Gedig : aandeelhouer Flashcards
Titel: AANDEELHOUER (Shareholder)
=Die titel verwys na ‘n finansiële term.
=‘n Mens koop aandele (shares) in ‘n besigheid op die aandelemark (stock exchange) om jou finansiële posisie te probeer verbeter.
=So, as ‘n mens aandele in ‘n maatskappy (company) besit, is jy ‘n aandeelhouer (shareholder). Jy is deel van die belange van die maatskappy.
En die jongeheer?
Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?
=Moontlik ‘n onderwyser aan die woord wat met ‘n seun in sy klas praat. Die woorde ‘Meneer’ in strofe 2 bewys dit.
=Hy praat baie formeel met ‘n skoolseun en vra hom uit oor sy toekomsplanne.
=Die seun se pa werk heel moontlik by ‘n finansiële instelling (financial institution), daarom dat die onderwyser vra of hy dalk eendag in sy pa se voetspore gaan volg deur ook ‘n finansiële loopbaan (career) te kies.
No ways Meneer
=Die seun praat informeel.
=Hy meng sy Engels en Afrikaans en is duidelik nie van plan om dieselfde soort werk as sy pa te doen nie.
Interest is nie in finance ek nie
-Inversie = omgekeerde woordorde om te beklemtoon seun stel glad nie daarin belang nie.
-Sy ‘interest’ (geïnteresseerd / belangstelling) lê nie in finansies nie.
-Woordspeling (pun): interest
-Vir die seun beteken dit sy belangstelling.
-In die finansiële wêreld beteken dit die wins / rente (profyt) wat jy op jou beleggings (investments) verdien (earn).
rate nie baie hoog woorde
soos inflasie resessie aandele
-Die seun ‘rate’ (ag) finansiële terme nie baie hoog nie, want dis nie vir hom belangrik om te weet van dinge soos resessie, inflasie en inflasiepryse nie.
-Die woord ‘rate’ verwys ook na kapitaalgroei (capital growth).
-Ons kan aanneem dat die seun nie vakke soos Rekeningkunde (Accounting) of Ekonomie (Economics) neem nie.
Invest my tyd en energie in
-‘invest’ in finansiële terme verwys na die belegging (investering) van fondse.
-Vir die spreker (die seun) verwys dit na hoe hy sy tyd en energie bestee (spandeer).
-Hy verkies dit om eerder sy tyd en energie in die gim te spandeer om sy spiere te ontwikkel.
-Hy spandeer dus baie tyd in die gimnasium en op die sportveld.
Beurs dra ek in my sak ek
-Die beurs in finansiële terme verwys na die aandelebeurs (stock exchange) waar miljarde rande verhandel word.
-Vir die seun verwys dit na die beursie in sy sak waarin hy sy geld hou en dis al wat vir hom belangrik is.
-Inversie : Om te beklemtoon dat geld baie belangrik is vir die seun.
Sport my muscles is my
bates dit het
effekte op die girls laat
=‘bates’ (assets) in die finansiële wêreld verwys na na eiendom (property), beleggings en besittings.
=Spreker se grootste bate is sy goeie liggaam.
=Sy spiere het die gewenste uitwerking (desired effect) op meisies, want hulle hou blykbaar baie van sy gespierde lyf.
=‘effekte’ in die sakewêreld verwys na die aandeelbewyse (money) waarmee beleggers (investors) handel dryf op die aandelemark.
=Titel kom hier na vore: die spreker belê ook in ‘aandele’, maar hy belê in meisies en nie geld nie.
=Belangrik vir hom dat hy ‘n groot ‘aandeel’ (rol) speel om die meisies gelukkig te hou.
hulle bloeddruk opwaarts neig
-Wanneer meisies sy mooi lyf sien, styg hulle bloeddruk.
-Dit laat die spreker baie goed oor homself voel.
-Die spreker het ‘n baie goeie selfbeeld.
my riskiko’s matig vir stewige
lopies kyk ek krieket
=‘risiko’s’ in die besigheidswêreld verwys na kanse wat die beleggers met hulle geld waag om groter opbrengste (returns) te verdien.
=Die seun verkies om “matige risiko’s” te neem. Hy wil homself nie blootstel (expose) aan gevare deur te veel kanse te waag nie.
=“stewige lopies” in die finansiële wêreld verwys na uitstekende, volgehoue (sustainable) groei op beleggings (investments).
=Vir die seun verwys dit na twee defnitiewe lopies (runs) op die krieketveld. Hy sit en kyk dus graag hoe die spelers lopies aanteken en hoe die telling op die telbord groei.
en anyway who cares wat die
prys
is van koring mielies en
sonneblom
=Die spreker wonder wie nou eintlik wonder of omgee oor die prys van koring (corn), mielies (maze) en sonneblom.
=‘prys’ = alleenplasing – beklemtoon dat seun nie omgee oor wat goed kos nie.
=Hy besef egter nie dat die voortbestaan (excistence) van baie boere (farmers) van die pryse van gewasse(crops ) en die daaglikse fluktuering (fluctuation) daarvan afhang (depend) nie.
=Die seun is nog onvolwasse (immature), traak-my-nie-agtig (could not be
bothered) en dit wys dat hy nie besef wat die gevolge consequences) van al hierdie goed vir mense inhou nie.
=Ironies : as sy ouers nie geld maak in die finansiële wêreld nie, kan hy nie so leef nie!!!
Enjambement
=Wat dink julle is die funksie van die enjambemente?
=Om die tempo te versnel.
=Om te beklemtoon dat die tienerseun nie regtig omgee oor al hierdie goed nie.
=Die tienerseun maak soveel verskonings dat dit net aan en aan gaan.
Rymskema & tipe rym:
=a b c d e f d
=Gebroke rym
=Hoekom is dit gebroke rym?
=Dit kan moontlik wys dat die tienerseun die tradisie verbreek het deurdat hy nie in sy pa se voetspore gaan volg en ‘n beroep in die finasiële wêreld gaan volg nie.
=Dit wys na die seun se gebrek (lack of) aan kennis (knowledge). Hy weet min van die finansiële wêreld.
Betekenis van Titel:
=Alhoewel die seun nie belangstel in wat op die aandelemark gebeur en of aandele styg of daal nie, suggereer die titel dat hy tog ‘n aandeelhouer is.
=Hy is nie ‘n aandeelhouer in die tradisionele sin van die woord nie, maar hy is ‘n aandeelhouer in die leefwêreld waarin hy homself bevind.
=Hy speel ‘n rol daarin en hy het ‘n aandeel in wat in die wêreld rondom hom aangaan.
Al die Engelse woorde?:
=Omdat die ekonomie aan internasionale markte gekoppel is, word Engelse terminologie algemeen in die ekonomiese wêreld gebruik. Net soos bv. In tegnologie ken mense nie regtig die woorde in Afrikaans nie.
=Die ouderdom van die spreker: Jongmense vandag is meer geneig om Afrikaans en Engels te meng. Dis ‘n loslit-Afrikaans (Mengels).
=Dis ook algemeen in Kaapse Afrikaans en is baie gewild onder veral jongmense.
=Die volwassene in die gedig gebruik baie formele Afrikaans bv. Hy gebruik nog die woord “jongheer” as hy met die seun praat wat ‘n ou Nederlandse oorblyfsel in Afrikaans is. ‘n Mens hoor nie regtig meer deesdae die woord nie.