Chemiese binding en die Lewis struktuur Flashcards
Wat is ‘n kovlente binding, gee die eienskappe
(Bl. 133 - 134)
Wanneer 2 atome aan mekaar gebind word deurdat hulle een of meer pare elektrone deel
Ontstaan tussen atome van nie-metale
Vorm molekules
Die atome verkry dan ‘n edelgasstruktuur
Kan gevorm word met atome van dieselfde of verskillende elemente
Wat is relatiewe molekulêre massa
Die som van al die relatiewe atoommassas van al die atome in die molekuul
Wat is ‘n ioniese binding, gee die eienskappe
(Bl. 135 - 136)
Ontstaan as gevolg van die oordrag van een of meer elektrone vanaf metaalatome na nie-metaalatome
Ontstaan tussen atome van ‘n metaal en nie-metaal
Vorm ‘n kristalrooster
Wat is ‘n metaalbinding
Die elektrostatiese aantrekkingskrag tussen die positiewe atoomreste en die see van gedelokaliseerde valens-elektrone wat hulle omring
Ken die samestelling van allooie onder op p. 137