Die Kruppel Engel (2) Flashcards
Hoofstuk 8
🐰
Wat moes Tina-hulle doen om genoeg tjokbrokke te hê vir die groot aanvraag daarna?
Hulle moes die resep verdriedubbel
Wat is Tina en Hanmarie se verantwoordelikhede afsonderlik met die maak en verkoop van die tjokbrokke?
Tina: doen die boekhouding en skryf die verslag vir die taak wat Hanmarie dan tik.
Hanmarie: organiseer hulle in die kombuis. Koop ‘n lêer met haar sakgeld en tik ‘n professionele verslag van Tina se geskrewe aantekeninge.
Wat is Lindiwe en Loisie se verantwoordelikhede afsonderlik met die maak en verkoop van die tjokbrokke?
Lindiwe: maak seker dat almal skoon maak
Loisie: doen inkopies en bring die kontantstrokies
Wat is ‘n na-aper?
‘n Mens wat doen dit wat jy doen.
Wat doen Ruan en sy twee vroende vir die EBW-projek?
Hulle begin ‘n karwasbesigheid.
Hoekom wil Hanmarie ophou om tjokbrokke te maak?
Sy voel moeg en het nie die sakgeld nodig nie.
Vir watter 3 redes het Tina so bekaf gelyk toe juffrou Dale haar gevra het?
Sy geniet om tjokbrokke te maak.
Sy wil geld kry.
Sy, Lindiwe en Loisie kan nie aangaan nie, want hulle het nie ‘n kombuis nie.
Wie werk in die koshuis se kombuis en watter voorwaarde sal sy op hulle stel?
Tannie Bessie
Die kombuis moet silwerskoon wees nadat hulle dit gebruik het.
Hoekom wou Loisie en Lindiwe nie aangaan met die tjokbrokke nie?
Loisie: wil Piet gereeld sien.
Lindiwe: wil op Woensdae dorp toe gaan.
Wat irriteer Tina oor Ruan?
Hy is vol van homself.
Waar is die snylitteken op Tina se hand?
Tussen haar wys- en middelvinger oor die palm na haar pols.
Wat was die dokter se instruksies aan ant Merlin daardie dag in die hospitaal?
Sy moet Jakob elke dag inbring.
Wat het Tina vir haar pop gesteel?
Een van Maaghretjie se doeke
Hoe het Tina haar litteken gekry?
Jakob het haar hand met ‘n geroesde knipmes gesteek.
Met wat sukkel Tina as sy goed was?
Om goed uit te draai
Waarom het die buurvrou Jakob gehoor skree?
Sy arm het in kouekoors oorgegaan.
Watter twee uitgawes kon Tina maak met haar sakgeld?
Die biblioteekskuld afbetaal (spelling)
‘n pajamabroek koop
Wat gebeur as Tina oor ‘n naweek netball moet speel?
Sy bly by uncle David en ant Ketlin
Watter kompliment gee Stefaans vir Tina?
Hy sê juffrou Dale sê sy is goed met besigheid.
Wat doen Stefaans om Tina te motiveer en hoekom is Tina geskok hieroor?
Hy verdubbel die geld wat sy maak.
Hy wou eerstens nie eers ‘n lekkergoedgeldjie gee nie.
Wat wys vir ons dat Tina sleg met netbal is?
2
Sy kry nie ‘n bal raak gevang nie.
Almal in die span raak ongeduldig met haar.
Tina is sleg met netbal. Wat doen sy?
Loisie speel in haar plek.
Tina word die skool se SPORTVERSLAGGEWER.
Wat het juffrou Dale gesê Tina moet doen vir fiksheid?
Sy moet nog steeds gaan opwarm en vir ‘n halfuur om die baan draf.
Wanneer hardloop Jakob saam met Tina?
Wanneer Tina baie moeg gehardloop is, maar moet nog aanhou hardloop.
Wat leer Jakob vir Tina?
Hy leer haar om fartleks te doen.