Nuwe Media Kuns Flashcards
Kenmerke van Nuwe Media Kuns
1)Konseptuele Kuns bestaan uit landkuns, lyfkuns, igitale kuns, uitvoerende kuns en installasie kuns
2)Onderwerpe en die gebruik van media is die dominerede aspekte in hierdie kunswerke
3)Die ide agter of betekenis van die kunswerk is baie meer belangrik as die medium waarin dit geproduseer is
4)Konseptuele kuns is op die intelek eerder as die visuele ervaring gebaseer
Installasie Kuns
Bestaan uit ‘n rangskikking van 3-dimensionele voorwerpe binne ‘n ruimte.
Die uitstal ruimte of omgewing vorm deel van die kunswerk
Installasie kuns word geskep vir ‘n spesifieke plek
Uitvoerende kuns
Lewendige kuns aanbieding deur kunstenaars en is ‘n manier om die formele en konseptuele idees oor die maak van kuns lewendig te maak
Verwant aan teater, maar dit is gewoonlik sonder ‘n storie of dramatiese effek
Lyfkuns
Sluit die menslike liggaam as die medium van uitdrukking in. Meeste aksies vind in die publiek plaas sodat daar interaksie is tussen die kunstenaar en kyker
Aardkuns (landkuns)
Kunswerke wat in die natuur geskep word deur natuurlike materiale en mensgemaakte materiale te gebruik
Gewoonlik grootskaalse beeldhouwerke wat die natuurlike omgewing as ligging gebruik