak tot tak te
kan vlieg na bome langs die riviere
Hul jag snags.
naaldbome:
1, soos die dennebome
2, dra kegels (dennebolle)
3, dun, naaldagtige blare
(help hulle om baie koue klimaat
te oorleef)
groot grys uil:
5, Die grys uil kan deur sneeu
duik om hul prooi te vang.
en maak nie ‘n geluid as hy
vlieg nie.
Hoe beinvloed menslike aktiwiteite die omgewing?
1, mense het kos en geld nodig
2, mense jag en vang diere in strikke vir hul vleis en die pels wat verkoop kan word.
3, mense kap bome af en maak geld van die hout
4, mense vernietig woude vir die bou van: ¹paaie, ²fabrieke, ³ski-hellings en ⁴kragaanlegte.
Noem die 2 vernaamste goed wat menslike aktiwitieite beinvloed in woude
Natuurlewe en Naaldbome
wat is die weer in die Noordelike halfrond in Januarie
> Januarie is dit winter
in die Noordelike halfrond
wat is die weer in die suidelike halfrond in Januarie
> Januarie is dit somer
in die Suidelike halfrond
As dit winter is in die Suidelike halfrond, wat is die seison in die Noordelike hafrond
> Somer indie Noordelike Halfrond