Leereenheid 3 - Hoofstuk 9 Flashcards
Doel van IAS 1
Hoe om finansiële state aan te bied vergelykbaarheid
Omvang van IAS 1
- Algemene-doel finansiële state
- Winsgerigte maatskappye
- Nie interim finansiële state nie
Doel van finansiële state
Verskaf nuttige inligting oor:
- Finansiële posisie
- Finansiële prestasie
- Kontantposisie
Aan gebruikers om finansiële besluite te neem
8 Algemene kenmerke
- Redelike weergawe & Nakoming
- Lopende saak
- Toevallingsbasis
- Wesenlikheid & Samevoeging
- Verrekening
- Gereeldheid van verslagdoening
- Vergelykende inligting
- Konsekwentheid
Redelike weergawe
Getroue weergawe (KR) – voldoen aan definisies en erkenningskriteria
+
Nakoming van IFRS - verklaring van voldoening
- Lopende saak
Bestuur maak die besluit:
- Is dit ‘n lopende saak? Berei FS voor volgens die beginsel van lopende saak, tensy dit gelikwideer of gestaak word
- Wesenlike onsekerheid openbaar onsekerhede
- Nie ‘n lopende saak nie openbaar:
- Feit
- Rede
- Basis wat gebruik is
- Toevallingsbasis
REK BASISSE:
-Kontant
Kontantvloei + inkomste/uitgawes erkenning -> dieselfde tyd
- Toevallig
Kontantvloei + inkomse/uitgawes erkenning -> verskil in tyd
- Wesenlikheid & samevoeging
Wesenlike soortgelyke items
- Toon apart
Nie-wesenlike soortgelyke items
- Groepeer saam
- Verrekening
Wat word toegelaat?
- Gereeldheid van verslagdoening
Hoe gereeld? - Jaarliks
As jaareinde verander (verslagdoenings-datum < of > as 1 jaar)
- Openbaar die rede en vermeld dat daar geen vergelykbaarheid met vorige jaar is nie
- Vergelykende inligting
Vir alle bedrae & beskrywende inligting:
- Faktore wat kan lei tot ‘n verandering in die aanbieding
- Terugwerkende verandering in rekeningkundige beleid
- Hersiening van vorige tydperke as gevolg van foute of herklassifikasie van items
Die doel van die Konseptuele Raamwerk
- bydra tot deursigtigheid;
- versterk rekenskap;
- bydra tot ekonomiese doeltreffendheid.
Wat is die doel van algemene doel finansiële verslagdoening?
Die doel is om nuttige finansiële inligting te voorsien aan bestaande en potensiële beleggers, leners, en skuldeisers.
Watter besluite neem beleggers, leners, en skuldeisers gebaseer op finansiële inligting?
Hulle neem besluite oor die voorsiening van hulpbronne aan die entiteit, soos die koop, verkoop, of aanhou van ekwiteit- en skuldinstrumente.
Hoekom word akrualerekenkunde toegepas in finansiële verslae
Akrualerekenkunde bied ‘n beter basis vir die beoordeling van verlede en toekomstige prestasie in vergelyking met kontantontvangste en -betalings.
Wat is ingesluit in die finansiële inligting wat deur algemene doel finansiële verslagdoening voorsien word?
Inligting oor die ekonomiese hulpbronne van die entiteit, eise teen die entiteit (finansiële posisie), veranderinge in hulpbronne en eise (as gevolg van finansiële prestasie of ander gebeure), en die doeltreffendheid van die bestuur in die gebruik van ekonomiese hulpbronne.