Gedig: Taylor swift Flashcards
jy herhaal
=Gebrek aan (lack of) leestekens kan verwys dat die gedig oor ‘n tiener gaan.
=‘jy’ verwys na die meisie (tiener) in die gedig .
=‘herhaal’ (repeat) - Die meisie in die gedig luister oor en oor na Taylor Swift se liedjie.
haar woorde van melancholie
=‘haar’ = verwys na die Taylor Swift.
=‘Woorde’ = is die woorde van die liedjie.
=‘Melancholie’ verwys na hartseer en treurigheid (sadness). Dit kan ook verwys na iets wat verby is, wat verlore (lost) is en nie meer bestaan (exist) nie.
vir die hoeveelste keer
‘hoeveelste’ - Die meisie herhaal (repeat) die woorde oor en oor.
weer
=‘weer’ = uitgehef (raised / made important) deur middel van alleenplasing.
=Dit beklemtoon (emphasize) dat die meisie die woorde van die liedjie oor en oor
herhaal.
en nou na heeldag lank
‘nou’ verwys na die tyd na skool wanneer die meisie tuis kom, nadat sy die hele dag by
die skool spandeer (deurgebring) het.
se periodes skoolwerk
Haar dag het bestaan uit periodes met verskillende vakke waarin hulle skoolwerk
gedoen het.
en pouses
Daar was ook pouses tussen die periodes.
alleen
=Dit impliseer dat sy nie vriende by die skool het nie.
=Ons weet dat Taylor Swift ook moeilik vriende op skool gemaak het.
=Deur alleenplasing van die woord ‘alleen’, word beklemtoon (emphasized) hoe
eensaam sy in die dag by die skool is.
se draal in die liedjie
Die meisie se enigste (only) geselskap gedurende pouses is die woorde van die liedjie
wat deur haar kop ‘draal’ (maal / gaan).
val jy met skooluniform taai van skool
=As die meisie na skool tuis kom, val sy uitgeput (doodmoeg) op haar bed neer.
=Haar skooluniform voel vuil (dirty) en sweterig (sweaty) aan haar lyf (body).
=Die word ‘taai’ (sticky) kan moontlik ook dui (figuurlik of onnotatief wys) dat sy sukkel
om van haar ongelukkigheid te vergeet wanneer sy tuis kom.
skoene uitgeskop
op die bed neer
Sy skop haar skoolskoene uit voordat sy op die bed neerval.
sing jy die woorde
Terwyl die meisie op haar bed lê, sing sy weer die lirieke van Taylor Swift se liedjie
“The best day”.
van haar nuutste CD
=Die liedjie is op haar tweede CD “Fearless”.
=Dit wys ook vir ons dat die meisie op hoogte is met die nuutste musiek.
gelaai in MP3
Dis vir die meisie moontlik om oor en oor na die liedjie te luister omdat sy dit op haar
MP3-speler gelaai (loaded) het.
grens
=‘grens’ beteken om kliphard te huil.
=Sy verloor heeltemal beheer (control) oor haar emosies en sy kan nie ophou huil nie.
=Snik – huil – grens = ‘n voorbeeld van regressie.
huil
=‘huil’ – is ‘n bietjie harder as ‘snik’.
=Sy raak nou meer hartseer wanneer sy weer na die liedjie luister.
snik
=‘snik’ – die woord word uitgehef (belangrik gemaak) deur alleenplasing.
=‘snik’ beteken – to sob in Engels.
=Dit beklemtoon dat sy hartseer is.
hoekom bome hulle blare verloor
=Dinge verander.
=Net soos wat bome hulle blare in die Herfs (Autumn) verloor, verander ‘n mens se lewe
voortdurend (continuously).
=Ek dink bv. Babas word gebore, mense gaan dood, mense trek weg, jy maak dalk nuwe
vriende, jy word groot ensovoorts.
=Dit impliseer ook dat die verhouding (relationship) tussen haar en haar pa gaan
verander soos wat sy ouer word.
want vir die eerste keer
in die spieël
=Wending (turning point) is by die woord ‘want’.
For the first time
In the mirror
=Beteken wanneer sy in die spieël kyk besef sy vir die eerste keer…
jy
‘jy’ – verwys na beide die skoolkind en Taylor Swift.
met jou pa se oë vol trane
besef jy
verstaan jy
weet jy
=Wanneer sy die trane (tears) in haar eie oë sien, sien sy daarin ook die trane in haar pa
se oë.
=Dit kan ook impliseer dat sy oë soos haar pa s’n het (Haar oë lyk soos haar pa s’n)
=Sy besef (realiseer) dat haar pa dieselfde emosie (dalk pyn) as sy ervaar (experience).
=Sy en haar pa kom tot dieselfde besef (realization).
Tipe rym in die gedig (rymskema):
Vrye vers.
Kenmerke van Vrye Vers:
=Geen rym.
=Geen leestekens nie.
=Geen hoofletters nie.
=Die versreëls en strofes is van verskillende lengte.
Tema:
=Soos wat tyd aangaan (verloop) verander dinge.
=Niks bly ooit dieselfde nie.