gedig:daarom Flashcards
first 3 lines
Die jong seun in sy puberteitsjare probeer verduidelik WAAROM
hy is soos hy is. Die titel van die gedig is DAAROM en die seun
vertel dan in die gedig WAAROM hy so anders optree. Dit is
moontlik dat verskeie mense, vriende, onderwysers en veral
ouers by die seun wil weet WAAROM sy optrede so snaaks en
anders is. “Droom” = ironies. Eerder “nagmerrie”.
“Spieëlskrikker” = Neologisme = nuwe woord in Afr.Metafoor
REDE NOMMER 1
Wanneer die seun vir homself in die
spieël kyk, skrik hy vir homself omdat
sy vel so lelik is.Die seun dink ook
dat enige
veldokter hom as
sy pasiënt sal wil
hê omdat die
veldokter baie
geld kan maak uit
hom
REDE NOMMER 2
Wanneer die seun in die straat loop, is hy bewus
van sy arms en bene wat skielik so lank geword
het. Dit voel of hy wil naar word (mislik) omdat sy
ledemate so buitengewoon lank geword het.
REDE NOMMER 3
Dit is moontlik dat die seun minderwaardig (inferior) voel omdat hy dink dat ander seuns van sy ouderdom al harde baarde het. Hy het net sagte bleek (blonde) wit haartjies op sy bolip. DAAROM is sy selfbeeld ook baie swak. Misliklank = Neologisme
REDE NOMMER VIER
Dubbelpunt: Verduideliking volg. Die
spreker voel asof hy ʼn gek van
homself maak as hy saam met
meisies is. Dit voel ook vir hom of die
meisies agter sy rug vir hom lag. Hy
pas dus nie sosiaal by die res van sy
ouderdomsgroep in nie.
REDE NOMMER VYF
Die seun se stem is besig om te breek.
Wanneer iemand met hom praat, bly
hy liewer stil. Hy is bang dat sy stem
sal “deurslaan”. Hy het dus geen
selfvertroue om sy stem te gebruik
nie.
Tussen meisies: die groot krater.
Krater kan ook verwys na die gate op
die maan. Die seun vergelyk dalk ook
sy aknee met die kraters wat op die
maan is, want dit lyk vir hom soos
sulke gate.
REDE NOMMER SES
Die seun kruip weg agter sy lang kuif. Daar is ʼn
paar redes waaroor hy agter sy kuif wegkruip. Hy
kan bang wees meisies sien hom raak en dan
moet hy met hulle praat. Die feit dat hy sy kuif
“ononderhandelbaar “ in hakies noem (parentese),
beklemtoon dat hy onder geen omstandighede sy
kuif sal afsny nie. Dit wys ook dat hy redelik rebels
is want skole laat gewoonlik nie toe dat seuns
sulke lang kuiwe dra nie. Sy kuif word ʼn
wegkruipplek en ʼn verdedigingsmeganisme. Die
kuif word ʼn
skuilplek om sy baie foute te verberg.
REDE NOMMER 7:
Daarom oefen hy in die geheim en waar
niemand hom kan sien nie, om soos die
ander seuns te kan loop en optree. As hy
soos al die ander seuns loop met hulle
broeke afgesak op hulle heupe, sal die ander
kinders hom dalk aanvaar. Dit wil voorkom
asof hy bereid is om sy eie identiteit prys te
gee sodat hy net aanvaar kan word. Dit is
opmerklik dat die seun
Intussen donder ek deure toe.
Inversie (Omgekeerde woordorde) : Om te beklemtoon hoe gefrustreerd die seun is.
In hierdie reël vertel die seun/spreker wat hy ook nog doen om sy probleme te hanteer.
Sy frustrasies is so erg dat hy loop en deure toeslaan om ontslae te raak van sy
frustrasies. Dit is sy manier om beter te voel oor alles wat hom so ontstel van sy
tienerlewe.
Alleenplasing van hierdie versreël beklemtoon sy frustrasie.
Tema:
Hierdie gedig is ʼn poging om groter begrip
(understanding) vir ʼn tiener se lewe en sy probleme
by die leser tuis te bring (te gee).
NIE ‘n Italiaanse Sonnet nie!
Strofe 1 = Die HOEKOM (redes) die seun so optree. = Sestet.
Strofe 2 = Die DAAROM (gevolge / aksies) van die gedig = Oktaaf.
Tipe Rym: Gebroke Rym.
Stemming : melancholies, emosioneel, gefrustreerd, rebels.