Realisme Flashcards
Realisme: tegniek
Realistiese en objektiewe uitbeelding van die realiteit
Realisme: Onderwerpe
Die Realiste wou die lewe, omstandighede en teespoed uitbeeld. Realisme was die uitbeelding van die lelike, donker kant en die lyding van mense
The Stone Breakers, Gustav Courbet: Onderwerp
2 mans, ‘n jong seun en ouer man is besig om klippe te breek. Hulle is besig om ‘n pad te bou.
Hierdie werk fokus op die swaar werkstoestande van die werkersklas
The Stone Breakers, Gustav Courbet: komposisie
Die 2 mans is die fokuspunt van die komposisie
Diepte is sigbaar deur die berge en kranse in die agtergrond en die gebruik van donker skaduwees
Die 2 figure in die voorgrond maak die kyker deel van die werk. Die kyker voel die swaarkry
The Stone Breakers., Gustav Courbet: Simboliese betekenis
Courbet fokus op die arm laer klas wat hard moes werk om brood op die tafel te sit. Die werkers se klere is geskeer en hulle doen ‘n eenvoudige werk om geld te verdien
Die seun is te jonk om te werk. ‘N Klein stukkie lig is sigbaar aan die regterkant van die skilderdoek. Dit isoleer die werkers in die donker van die berg. Hierdie werkers is fisies en ekonomies vasgevang in hulle werksomstandighede