Basiese Rekeningkundige Begrippe Flashcards
Bate
Item van waarde wat deur ’n persoon of besigheid besit word en wat gebruik word om ’n wins te maak.
Debiteure
Persone wat aan die besigheid geld skuld vir goedere
op krediet gekoop.
Eienaarsbelang
Die netto waarde van die besigheid op enige gegewe
tydstip.
Handelsvoorraadsurplus
Hierdie bedrag word bereken wanneer die fisiese
voorraadopnamebedrag meer is as die syfer vir
handelsvoorraad in die algemene grootboek.
Handelsvoorraadtekort
Hierdie bedrag word bereken wanneer die fisiese
voorraadopnamebedrag minder is as die syfer vir
handelsvoorraad in die algemene grootboek.
Koste van verkope
Die kosprys van alle goedere wat verkoop is.
Krediteure
Persone/verskaffers aan wie die besigheid geld skuld
Las
’n Bedrag wat ’n persoon of besigheid aan ’n ander
persoon of besigheid skuld.
Oninbare skulde
Skulde afgeskryf as gevolg van debiteure wat nie hulle
skuld kon betaal nie.
Opgelope inkomste/
inkomste ontvangbaar
Inkomste wat nog aan die einde van die finansiële
jaar aan die besigheid verskuldig is.
Opgelope uitgawes/
uitgawes betaalbaar
Uitgawes wat aan die einde van die finansiële jaar nog
verskuldig is.
Verlies
Wanneer die uitgawes meer as die inkomste is.
Vooruitbetaalde
uitgawes
Uitgawes wat alreeds vir die volgende finansiële jaar
betaal is.
Vooruitontvange
inkomste
Inkomste wat alreeds deur die besigheid ontvang is
vir die volgende finansiële jaar.
Waardevermindering
Die bedrag waarmee vaste bates oor ’n tydperk in
waarde verminder as gevolg van herhaalde gebruik.