Versoening: Eksamenvrae Flashcards
Rol van ‘n interne ouditeur:
‘n Interne ouditeur word deur die bestuur aangestel om te verseker dat
interne kontroles en
verslagdoeningsprosesse in plek is
Doel van bankversoeningstate:
Verseker behoorlike interne kontrole van die onderneming se kontant
Verseker dat foute in ONS boeke en die BANK se boeke verminder word. En toon waarom daar verskille is in die syfers.
Om akkuraatheid van al die transaksies in die kontantjoernale aan te teken en die saldo van die bankrekening te bevestig
Waarom is persoonlike klientbesonderhede soos woonadres nodig as rekeninge oopgemaak word.
Sodat rekeningstate vroegtydig aan debiteure gestuur kan word
Nodig vir regsaksie en -dokumente teen nie-betalende debiteure
Nasionale Kredietwet eis dat ondernemings verseke dat ‘n voornemende debiteur sy krediet kan bekostig: Woonadresse is deel van die persoonlike geskiedenis van ‘n klant
Waarom behoort ‘n interne ouditeur bekommerd te wees oor ‘n uitsonderlike veruitstaande deposito
Die deposito moet op dieselfde dag op die bankstaat getoon word
Kan dui dat gereelde deponering nie plaasvind nie. Oorrol van kontant en bedrog
Geld word vermis en sal kontantvloei en likiditeit affekteer
Moontlike fout of bedrog deur die bank - moet blitssnel opgelos word
Omsigtigheidsreel skryf voor dat die bedrag teruggeskryf behoort te word met moontlikheid van bedrog
Tekort aan interne beheer / skeiding van pligte
Hoe sal ‘n vooruitgedateerde tjek in die state hanteer word, met jaareinde? Rede?
Dt Bank (Tel by gunstig, trek af ongunstig) Kt Krediteurekontrole
Rede: Bedrag is steeds verskuldig, omdat die vooruitgedateerde tjek eers in die toekoms vir betaling aangebied sal word
Die bedrag is nog nie van die lopende rekening afgetrek nie - moet omgekeer word
Noem voorbeelde van foutiewe debietinskrywings deur die bank
Skryf ‘n ander klant se tjek in hul bankstaat
Dubbele boekstawing van ‘n debietorder
Debiteer foutiewe bankkoste
Noem redes waarom tjeks geweier mag word
Onvoldoende fondse Nie geteken nie Bedrag in syfers en woorde verskil Vooruitgedateerde tjek Verouderde tjek Handtekening van die tjek verskil van bank se rekords
Watter stappe sal jy neem teen ‘n korrupte boekhouer?
Stel ‘n dissiplinere verhoor in
Verhaal wat moontlik is van die persoon se salaris
Stel ‘n regsaksie in teen die persoon
Beeindig sy kontrak met die onderneming
Skors die persoon hangende die ondersoek / plaas in ander departement
Le ‘n klag teen die persoon by die polisiestasie en kry ‘n saaknommer
Verduidelik waarom die reel van omsigtigheid ivm bedrog en gesteelde geld toegepas word
Die onderneming moet die transaksie in ‘n pessimistiese lig beskou aangesien daar geen waarborg is dat die geld verhaal sal word nie.
Verduidelik wat ‘n rekenkundige departement verkeerd doen as bedrog in ‘n onderneming plaasvind
NB: VERDELING VAN PLIGTE
Die bedrieer is verantwoordelik vir al die belangrike aktiwiteite wat verband hou met kwitansies, depositos en betalings.
Pligte moet verdeel word onder die werknemers sodat een werknemer as kontroleerder oor die ander kan dien.
Vt tjeks raak ‘n groter probleem vir besighede. Noem DRIE metodes wat gebruik word om geweierde tjeks minder te maak.
Aanvaar slegs bank gewaarborgde tjeks
Moenie tjek betalings aanvaar nie. Slegs kontant / kredietkaart
Hef ‘n boete op ‘n V/T tjek
Gee ‘n voorbeeld van Wit- en blouboordjiemisdaad
Witboordjiemisdaad: Bedrog deur die bestuur in die onderneming se boeke ens.
Blouboordjiemisdaad: Minder gesofistikeerd, diefstal, vandalisme ens.
Definieer interne kontrole
Interne kontrole en beheer om bedrog te voorkom, kontrole en beheer oor boeke om te voorkom BINNE die besigheid.
Die rol van ‘n interne ouditeur
Die uitvoer van objektiewe assessering aangaande die effektiwiteit en doeltreffendheid van risikobestuur en interne kontrole
Kontroleer en gaan alle aspekte van die onderneming na
Die rol van ‘n eksterne ouditeur
‘n Onafhanklike persoon wat ‘n objektiewe mening oor die betroubaarheid van die finansiele state uitspreek