Leereenheid 4 - Waardedaling Flashcards
Verhaalbedrag
- Wat bate eintlik vir jou kan in kry
hoogste van (billike waarde minus kostes om te verkoop) en sy (gebruikswaarde).
Doel van Waardedaling van bates
- Verseker dat bates teen nie meer as hul verhaalbare bedrae gedra word nie (nie oorstateer nie)
(Kosprysmodel & Herwaardasiemodel)
Waardedaling
- ʼn Verlaging in waarde a.g.v skade (abnormale gebeure)
Bv. Ou selfoon se waarde daal sodra ʼn nuwe weergawe uitgereik word = waardedaling .
Gewone waardevermindering afgeskryf tydens die lewensduur van die foon
Billike waarde:
Indien bate nou verkoop sal word in die mark, wat sal die onderneming ontvang. (Ook bekend as markwaarde)
Koste om te verkoop:
is die direkte inkrementele kostes wat aan die verkoop van die bate toegeskryf word.
Historiese drabedrag (HDB)
Kosprys - Opg. Wvm.
Werklike drabedrag (WDB)
Kosprys - Opg. Wvm - Opg. Wdv.
Kontantgenererende eenheid (KGE)
Die kleinste identifiseerbare groep bates wat hoofsaaklik onafhangklik kontantvloei van ander bates kontant genereer.