Leereenheid 5: Ontasbare Bates Flashcards
BATE - Definisie
BATE: hulpron wat deur die entiteit beheer word as gevolg van gebeurtenis in die verlede, waaruit toekomstige ekonomiese voordele na verwagting na die entiteit sal vloei
Beheer jy hom?
Wie kry die toekomstige ekonomiese voordele
2 Tipes ontasbare bates
- Nie fisiese substansie
- Identifiseerbaar
- Niemoneter
(Let wel: Kan in sommige gevalle fisiese substansie hê soos bv. Regsdokument vir patent.)
Voorbeelde
- Rekenaarsagteware
- Verbanddiensregte
- Modelle
- Kopieregte
- Patente
- Films
Kriteria
IDENTIFISEERBAAR WANNEER:
skeibaar van die entiteit en kan oorgedra word (dus nie klandisiewaarde (goodwill) nie)
OF
afkomstig van kontraktuele en wettige regte (of dit nou skeibaar en oordraagbaar is of nie.)
(Albei die kriteria moet nagekom wees voordat jy die OB sal kan erken andersins gaan die uitgawes deur die SWVenAOI)
Erkenning
EERS as dit WAARSKYNLIK is dat daar toekomstige ekonomies voordele gaan wees.
EN
As die kostes van die BETROUBAAR gemeet kan word
Aanvanklike meting
Wanneer ʼn ontasbare bate gekoop word, kan die koste daarvan gewoonlik betroubaar gemeet word, en bestaan uit die volgende:
die koopprys, ingesluit invoerbelasting en ander nie-verhaalbare aankoopbelasting nadat handelskorting en afslag afgetrek is; en
enige direkte toeskryfbare koste om die bate gereed vir beoogde gebruik te kry.
Verkryging as deel van besigheidssamevoeging Example 16.2
Verkryging deur ruiltransaksies Klasoefening 2; Example 16.3
Oefening 1:
Koste van ʼn afsonderlike verkrygde ontasbate bate
Kriek Bpk bekom ‘n uitsaailisensie vir ‘n plaaslike radiostasie. Die volgende addisionele
kostes is ten opsigte van hierdie verkryging aangegaan:
BTW koers is 15%
R
Gelde van professionele uitsaaikonsultant (ingesluit BTW) 11 400
Regsgelde (ingesluit BTW) 5 700
Toewysing van geld deur bestuur spandeer (werknemersvoordele) 30 000
Die koopsom sal vereffen word deur 200 000 aandele in Kriek Bpk uit te reik. Hierdie
aandele het op vereffeningsdatum teen R2,00 per aandeel verhandel.
Van u word verlang:
Indien Kriek Bpk geregistreer is vir BTW doeleindes, bereken die bedrag van die uitsaai lisensie
wat gekapitaliseer kan word.
Billike waarde van aandele (2 x 200 000) 400,000
proffesionele fooie ( 11,400 x 100/115) 9,913
Regsgelde ( 5,700 x 100/115) 4,957
Bestuurskoste 30,000
=Uitsaailisensie gekapitaliseer 444,870
Oefening 2: Ontasbare bates in ʼn ruil transaksie
Meyer Bpk is ‘n vervaardiger van gespesialiseerde masjinerie. Combrink Bpk is egter die
geregistreerde eienaar van die enigste twee lisensies om produk Z, wat deur Meyer Bpk
se masjinerie vervaardig word, te vervaardig. Combrink Bpk besit nie die kundigheid of kapasiteit
om die gespesialiseerde masjinerie wat benodig word om produk Z te produseer, te
vervaardig nie
Meyer Bpk en Combrink Bpk gaan die volgende ooreenkoms aan wat vir beide partye voordelig
sal wees:
Meyer Bpk sal twee van die gespesialiseerde masjiene aan Combrink Bpk lewer in ruil vir een van
Combrink Bpk se lisensies. Die lisens is geldig vir ‘n termyn van vyf jaar waarna dit teen ʼn
beduidende koste hernu moet word.
Gestel die billike waarde van die lisensie is beskikbaar - die waarde is R500 000.
Die billike waarde van ‘n masjien word op R300 000 geraam en die koste vir Meyer Bpk
om een masjien te vervaardig is R200 000.
Van u word verlang:
Joernaliseer die bogenoemde transaksies vir Meyer Bpk:
Ontasbare bates - Lisensie (SFP) 600,000 (2 x 300 000)
Inkomste (SWVAOI) 600,000
Koste van verkope (SWVAOI) 400,000 (2 x 200,000)
Handelsvoorraad (SFP) 400,000
In hierdie geval sal die lensensie teen R400,000 (200,000 x 2) erken word. Indien die waardie van die lisensie en die masjinerie nie bepaal word nie bepaal IAS die volgende
Intern gegenereerde OB
Verdeel in twee fases:
Navorsingsfase
Ontwikkelingsfase
Navorsing:
lae vlak van sekerheid tov toekomstige ekonomiese voordele (tev) afgeskryf na SWVAOI
Ontwikkeling:
van plan / ontwerp met oog op produksie; kan skatting maak tov t.e.v kostes word gekapitaliseer na SFP as alle kriteria voldoen word
Kriteria vir kapitalisering van ontwikkelingskostes:
Tegniese uitvoerbaarheid
Voorneme om te voltooi en te gebruik/ te verkoop
Vermoë om OB te gebruik / te verkoop
Kan demonstreer hoe die OB toekomstige ekonomiese voordele moontlik kan genereer
Genoegsame tegniese, finansiële en ander hulpbronne
Betroubare meting van uitgawes toeskryfbaar aan die ontwikkeling van die OB
Daaropvolgende meting
Kostemodel =
koste - (opgehoopte amortisasie + waardedalingsverliese) Klasoefening 4; Example 16.7)
Daaropvolgende meting
Herwaardasie model =
= Billike waarde op datum van herwaardasie – (daaropvolgende amortisasie + waardedalingsverliese)
Oefening 3: Navorsings- en ontwikkelingskoste
Fourie Bpk, ‘n motorvervaardiger, het ‘n navorsingsafdeling wat gedurende die huidige
finansiële jaar aan die volgende projekte gewerk het:
- Projek I: Die ontwerp van ‘n stuurmeganisme wat nie soos ‘n konvensionele stuurwiel
werk nie, maar op impulse van die bestuurder se vingers reageer.
Motorvervaardigers is baie skepties oor hierdie projek - Projek II - Die ontwerp van sweisapparaat wat elektronies in plaas van meganies
beheer word. Verskeie groot aanlegte het al hieroor navraag gedoen en is uiters
entoesiasties. Hierdie projek voldoen reeds sedert die begin van hierdie jaar aan die
erkenningskriteria vir ontasbare bates.
Die volgende is ʼn opsomming van uitgawes wat in die betrokke afdeling aangegaan is:
Grondstof en dienste:
algemeneem - 128 000
Projek 1 - 935 000
Projek 2 - 620 000
Arbeid
- Direkte arbeid
- Afdelingshoof
- Administratiewe personeel
Bokoste
- Direk
- Indirek
Die afdelingshoof het 15% van sy tyd aan Projek I en 10% daarvan aan Projek II bestee.
Van u word verlang:
Bepaal die kapitaliseerbare ontwikkelingskoste vir die verslagdoeningstydperk.
Projek I: R1 450 000
600 000 + 320 000 + (10% x 400 000) + 410 000 + 60 000
Dt: Ontasbare bate 1 450 000
kt: Bank/Krediteur 1 450 000
Projek II: