Kw 2 Ondw 5 Eenheid 1 Flashcards
Wat is ‘n partikel
Die kleinste deel van ‘n stof
Wat is die vier belangrike dinge oor materie wat uitgevind is
Materie bestaan uit partikels wat te klein is om te sien
Partikels van materie het spasies tussen hulle
Partikels van materie beweeg of vibreer altyd
As partikels verhit word;kry hulle meer energie en beweeg dus vinniger
Wat is die drie vorms van materie
Vastestof
Vloeistof
Gas
Waaruit bestaan materie?
Klein partikels wat beweeg
In wat is die partikels naby aan mekaar gerangskik?
Vastestowwe
Hoe is die partikels in vloeistowwe gerangskik?
Klein spasies tussen partikels maar kan om mekaar beweeg.
In watter fase het partikels groot spaies tussen hulle en kan in alle rigtings beweeg?
Gasse
Hoekom kan gasse saamgepers word maar nie vloeistowwe en vastestowwe nie?
Partikels in gasse is ver van mekaar en kan beweeg.
Wanneer beweeg partikels vinniger?
Wanneer hitte bygevoeg word.