Skeiding van deeltjies tydens fisiese en chemiese verandering Flashcards
Wat is ‘n fisiese verandering
‘n Verandering waar geen nuwe chemiese verbindings gevorm word nie. Slegs die toestand van ‘n stof verander, nie die identiteit nie
Wat is die kenmerke van ‘n fisiese verandering
Rangskiking van deeltjies
Geen nuwe deeltjies word gevorm, slegs die energie neem toe of af
Omkeerbaarheid
Fisiese verandering is ‘n omkeerbare verandering
Behoud van massa, atome en molekule
Die aantal atome en molekule bly behoue tydens die verandering
Energie betrokke
Min energie is nodig, slegs die intermolekulêre verander
Wat is ‘n chemiese verandering
‘n Verandering wat die transformasie van een of meer stowwe na een of meer stowe behels
Wat is die kenmerke van ‘n chemiese verandering
Rangskiking van deeltjies
Atome, molekule of ione hergroepeer
Omkeerbaarheid
Sekere reaksies is omkeerbaar, maar meeste is nie. (Lees deur paragraaf en kyk na pyle op p. 175)
Behoud van massa, atome en molekule
Die hoeveelheid molekule van ‘n spesifieke stof verander, maar die totaal in al die materiale verander nie
Energie betrokke
Energie word tydens die reaksie geabsorbeer of vrygestel, die energie oordrag is hoër as fisiese veranderinge omdatintramolekulêre kragte gebreek word en nuwe bindings word gevorm
Wat is ‘n ontbindings- en sintese reaksie
Ontbinding
‘n Enkele binding breek op om twee of meer stowwe te lewer
Sintese
Stowwe verbind met mekaar om ‘n nuwe stof te vorm
Wat is ‘n eksotermiese en endotermiese reaksie
Eksotermies
‘n Reaksie waarin energie afgegee word aan die omgewing.
Totale energie vrygestel om bindings te vorm > totale energie om bindings te breek
Endotermies
‘n Reaksie waarin energie opgeneem word vanuit die omgewing
Totale energie geabsorbeer om bindings te breek > Totale energie vrygestel om bindings te vorm
(Lees deur laaste paragraaf op p. 179)