Lughawe terminologie✈️ Flashcards
Wat word die kant van die lughawe genoem waar die passasiers inkom?
die Landkant.
Wat word die lughawe gebou self genoem?
Die terminaal.
Wat word die kant van die lughawe genoem wat toegang tot die vliegtuig verleen?
Die Lugkant.
Wat is ń Instappoort?
Dit is die uitgaan waarvandaan daar toegang tot die lugkant beheer word.
Wat is ń Inboektoonbank?
Dit is die punt waar die passasiers vir die eerste keer met die lugredery kontak maak.
Wat is die naam van die Lughawensmaatskappy wat 9 van Suid-Afrika se lughawens bestuur?
ACSA - Airports Company South Africa
(Lughawensmaatskappy Suid Afrika)
Wat is die verskil tussen breëromp vliegtuie en smalromp vliegtuie?
• Breërompvliegtuie - het twee ganget of paadjies met ń blok sitplekke in die middel van die kajuit.
• Smalrompvliegtuie - het slegs een gang of paadjie met 4 - 6 sitplekke in ń ry.