Mengsels: Homogeen en Heterogeen Flashcards
1
Q
Wat is ‘n mengsel
A
‘n Kombinasie van 2+ suiwer stowwe, waar die stowwe nie aan mekaar gebind is nie. Elke stof in ‘n mengsel behou nog sy eie afsonderlike eienskappe
2
Q
Wat is die eienskappe van ‘n mengsel
A
Stowwe in ‘n mengsel kan in enige verhouding gemeng word
Stowwe in ‘n mengsel behou hul afsonderlike eienskappe
Stowwe in ‘n mengsel kan deur meganiese metodes geskei word
3
Q
Onderskei tussen die twee tipes mengsels
A
Homogene mengsels- Mengsel waarvan die samestelling univorm is en die verskillende komponente van die mengsel nie gesien kan word nie
Heterogene mengsel- Mengsel waarvan die samestelling nie univorm is nie en die verskillende komponente van die mengsel gesien kan word