Kontantvloeistate Flashcards
1
Q
Kontantinvloei
A
Geld wat in die besigheid inkom. Hierdie bedrag word NIE
tussen hakies geskryf nie (bv. aandele verkoop).
2
Q
Kontantuitvloei
A
Geld wat uit die besigheid uitgaan. Hierdie bedrag word
tussen hakies geskryf (bv. koop ’n vaste bate vir kontant).
3
Q
Bedryfsaktiwiteite:
A
Die grootste bron van kontant vir ’n maatskappy. Dit sluit nie net die koop en verkoop van voorraad in nie, maar ook die betaling aan krediteure, ontvangste van debiteure en die betaling van uitgawes.
4
Q
Beleggingsaktiwiteite:
A
Hierdie aktiwiteite fokus op die aankoop en verkoop van vaste bates en die styging en daling van beleggings (bv. vaste deposito’s).
5
Q
Finansieringsaktiwiteite:
A
Hoe ’n maatskappy deur lenings en kapitaal gefinansier word: • Die uitreiking van aandele • Die uitneem van ’n lening • Die terugbetaling van ’n lening