Vervaardiging Flashcards
Die vervaardigingsproses word in 3 departemente verdeel:
Administratiewe departement Fabriek Verkoops- en verspreidingsdepartement
Administratiewe departement
Kantoorpligte word in hierdie departement uitgevoer en sluit finansierings- en beleggingsaktiwiteite in.
Fabriek
Grondstowwe word deur die vervaardigingsproses geneem om produkte te produseer.
Verkoops- en verspreidingsdepartement
Die reklame, verkoop en aflewering van produkte aan klante.
Verwante koste: Administratiewe departement
Rekenmeester se salaris Boekhouer se salaris Ontvangspersoon se salaris Skoonmaker se lone Kantoorskryfbehoeftes Kantoorhuur Versekering van kantoortoerusting Waardevermindering op kantoortoerusting Kantoortelefoon
Direkte koste
Grondstowwe/direkte materiaal Fabriekswerkers se lone/salarisse (direkte arbeid)
Indirekte koste/fabrieksbokoste
Fabrieksvoorman se salaris (indirekte arbeid) Skoonmaakpersoneel se lone/ salaris (indirekte arbeid) Indirekte materiaal/ verbruiksgoedere Fabriekhuur Fabriekinstandhoudingskoste Fabriekversekering Waardevermindering op fabriekstoerusting
Verwante koste: Verkoops- en verspreidingsdepartement
Verkoopbestuurders se salarisse Verkoopspersoneel se kommissie Salaris van afleweringspersoneel Oninbare skulde Advertensies Skryfbehoeftes Huur Waardevermindering op afleweringvoertuig Selfoonkoste van verkoopspersoneel
Direkte arbeidskoste
Lone en salarisse van daardie werkers wat fisies betrokke is by die maak van die produk of wat die masjiene wat die produkte maak, bedryf.
Grondstowwe/ direkte materiaalkoste
Grondstowwe wat aan die fabriek uitgereik is en wat gebruik word om voltooide goedere te vervaardig.
Fabrieksbokoste
Alle ander koste wat ter sprake is in die vervaardigingsproses en wat die koste van die maak van die produk verhoog.
Voltooide goedere (klaarprodukte) voorraad
Produkte wat heeltemal klaar is en wat gereed is vir verkoop.
Indirekte fabrieksmateriaal/ verbruiksgoederevoorraad
Die indirekte materiaal wat nog nie gebruik is nie en wat nog vir verbruik beskikbaar is, bv. oorblywende skoonmaakmiddels.
Grondstofvoorraad
Die grondstowwe wat nog nie aan die fabriek uitgereik is nie, maar wat veilig in die stoorkamer vir toekomstige gebruik gestoor word, bv. oorblywende grondstowwe.
Goedere-in-bewerkingvoorraad
Produkte wat net gedeeltelik voltooi is en nog in die vervaardigingsproses is. Dit is dus nog nie heeltemal in voltooide goedere omgeskakel nie.
Vaste koste
Hierdie is koste wat dieselfde bly ongeag die aantal produkte wat geproduseer word.
Veranderlike koste
Hierdie koste sal toeneem wanneer produksie toeneem.
Maak 3 voorstelle oor hoe om effektiwiteit met die gebruik van direkte grondstowwe te verbeter.
- Identifiseer die presiese bedrag van direkte grondstowwe benodig vir elke item
- Behoorlike dokumentasie vir voorraad vanuit die stoorkamer geneem
- Assesseer die graad van vermorsing
Maak 2 voorstelle oor hoe om effektiwiteit van die direkte arbeiders te verbeter.
- Tyd en werkstudie - kontroleer en bereken hoe lank neem dit om een item te vervaardig
- Behoorlike opleiding van direkte werkers
- Assesseer prosedures van tyd in en tyd uit
- Moniteer teebreke, middagetes, siekteverlof, ens.
- Verminder oortyd - koop ‘n kragopwekker om werk tot normale tye (in kragonderbrekings) te beperk