Nuwe Media Matriek Werk Flashcards
Invloede van Willem Boshoff
1) Boshoff se lewensonderervarings is belangrik in sy konsep en vervaardiging van kuns. Sy ondervinding om met hout te werk saam sy pa het sy kennis en houding gevorm om met hierdie medium te werk
2) Konseptuele Kunstenaars soos Joseph Beuys en Hans Haacke
Willem Boshoff: Tafelboek, Onderwerp
1) Hierdie ingewikkelde werk lyk soos ‘n lae tafel en bestaan uit ‘n magdom blokke van hout-afvalstukke wat versigtig gepas en saamgegom is oor ‘n tydperk van 4 jaar
2) Soos papier of karton, het hy die idee van ‘die boek’ aangespreek en ook verwys na die idee van Die Boek, as die Bybel, die woord van God
Tafelboek: Willem Boshoff, inspirasie
Deel van die agtergrond van Tafelboek is gelee in Boshoff se lewensomstandighede teen die tyd toe hy dit geskep het
Hy het ‘n kluisenaarsbestaan in ‘n klein, ondergrondse woonstel in Hillbrow, Johannesburg gevoer, soos ‘n priester in ‘n klooster
Tafelboek: Willem Boshoff, fisiese beskrywing
Die egalige tafelagtige eksterieur steek ‘n ingewikkelde interieur weg wat onthul word as die 8 geskarnierde flappe, wat ondersteun word deur ‘n sentrale houtskelet, sistematies ontvou word. Elkeen van die flappe bestaan uit ontelbare klein dele
Tafelboek: Willem Boshoff, Simboliek (1) (Christelike simboliek)
Wanneer dit toe is, het dit die duidelike vorm van ‘n meubelstuk, ‘n tafel, maar dit kan ook geinterpreteer word as ‘n doodskis wat ‘n geraamte bevat, wat simbolies voorgestel word deur die ingewikkelde struktuur binne in dit. Hierdie 2 interpretasies is gekoppel aan die Christelike verwysings wat Boshoff op daardie staduim van sy lewe verkies het. Die tafel kan geinterpreteer word as ‘n Nagmaaltafel met die simboliese betekenis wat deel is van Christelike rituele, en die idee van die kis verwys na die dood van Cristus
Tafelboek: Willem Boshoff, Simboliek (2) (stad, masjien en doolhof simboliek
Wanneer dit opgevou word, kom dit voor as ‘n argaiese masjien soos ‘n drukpers of weefstel. Die algemene vorm van die ontvoude werk word ook vergelyk met ‘n digte, opgeboude stad soos Hillbrow. Die ingewikkelde struktuur is soos ‘n doolhof wat nie begin of einde het nie
Tafelboek: Willem Boshoff, simboliek (3) (boek)
Soos ‘n boek , moet die werk opgemaak word om ‘gelees’ te word en om die kennis wat daarin opgesluit is, vry te stel
Tafelboek: Willem Boshoff, Simboliek (4) (bladsy vir bladsy)
Boshoff se verwysing na boeke in hierdie werk, laat die kyker gevolglik dink oor boeke en oor hoe dit werk. Die idee dat ‘n boek bladsy vir bladsy gelees word , verwys na die gefragmenteerde weergawe van kennis in die wformat van die boek
Tafelboek: Willem Boshoff, Simboliek (5) (hout as medium)
Deur hout as ‘n medium te gebruik, verwys hy ook na die ongeprosseseerde oorsprong van papier. Hout as ‘n medium is ook verbind aan Boshoff se persoonlike simboliek wat verbind is aan di ebriee Christelike storie. Houtwerk is ‘n nederige maar belangrike aktiwiteit wat Josef, Jesus se pa, en Boshoff se pa se beroepe was. Christus is gekruisig op ‘n kruis wat van hout gemaak is
Wag: Jan van der Merwe, Onderwerp
Installasie bestaan uit ‘n ou katel met ‘n trourok wat daarop uitgele is en ‘n klerekas wat uit doringdraad gemaak is met rokke daarin. Die oudtydse bed en die kleredrag ontlok verwysings na Suid-Afrikaanse geskiedenis. Die ope afleiding van die verhaal lei die kyker na die idee dat ‘n verloofde wag vir die terugkeer van haar toekomstige man, wat vermoedelik oorlede is
Wag: Jan van der Merwe, simboliek #1
Die doringdraad om buitelyne van klerekas voor te stel, het die kunstenaar ‘n metafoor geskep vir die konsentrasiekampe waar vroue en kinders tydens die Anglo- boereoorlog gevange gehou is
Wag: Jan van der Merwe, medium
Doringdraad was gebruik om die buitelyne van die klerekas voor te stel
Wag: Jan van der Merwe, simboliek #2
Die storie beeld ‘n aanhoudende proses van wag uit. Deur alles in geroeste blik aan te bied, word die idee gegee van ‘wag’ uitgebeeld as ‘n proses wat tot agteruitgang lei
Wag: Jan van der Merwe, Simboliek #3
Verganklikheid word afgespeel teenoor permanensie. In plaas daarvan om die opwinding van die komende troue voor te stel, vries hierdie installasie daardie dag van opwinding vir ewig
Wag: Jan van der Merwe, Simboliek #4
Die metafoor van hierdie eindelose siklus is soos ‘n waarskuwing, en herinner kykers aan die gruweldade van die verlede wat op die oomblik en in die toekoms in voortbestaan