Begrippe met betrekking tot maatskappye Flashcards

1
Q

Aandeelhouers

A

Die eienaars van die maatskappy.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Direkteure

A

Persone deur die aandeelhouers aangestel om

die maatskappy te bestuur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Onafhanklike ouditeur

eksterne

A

’n Ouditeur wat ’n mening oor die finansiële
state in ’n ouditverslag uitspreek, maar wat nie
vir die maatskappy werk nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Interne ouditeur

A

’n Ouditeur wat toesig hou oor die opstel
van die finansiële state, vir interne kontrole
verantwoordelik is en in die diens van die
maatskappy is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Suid-Afrikaanse

Inkomstediens (SAID)

A

Die staatsdepartement aan wie die maatskappy
inkomstebelasting op hulle winste en BTW
verskuldig, moet betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Balansstaat

A

Hierdie staat toon die bates, laste en netto waarde (eienaarsbelang van die
maatskappy).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Belastingaanslag

A

Dit word deur die SAID uitgereik om die bedrag inkomstebelasting te bevestig wat
die maatskappy volgens hulle winste moet betaal.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Inkomstestaat

A

Hierdie staat toon die wins of verlies deur die bedrywighede van die onderneming
(inkomste en uitgawes).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Kontantvloeistaat

A

Dit toon die vloei van kontant in ’n maatskappy (geld wat inkom en geld wat
uitgaan).

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Ouditeursverslag

A

Dit is ’n mening deur ’n gekwalifiseerde persoon gegee oor die betroubaarheid
van die finansiële state al dan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Gekwalifiseerde

ouditeursverslag

A

Wanneer die ouditeure die finansiële state aanvaarbaar vind, BEHALWE vir
sekere aspekte wat verander, reggestel of ondersoek moet word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Ongekwalifiseerde

ouditeursverslag

A

Wanneer die ouditeure die finansiële state in ALLE opsigte aanvaarbaar vind.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Vrywaring

A
Wanneer die ouditeure nie bereid is om ’n mening oor die finansiële state uit te
spreek nie (omdat die state onbetroubaar is).
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Aandeelhouers se verdienste

A

Netto wins na belasting.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Aandeelhouers vir dividende

A

Die bedrag wat nog aan aandeelhouers verskuldig is vir dividende verklaar,
maar nog nie betaal nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Aandelepremie

A

Die ekstra bedrag, bo en behalwe die pariwaarde wat ’n maatskappy vir
hulle aandele vra.

17
Q

Behoue inkomste

A

’n Gedeelte van die winste ná belasting wat nie aan aandeelhouers in
dividende uitbetaal is nie, maar gehou (behou) word vir toekomstige
uitbreiding van die maatskappy.

18
Q

Beperkte aanspreeklikheid

A

Die aanspreeklikheid van die aandeelhouers is beperk tot hulle belegging
in die maatskappy (hulle kan nie hulle persoonlike bates verloor nie).

19
Q

Dividende

A

Die gedeelte van die winste (ná belasting) wat goedgekeur word om tussen
die aandeelhouers verdeel te word (totale dividende = tussentydse +
finaal).

20
Q

Tussentydse dividende

A

Dividende wat gedurende die jaar aan aandeelhouers betaal word.

21
Q

Finale dividende

A

Dividende wat aan die einde van die finansiële jaar aan die aandeelhouers
verklaar (voorgestel) word.

22
Q

Gemagtigde aandelekapitaal

A

Die maksimum aantal aandele wat ’n maatskappy kan verkoop.

23
Q

Inkomstebelasting

A

Belasting wat die maatskappy op sy winste aan die SAID betaal.

24
Q

Pariwaarde (nominale waarde)

A

Die prys waarteen die eerste aandele uitgereik is.

25
Q

Uitgereikte aandelekapitaal

A

Die aantal aandele wat werklik aan aandeelhouers verkoop is. Gebruik
aantal aandele uitgereik om dividende te bereken.

26
Q

Voorlopige belasting

A
Betalings gedurende die jaar aan die SAID gemaak, wat op geskatte winste
gebaseer is (elke 6 maande).
27
Q

AARP

A

Algemeen Aanvaarde Rekeningkunde Praktyk

28
Q

AJV

A

Algemene Jaarvergadering

29
Q

GR

A

Geoktrooieerde Rekenmeester

30
Q

IFVS

A

Internasionale Finansiële Verslagdoeningstandaarde

31
Q

JSB

A

JSE Sekuriteitebeurs SA

32
Q

SAIGR

A

Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters

33
Q

SAIPR

A

Suid-Afrikaanse Instituut vir Professionele Rekenmeesters