Maatskappye Flashcards
Definieer:
Regspersoon
‘n Afsonderlike entiteit wat bates besit en laste het, kontrakte kan sluit en in ‘n hof gedagvaar kan word.
Definieer:
Nominale waarde
(pariwaarde)
Die gemagtigde waarde wat aan elke eenheid of gewone aandeel van ‘n maatskappy gegee word
Definieer:
Gemagtigde aandelekapitaal
Die _totale aantal aandele_ wat die maatskappy mag _uitreik_
Definieer:
Uitgereikte aandelekapitaal
Die aantal aandele wat werklik uitgereik word.
(in die gewone aandelekapitaalrekening getoon)
Definieer:
Dividend
‘n Deel van die wins wat aan aandeelhouers betaal word
Verduidelik die prosedure vir die registrasie van ‘n maatskappy, soos bepaal deur die Maatskappywet
- Die maatskappy moet ‘n Akte van Oprigting opstel:
- Dit sit hoofdoelwitte uiteen,
- Asook prospektus voorberei
- Wat die publiek nooi om aandele te koop
- Die statute moet:
- die regulasies vir interne bestuur en organisasie uiteensit
Definieer:
Direkteursverslag
Saamgestel deur maatskappy direkteure
Verslag handel oor die:
- toestand
- prestasie
- vooruitskattings
van die maatskappy
Definieer:
Ouditeursverslag
Saamgestel deur onafhanklike eksterne ouditeurs
Dit spreek ‘n mening uit oor die maatskappy se Finansiele State
Hoe lyk die volgende transaksie in die grootboek?
Uitreiking en toekenning van gewone aandele
DT - Bank
KT - Gewone aandelekapitaal
(in die KOJ)
Hoe lyk die volgende transaksie in die grootboek?
Gewone aandele uitgereik teen ‘n premie
DT - Bank
KT - Gewone aandelekapitaal
KT - Gewone aandelepremie
(In die KOJ)
Hoe lyk die volgende transaksie in die grootboek?
Betaling van eerste voorlopige belastingbedrag
DT: SAID: Inkomstebelasting* *
KT: Bank
(In die KBJ)
Hoe lyk die volgende transaksie in die grootboek?
Tussentydse dividend verklaar en betaal (opsioneel)
DT - Gewone aandeledividende
KT - Bank
(In die KBJ)
Hoe lyk die volgende transaksie in die grootboek?
2de voorlopige belastingbetaling**
DT - SAID: Inkomstebelasting
KT - Bank
(In die KBJ)
Verduidelik:
Die proses van voorlopige belastingbetalings
Daar is *2* voorlopige belastingbetalings gedurende die jaar t.o.v. netto verwagte wins
Inkomstebelasting word ‘VOORUIT’ betaal om die finale belasting_betaling makliker_ te maak
- Die SAID is dus ‘n _DEBITEUR_ totdat finale betaling gemaak is
Verduidelik wat in die grootboek gebeur met die volgende aansuiwering:
Inkomstebelasting** word in berekening gebring
DT - Inkomstebelasting
KT - SAID: Inkomstebelasting (LAS)
(In die AJ)
Verduidelik wat in die grootboek gebeur met die volgende aansuiwering:
Finale dividend word verklaar en in berekening gebring
DT - gewone aandeledividend**
KT - Aandeelhouers vir dividende (LAS)
(In die AJ)
Definieer:
Behoue Inkomste
Oorblywende wins van ‘n maatskappy nadat dividende en inkomstebelasting in berekening gebring is
Verduidelik wat in die grootboek gebeur met die volgende transaksie:
Bedrag verskuldig aan SAID word betaal
DT - SAID: Inkomstebelasting
KT - Bank
(In die KBJ)
Verduidelik wat in die grootboek gebeur met die volgende transaksie:
Betaling van die uitstaande finale dividend van die vorige jaar
DT - Aandeelhouers vir dividende
KT - Bank
(In die KBJ)
Definieer:
Maatskappy as ondernemingsvorm
Maatskappywet Nr 61 van 1973:
‘n Maatskappy word gestig deur ‘n vereniging van persone met winsmotief,
as ‘n afsonderlike entiteit met sy eie regspersoonlikheid
Definieer:
Aandeelhouers
Lede/eienaars
Dra kapitaal by vir stigting van die Maatskappy
Verduidelik wie is die:
Direkteure
Behartig die sake van die maatskappy namens die aandeelhouers
Kapitaal word aan hulle toevertrou
Definieer:
Eie Regspersoonlikheid
‘n Maatskappy is ‘n eie persoon m.a.w. dit kan in sy eie naam besigheid doen.
- Aandeelhouers is nie verantwoordelik vir skulde van die maatskappy nie.
- Hulle kan slegs die bedrag verloor wat in die maatskappy belê is
Definieer:
Onbepaalde bestaansreg
Al sterf een van die aandeelhouers kan die maatskappy nog voort*bestaan*
Verduidelik die:
Eienaarskap van bates in ‘n maatskappy
Die bates is die maatskappy se eiendom
en dus nie die aandeelhouers s’n nie
Definieer met betrekking tot maatskappye:
Kontraktuele bevoegdheid
Kan sake doen met ander regspersone d.m.v. direkteure
Verduidelik met betrekking tot maatskappye die:
Eienaarskap van winste
Wins/verlies van die maatskappye behoort aan die maatskappy en nie** aan sy **lede** **nie.
Lede ontvang slegs dividende.
