Betreklike voornaamwoorde Flashcards
1
Q
Sy het die kat gesien … by die venster ingespring het.
A
Wat
2
Q
Ek het die vrou gesien … by die deur ingekom het.
A
Wat
3
Q
Ek het die vrou gesien by …jy die oulike hondjie gekry het.
A
Wie
4
Q
Die fliek (van+wat) ek jou vertel het, wys nou by Cavendish.
A
Waarvan
5
Q
Die pen (met+wat) hy skryf, is swart.
A
Waarmee
6
Q
Die jean (voor+wat) ek so duur betaal het, het ‘n gat in.
A
Waarvoor
7
Q
Die ouers … kinders goed doen, is baie trots op hulle.
A
Wie se
8
Q
Ek staan op die balkon … ‘n mooi uitsig op Tafelberg het.
A
Wat
9
Q
My suster … in ‘n woonstel woon, wil nou ‘n huis koop.
A
Wat
10
Q
Die ou van … ek hou, het die mooiste blou oë.
A
Wie
11
Q
van + wat = ?
A
Waarvan
12
Q
aan + wat = ?
A
Waaraan
13
Q
vir + wat = ?
A
Waarvoor
14
Q
by + wat = ?
A
Waarby
15
Q
met + wat = ?
A
Waarmee