Rekonsiliasies Flashcards
1
Q
Bankrekonsiliasie
A
Die saldo in die bankrekening in die onderneming se algemene grootboek behoort dieselfde te wees as die saldo op die bankstaat ontvang van die bank. Indien dit nie ooreenstem nie, moet hulle gerekonsilieer word.
2
Q
Debiteurerekonsiliasie
A
Die saldo van die debiteurekontrolerekening behoort ooreen te stem met die totaal van die debiteurelys. Indien dit nie ooreenstem nie, moet hulle gerekonsilieer word.
3
Q
Krediteurerekonsiliasie
A
Die saldo van die krediteurekontrolerekening behoort ooreen te stem met die totaal van die krediteurelys. Die staat van die krediteure ontvang moet dieselfde wees as elke krediteur se saldo in die krediteuregrootboek van die besigheid. Indien dit nie ooreenstem nie, moet hulle gerekonsilieer word.