Definieer:
Promotors
Stigters van die maatskappy
Definieer:
Beperkte aanspreeklikheid
Die eienaars / aandeelhouers is nie aanspreeklik vir skulde van maatskappy (meer as die bedrag wat hul as kapitaal belê het) nie.
Verduidelik die:
_Ekonomiese belangrik_heid van maatskappye:
Verskaf werksgeleenthede
Help t.o.v. vreemde valuta
Spreek behoeftes van land aan
Betaal groot bedrae belasting
Hoekom moet ‘Beperk’ of Bpk’ in ‘n maatskappynaam verskyn?
Mense wat met hul handeldryf vooraf gewaarsku kan wees, dat hulle in belang van skulde slegs van die maatskappy self kan eis, nie eienaars nie.
Waarom betaal maatskappye *belasting* (en nie vennootskappe en kleinhandelaars nie)?
‘n Maatskappye is ‘n persoon: Apart van sy eieaars.
En alle persone betaal belasting
Verduidelik m.b.t. maatskappye:
Skeiding van eienaarskap van beheer
Aandeelhouers besit, terwyl direkteure beheer
Noem die voordele van:
‘n Maatskappy bo ‘n vennootskap
- _Beperkte aanspreeklik_heid
- Groter bedrae kapitaal
- Mag wees dat belastingkoers (30%) gunsitg is in vergelyking met individue se belasting
Noem die voordele van:
‘n Vennootskap bo ‘n Maatskappy
- Direkte persoonlike beheer deur die eienaars
- Direkte verhoudings met klante
- Belastingkoers mag minder wees as vennote se persoonlike belasting
Lys:
Die stappe om ‘n maatskappy te stig
- Stel Akte van Oprigting en Statute op
- Registrateur reik Sertifikaat van inlywing (inkorporasie) uit
- Aandeelhouers voorsien kapitaal
- Registrateur reik sertifikaat uit om besigheid te begin
- Prospektus word gepubliseer vir publieke aanbod
- Aandele word aan suksesvolle aansoekers toegeken
- Aandelesertifikate** word uitgereik
Noem
Die belangrikste items in die prospektus
- Vooruitsig vir toekoms
- Name van direkteure
- Aantal aandele te koop
- Aansoekvorms vir aandele
- Name van ouditeure
Noem:
Belangrikste items in die akte van oprigting
- Naam
- Doelstellings, oogmerke
- Besonderhede van kontrakte voor inlywing
- Bedrag van gemagtigde aandelekapitaal en verdeling in aandele
- Oprigtingsklousule
- Betrokke aantal aandele
Noem:
Die belangrikste items in die nuwe maatskappy se klousule
- Aandele
- Aandelesertifikate en aandeleoordragte
- Aandeelhouers se vergadering
- Vervanging, pligte en akte van direkteure
- Leningsmagte, diwidende en reserwes
- Rekenkundige rekord en finansiele state
- Likwidasie
Verduidelik wat doen die:
Interne ouditeur
Doen deurlopende toetse in maatskappy
Hy is in diens geneem deur DIREKTEURE
Verduidelik die rol van:
Eksterne ouditeure
Gee mening aan aandeelhouers
Onafhanklik aangesien hy nie voel dat hy dank aan direkteure en werknemers verskuldig is nie
Definieer
Likiditeit
Dui aan of die besigheid onmiddelike skulde kan afbetaal.
Definieer:
Solvensie
Dui aan of die besigheid al sy skulde kan afbetaal
Definieer in terme van maatskappykonsepte:
Hefboom
Dui aan tot watter mate ‘n besigheid deur geleende kapitaal gefinansier kan word
Verduidelik warvan die volgende ‘n aanduiding is:
Opbrengs op ekwiteit
Dui die voordeel aan wat die eienaars van hulle belegging in die besigheid ontvang
Definieer:
Gekwalifiseerde ouditeursverslag
Die onafhanklike ouditeure meld veral die aspek van die finansiële state wat van groot bekommernis vir hulle is.
Hoe affekteer ‘n gekwalifiseerde ouditeursverslag die aandeelhouers?
Die aandeelhouers sal nie op sekere aspekte van die finansiele state kan staatmaak wanneer hulle besluite oor hulle belegging in die maatkappy neem nie.
Die maatskappy sal ‘n slegte reputasie kry en dit sal hulle vermoë om verdere kapitaal of toekomstige besigheid te bekom beïnvloed.
Waarom word vereis ‘n publieke maatskappy geoudit word?
Om die aandeelhouers te beskerm (skeiding van eienaarskap en beheer)
- Om aan belangstellendes verantwoording te doen (bv. aandeelhouers, SAID)
Noem persone wat in die ouditmening geïnteresseerd sal wees
- Voornemende beleggers (Finansiële instellings) – Om beleggings te maak
- Uitleners – Om te sien of die besigheid solvent is en assekuriteit vir hulle lenings sal kan dien
- Verskaffers – Om te sien of bedrag verskuldig betaal kan word
- SAID – Om die belasting akkuraat te bereken
- Mededingers – Om uitslae te vergelyk
- Vakbonde – Vir loon onderhandelinge / werk sekuriteit
- Direkteursraad / HFB – Om die prestasie te assesseer
- Staat – Vir statistieke inligting
- Registrateur van Maatskappye – Ooreenstem met wetgewing
Verduidelik die hoofrol van die SAIGR
- Dissiplinêre prosedures teen lede wat nalatig is
- Voldoening aan Etiese kode / geloofwaardigheid
- Voldoening aan AARP en IFRS
- Verseker hoë bekwaamheidsvlakke
- Kontrolleer kwalifikasies
- Bemark die professie
- Ondersoek klagtes teen lede