Voorraad Flashcards

1
Q

Deurlopende Voorraadstelsels

A

a) Inskrywings word in die Balansstaatrekening genoem Handelsvoorraad (’n baterekening) gemaak elke keer wanneer voorraad gekoop en verkoop word.
b) Koste van verkope moet bereken en opgeteken word elke keer wanneer goedere verkoop word.
c) Wanneer voorraad gekoop is, word Handelsvoorraad met die kosprys gedebiteer (die bate vermeerder).
d) Wanneer voorraad verkoop is, word die Handelsvoorraadrekening met die kosprys gekrediteer (die bate verminder).
e) Enige addisionele koste aangegaan wanneer goedere aangekoop word, word in die Handelsvoorraadrekening gedebiteer (bv. vraggeld op aankope).
f) Hierdie stelsel is beter vir die interne beheer van voorraad.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Periodieke Voorraadstelsels

A

a) Ondernemings sal besluit om hierdie stelsel te gebruik wanneer dit nie uitvoerbaar is om koste van verkope te bereken elke keer wat goedere verkoop word nie.
b) Die aankoop van voorraad word in ’n nominale rekening, Aankope (’n uitgawerekening), opgeteken.
c) Addisionele uitgawes aangegaan wanneer voorraad aangekoop is (bv. vraggeld op aankope), word afsonderlik opgeteken in ’n nominale rekening, Vraggeld op aankope (’n uitgawerekening).

d) Koste van verkope word dus net periodies bereken deur die volgende formule te gebruik:
Beginvoorraad + Aankope + Vraggeld op aankope + Invoerfooie + Doeanebelasting – Eindvoorraad = Koste
van verkope

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

EIEU

A

a) Dit staan vir Eerste In Eerste Uit.
b) Besighede wat goedere met ’n beperkte lewensduur verkoop (bv. melk of selfone) verkies dikwels om hierdie stelsel te gebruik.
c) Dit beteken dat die oudste voorraad eerste verkoop word en dat die oorblywende voorraad altyd die mees onlangse voorraad aangekoop sal wees.
d) Volgens hierdie metode sal die voorraad voorhande teen die nuutste pryse waardeer word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Geweegde gemiddelde

A

a) Volgens hierdie stelsel sal die waarde van voorraad voorhande nie volgens die nuutste pryse waardeer word nie, aangesien alle pryse op voorraad aangekoop na ’n gemiddelde verwerk word.
b) Geweegde gemiddelde word bereken deur die koste van voorraad beskikbaar vir verkope te deel deur die totale aantal eenhede beskikbaar vir verkope.
c) Volgens hierdie metode sal die voorraad voorhande nie teen die nuutste pryse waardeer word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly