SAOG Lande en Attraksies🌎 Flashcards
- Waarvoor staan SAOG?
Suider Afrikaanse Ontwikkelings Gemeenskap.
- Wat is die doel van die SAOG?
• Om ń gemeenskap te kry wat saamwerk om streeksvrede en sekuriteit te verseker.
• Om lewenstandaarde te verhoog.
• Om streeksekonomie te integreer.
- Waarvoor staan RETOSA?
Regional Tourism Organization of Southern Africa.
- Wat is die doel van REROSA?
Om die streek as ń wêreldklas toerismebestemming te bemark.
- Noem VIER voordele wat streekstoerisme vir Suid-Afrika inhou.
• Die streek sal meer toeganklik vir toeriste word.
• Verhoogde bewustheid.
• Fondse kan gegenereer word.
• Gemeenskapsgebaseerde toerisme verhoog.
- Wat is die hoofstad van ANGOLA?
Luandi.
- Wat het in Angola gebeur en wat het dit veroorsaak?
Daar het burgeroorloë plaasgevind wat die infrastruktuur vernietig het.
Die oorloë het plaasgevind a.g.v burgers van die land wat nie saam gestem het oor sekere goed nie.
- Noem enige VIER feite oor die Kissama Nasionale Park.
• Dis die enigste funksionerende nasionale park in Angola.
• Die dierehervestigingsprojek, ‘Operasie Noag se Ark’ is hier begin.
• Diere van Suid-Afrika, Namibië en Botswana word in hierdie park hervestig.
• Beduidende bevolking van Olifante en Buffels.
- Wat is die hoofstad van BOTSWANA?
Gaborone.
- Noem enige DRIE feite oor Botswana.
• Dis ń buurland van Suid-Afrika.
• Is een van die yl bevolkste lande ter wêreld.
• Die groot, oop ruimtes lok baie toeriste.
- Wat is ń Delta?
ń Rivier wat in die see vloei.
- Wat maak die Okavango Delta so uniek?
Hy het ń unieke oorsprong. Gewoonlik vloei deltas in die see, maar die Okavango Delta vloei in die Kalahari Woestyn.
- Beskryf die klimaat van die Okavango Delta.
Warm en droog.
- Noem enige ander TWEE feite oor die Okavango Delta.
• Dis die grootste binnelandse delta ter wêreld.
• Dis die tuiste van ń aantal unieke fauna en flora.
- Is die Tsodilo-heuwels ń UNESCO wêreldefrenisterrein?
Ja.
- Waarvoor is die Tsodilo-heuwels bekend?
Die heuwels wat meer as 4 500 San-rotstekeninge het.
- Kies die korrekte letter:
(A) Die DRK is die grootste land in Afrika
(B) Die DRK is die tweede grootste land in
wêreld
(C) Die DRK is die tweede grootste land in
Afrika
C.
- Watter probleme was daar in die DRK?
• Politieke probleme
• Oorlog
- Noem enige VIER feite oor die Virunga Nasionale Park.
• Is ń UNESCO Wêrelderfenisterrein.
• Dis Afrika se eerste nasionale park.
• Dis geleë in die Ooste van die DRK.
• Daar is lewendige vulkane.
- Waarvoor is die Virunga Nasionale Park bekend?
• Vir sy unieke fauna en flora.
• Vir die Berggorillas.
- Wat is die hoofstad van die DRK?
Kinshasha.
- Wat is die hoofstad van LESOTHO?
Maseru.
- Wat is die ander naam van Lesotho?
Die Switserland van Afrika.
- Waarom het Lesotho hierdie naam?
Omrede dit so baie sneeu daar.
- Wat is ń monargie?
Dit is ń land wat deur ń koninklike familie regeer word.
- Beskryf die Lesotho-hooglande se klimaat.
Warm in die somer en koud in die winter.
- Watter aktiwiteite kan in die somer- en wintermaande gedoen word by hierdie attraksie?
•Somer maande > Staptogte.
• Winter maande > Ski.
- Wat is die attraksie in Lesotho se naam waar die water vandaan kom?
Die Katsedam en die Lesotho-hooglandwaterprojek.
- Noem enige DRIE feite oor hierdie attraksie.
•Dis die hoogste damwal in Afrika en ook een van die grootste damme.
• Dis ook deel van Lesotho en SA se opgaardamme.
- Wat is die Sani-pas se ander naam?
Poort na die dak van Afrika.
- Noem enige ander DRIE feite oor die Sani-pas.
• Dis ń bergpas tussen KwaZulu-Natal en Lesotho.
• Dis ń baie mooi pas maar dis egter ń gevaarlike pad en viertrekvoertuie word aanbeveel.
• Aan die bokant van die pas kan besoekers verversings by die hoogste kroeg in Suider-Afrika geniet.
- Wat is die hoofstad van Madagaskar?
Antananarivo.
- Waarvoor is Madagaskar bekend?
Sy unieke landskappe en dierspesies.
- Watter DRIE lewendige dinge kom voor in Madagaskar?
• Verkleurmannetjies.
• Lemurs
• Kremetartbome.
- Noem EEN feit oor die Royal Hill van Ambohimanga.
Dis ń wêrelderfenisterrein naby Antananarivo.
- Wat is die hoofstad van Mauritius?
Port Louis.
- Noem EEN feit oor die Grand Baie.
Dit was eers ń arm vissermansdorpie.
- Waarom is die Grand Baie vandag ń bekende toeristeligging?
As gevolg van sy:
> Strande
> Boetiekwinkels
> Restaurante
- Wat is die hoofstad van MOSAMBIEK?
Maputo.
- Beskryf Mosambiek se weer.
Tropies en dit word deur die warm Indiese Oseaan beïnvloed.
- Noem die UNESCO wêrelderfenisterrein van Mosambiek.
Mosambiek-eiland.
- Wat het by hierdie wêrelderfenisterrein gebeur?
Handel tussen die Arabiese en Afrika mense.
- Aan watter TWEE slegte goed word Mosambiek blootgestel?
• Droogtes.
• Oorstromings.
- Noem enige DRIE feite oor die Niassameer.
• Dis een van die grootste mere in Afrika.
• Dis die mees Suidelike meer in die Groot Skeurvallei.
• Dis die tweede diepste meer in Afrika.
- Wat is ń Argipel?
ń Klomp eilande bymekaar.
- Waarom is die Bazaruto-argipel ń gewilde toeriste attraksie?
As gevolg van sy:
> Sandstrande
> Koraalriwwe
- Noem TWEE aktiwiteite wat ń toeris by die Bazaruto-argipel kan doen.
• Branderry
• Visvang
- Waarom word Mosambiek-eiland as ń UNESCO wêrelderfenisterrein beskou?
As gevolg van sy kulturele betekenis en historiese belang vir die land.
- Noem enige TWEE feite oor Namibië.
• Dit grens aan Suid-Afrika se Noord-Kaap.
• Dis een van die yl bevolkste lande ter wêreld as gevolg van sy dorre woestyne.
- Noem die 3 tale van Namibië
• Afrikaans
• Engels
• Duits
- Noem DRIE feite oor die Visrivier-Canyon.
• Dis die tweede grootste canyon ter wêreld.
• Daar vloei water deur die canyon in die somer maande.
• Is deel van die Ais-Ais/Richtersveld Oorgrensbewaringspark tussen Suid-Afrika en Namibië.
- Hoe groot is die Etosha pan?
130km lank en 50km breed.
- Noem DRIE feite oor die Etosha Nasionale Park.
• Is na die Etosha-pan vernoem.
• Panne is droog in die winter want dis in ń dorre gebied geleë.
• Na die somerreën word daar meer as 400 voëlspesies daarheen gelok.
- Noem TWEE feite oor die Namibwoestyn.
• Het pragtige landskappe en geharde fauna en flora.
• Neem die grootste gedeelte van die westelike helfte van Namibië in beslag.
- Wat is die bekendste plant wat in Namibië leef, se naam?
Die Welwitschia.
- Wat is die hoofstad van Malawi?
Lilongwe.
- As wat staan Malawi ook bekend?
Die Warm Hart van Afrika.
- Wat is die grootste land in Malawi?
Blantyre.
- Noem DRIE feite oor die Malawi-meer.
• Word tussen Mosambiek en Tanzanië gedeel.
• Het warm water en word deur sandstrande omring.
•Het meer spesies varswatervis as enige ander waterliggaam op aarde.
- Wat is die Seychelle en uit hoeveel eilande bestaan dit?
Die Seychelle is ń argipel wat uit 115 eilande bestaan.
- Wat is die hoofstad van SEYCHELLE?
Victoria.
- Waarvoor is die Seychelle bekend?
• Vir die 900 visspesies en 100 koraalriwwe-spesies.
• Die gewildste aktiwiteit - om by die koraalriwwe te duik.
- Noem enige ander VIER aktiwiteite op die eiland.
> Waterski
Gholf
Muurbal
Tennis
- Wat is die hoofstad van SWAZILAND?
Mbabane.
- Beskryf Swaziland se weer.
Subtropies met baie warm toestande.
- Waarom word die woord ‘koninkryk’ gebruik in Swaziland?
Dit dien as ń vorm van erkenning en respek vir die koning.
- Wat beteken “Hlane”
Wildernis.
- Watter diere kom voor in die Hlane Royal Nasionale Park?
• Witrugaasvoëls
• Leeus
• Olifante
• Witrenosters
- Noem enige ander TWEE feite oor die Hlane Royal Nasionale Park.
• Was voorheen ń koninklike jagveld.
• Die grootste van drie nasionale parke in Swaziland.
- Wat is die hoofstad van TANZANIË?
Dodoma.
- Noem enige VIER feite oor Berg Kilimanjaro.
• Dis Afrika se hoogste berg en die wêreld se hoogste vrystaande berg.
• Hy het 3 keëls.
• Hy het jare terug uit vulkaniese aktiwiteite bestaan.
• Dit is die enigste plek op aarde waar sneeu op die ewenaar voorkom.
- Noem enige TWEE feite oor die Serengeti Nasionale Park.
• Hy staan as die beste wildreservaat in Afrika bekend.
• Hy grens aan die Masai Mara Wildpark in Kenia.
- Waar vind die migrasie plaas?
Kenia.
- Wat presies gebeur tussen die twee lande tydens die migrasie?
Duisende wildebeeste, sebras en gemsbokke beweeg van die Suide na die Noorde.
- Wat is die hoofstad van Zambië?
Lusaka.
- Noem enige DRIE feite oor Zambië.
• Word heeltemal deur ander lande omring.
• Vernoem na die Zambezi-rivier.
• Sy hoofattraksie is die Victoria-waterval.
- Watter bekende rivier vloei deur Zambië?
Die Zambezi-rivier.
- Noem DRIE feite oor die Zambezi-rivier.
• Die langste rivier in Afrika.
• Vloei deur 8 lande.
• Bron van water vir die Victoria-waterval.
- Wat beteken “Mosi-oa-Tunya” ?
Die rook wat donder.
- Noem enige VIER feite oor die Victoria-waterval.
• Die grootste waterval op aarde.
• Is na Koningin Victoria vernoem.
• Grens aan Zambië en Zimbabwe.
• Is 2km breed en 100m hoog.
- Watter aktiwiteite kan toeriste doen wanneer hulle die Victoria-waterval besoek?
• Mikrovliegtuig vlugte oor die waterval.
• Swem by ‘ Devil’s Pool ‘.
- Wat is die Kariba-meer eintelik?
ń Dam.
- Noem enige DRIE feite oor die Kariba-meer.
• 226km lank en 40km breed.
• Afrika se grootste dam.
• Op die grens tussen Zambië en Zimbabwe geleë.
- Aan Zimbabwe se kant van die meer is daar twee bewaringsgebiede wat toeriste kan besoek. Noem hulle.
• Die Kariba-ontspanningspark.
• Die Matusadonha Nasionale Park.
- Wat was die reddingsplan genoem wat diere van verdrinking gered het?
‘ Operasie Noag ‘
- Noem VYF redes waarom toeriste hierdie meer sal besoek.
• Hy is ryk aan natuurlewe
• Daar is verskeie soorte verblyf insluitend huibote.
• Dis die grootste varswaterliggaam in Zimbabwe.
• Daar is ń groot verskeidenheid visse insluitend tiervisse.
• Die meer het ń ryk geskiedenis.
- Waar is ‘Devil’s Pool’ geleë?
Bokant die Victoria-waterval net voordat die water 100m val.
- Noem DRIE ander aktiwiteite wat by die Victoria-waterval gedoen kan word.
• Visvang
• Kajakvaarte
• Perdry
- Noem VIER feite oor die Ruïnes van Groot Zimbabwe.
• Is oorblyfsels van een van die grootste koninkryke in Suider-Afrika.
• Was een van die eerste beskawings in Suider-Afrika.
• Het handel gedryf met lande buite die streek.
• Belangrike ontdekkings wat daar gevind is, is agt arende wat uit seepsteen gekerf is.
- Noem DRIE feite oor die Matopo-heuwels.
• Is ook bekend as die Matobo-heuwels.
• Bestaan uit granietkoppies.
• Het meer as 3 000 bekende rotstekeninge.
- Wat was ontdek by die Matopo-heuwels?
• Verskeie soorte klipgereedskap.
• Historiese artefakte van die San.
- Noem VIER aktiwiteite wat toeriste by die Matopo-heuwels kan doen.
• Staptogte
• Perdry
• Visvang
• Bootritte
- “Recap” vraag: *
Noem al die UNESCO wêrelderfenisgebiede.
- “Recap” vraag: *
• Die Tsodilo-heuwels.
• Virunga Nasionale Park.
• Mosambiek-eiland.
• Berg Kilimanjaro.
• Die Victoria-waterval.
• Die Ruïnes van Groot Zimbabwe.
• Die Matopo-heuwels.