Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) Flashcards
Wie moet as ’n BTW-handelaar registreer?
’n Persoon of besigheid wat goedere of dienste verskaf, kan as ’n BTWhandelaar
registreer.
Wat is VERPLIGTE REGISTRASIE
Alle besighede met ’n omset van meer as R1 miljoen moet as ’n BTWhandelaar
registreer.
Wat is VRYWILLIGE REGISTRASIE
Besighede met ’n omset van minder as R1 miljoen kan registreer indien
hulle wil.
Die voordele om as ’n BTW-handelaar te registreer
Die besigheid kan die bedrag wat hulle vir BTW op goedere en dienste betaal het (BTW-inset), terugeis.
Nulkoers-items:
Dit is items teen 0% gehef, maar dit kan enige tyd deur
die staat verander word. Voorbeelde is vars vrugte en groente, bruinbrood,
melk, mielies, rys, lensies en kookolie.
BTW-vrygestelde items:
Dit is items waarop geen BTW gehef word nie.
Voorbeelde is rente, eiendomsbelasting, uitvoerdienste, opvoedkundige
dienste en kindersorgdienste.
BTW-inset
BTW-inset is die BTW deur ’n besigheid betaal met die aankoop van
goedere en dienste (kan van SAID teruggeis word).
BTW-uitset
BTW-uitset is die BTW deur die besigheid ingevorder met die verkoop van
alle goedere en dienste (moet aan SAID oorbetaal word).