DA 1.1 - Vrae Flashcards
Die primere gebruiker(s) van finansiele state is….
Bestaande en potensiële beleggers
__________ is die veronderstelling dat die entiteit in die afsienbare toekoms ‘n bedryfsbestaan sal bly voer.
Lopende saak
Identifiseer die vier ondersteunende eienskappe van nuttige finansiële inligting.
Vergelykbaarheid,
verifieerbaarheid,
verstaanbaarheid,
tydigheid
Waar of vals?
Sou ʼn entiteit nie sy kapitaalpaaiemente op die ooreengekome datums betaal nie, lei dit tot kontrakbreuk. Nie-nakoming van ʼn terugbetalingsooreenkoms op ʼn langtermyn lening (niebedryfslas) kan lei tot herklassifikasie as ʼn bedryfslas.
Waar
Transaksies word verantwoord wanneer dit voorkom en nie wanneer die kontant wat met die transaksie verband hou ontvang of betaal is nie.
Toevallingsbeginsel
IFRS staan vir:
International Financial Reporting Standards
Watter wetgewing maak voorsiening vir die inlywing, registrasie, bestuur en kapitalisering van winste van maatskappye?
Maatskappywet 71 van 2008
Waar of vals?
Publieke maatskappye, wat genoteer is, word vereis om IFRS standaarde toe te pas.
Waar
Jaareinde 30 Junie 2023
Pakhuis:
Grond en geboue teen kosprys [aangekoop op 1 Januarie 2022] (4,500,000)
Opgelope waardevermindering op grond en geboue [1 Julie 2022] (50,000)
§ Nutsduur is 40 jaar.
§ Die beraamde reswaarde is R500 000.
§ Waardevermindering word volgens die reguitlynmetode op grond en geboue voorsien.
§ Geen waardevermindering is vir 2023 op die grond en geboue voorsien nie.
Wat is die waardevermindering wat vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 op eiendom afgeskryf moet word?
R100,000
Kosprys 4,500,000
min: reswaarde 500,000
= Afskryfbare bedrag 4,000,000
- Nutsduur 40 jaar
D.W.S. Waardevermindering (4,000,000/40) =R100,000
Toerusting: Jaareinde 30 Junie 2023
Toerusting teen kosprys [aangekoop op 1 April 2021] (250,000)
Opgelope waardevermindering op toerusting [1 Julie 2022] (25,000)
§ Nutsduur is twaalf jaar.
§ Op datum van aankope was die beraamde reswaarde R10 000. Op 1 Julie 2022 word die beraamde reswaarde hersien en bepaal as R31 500.
§ Geen waardevermindering is vir 2023 op die toerusting voorsien nie.
Wat is die waardevermindering wat voorsien moet word op toerusting vir die jaar geëindig 30 Junie 2023?
R18,000
Berekening:
Drawaarde (250,000-25,000)=225,000
Min: reswaarde (31,500)
=Nuwe afskryfbare bedrag 193,500
Oorblywende nutsduur
12 jaar = 144 maande
Maande reeds in gebruik geneem (1 April 2021 - 30 Junie 2022) = 15 maande
Oorblywende maande = 144 - 15 = 129
dit wil se- WVM vir die jaar
(193,500/129*12) = 18,000
Voertuie: 30 Junie 2023
Voertuie teen kosprys [aangekoop op 1 Oktober[LC1] 2022] (6,000,000)
Enjin:
KP (2,500,000)
Nutsduur (400,000km)
Reswaarde (RNUL)
§ Daar is aanvanklik beraam dat die trokke 50 000km per jaar sal aflê. Die werklike km’s wat gedurende 2023 afgelê is, was egter slegs 45 000km.
Wat is die waardevermindering wat vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 op die voertuie se enjins afgeskryf moet word?
R281,250
Berekeninge:
KP van enjin (2,500,000
Nutsduur (400,000km)
Waardevermindering
(2,500,000*45,000/400,000)
= 282,250
Voertuie: 30 Junie 2023
Voertuie teen kosprys [aangekoop op 1 Oktober 2022] (6,000,000)
Bakwerk
Kosprys 3,450,000
Nutsduur 7 jaar
Reswaarde 181,000
Wat is die waardevermindering wat vir die tydperk geëindig 30 Junie 2023 op die voertuie se bakwerk afgeskryf moet word?
R350,250
Berekeninge:
KP van bakwerk 3,450,000
min: Reswaarde (181,000)
=Afskryfbare bedrag R3,269,000
Nutsduur 7jaar
- Waardevermindering (3,450,000-181,000) /7*9/12
= 350,250
Wat is die waardevermindering wat vir die jaar geëindig 30 Junie 2023 op die meubels afgeskryf moet word?
R4,500
Berekeninge:
KP 48,000
min; reswaarde (3,000)
= Afskryfbare bedrag 45,000
- Nutsduur 5 jaar
Oorblywende nutsduur - 6 maande
(5 jaar = 60 maande)
(Maande reeds in gebruik geneem 1 jan 2018 - 30 jun 2022 = 54 maande)
(Oorblywende maande = 60 - 54 = 6 maande)
Waardevermindering - 4,500
((48,000-3,000)/5*6/12)
Spaar onderdele
KP R50,000
Hoe lyk die joernaalinskrywing met die aankoop van die spaar onderdele? (Aanvaar die onderdele is kontant aangekoop.)
Dt: Voorraad: Spaar onderdele R50 000
Kt: Bank R50 000
§ Die enjins was gediens op 1 Desember 2022. R30 000 van die spaar onderdele was gebruik tydens die diens.
Hoe lyk die joernaalinskrywing op 1 Desember 2022 met die diens van die enjin?
Dt: Herstelwerk en onderhoud R30 000
Kt: Voorraad: Spaar onderdele R30 000