Kw 1 Sleutelbegrippe Flashcards
Fotosintese
Proses waardeur plant hulle eie voedsel maak.
Chlorofil
‘N stof wat plante groen maak
Koolstofdioksied
‘n Gas in die lug wat plante nodig het om te kan fotosinteer.
Suurstof
‘n gas in die lug wat lewende dinge nodig het
Hipotese
‘n moontlike verduideliking vir ‘n waarneming wat jy met verdere ondersoeke kan toets
Koolhidrate
‘n voedselsoort wat energie aan lewende organismes gee
Proteïne
Voedselgroep wat benodig word vir groei en om die liggaam te herstel
Vette en olies
Voedselsoort wat groot hoeveelhede energie aan die liggaam voorsien
Vitamiene en minerale
Deel van kos wat benodig word om die liggaam reg te laat werk
Voedselgroepe
Die hoofsoort kos
Immuunstelsel
Stelsel in die liggaam wat dit beskerm teen kieme en siektes
natrium
sout
versadigde vette
kom hoofsaaklik in dierevette soos vleis en botter voor
dieet
die verskillende kosse wat ‘n mens of dier elke dag eet
vesel
kos wat nie verteer is nie, maar help om van die uitskot uit die verteringstelsel ontslae te raak
voedingstof
die belangrike deel van kos wat die liggaam nodig het vir energie en gesondheid
geprosesseerde kos
kos wat gemaak en verander word van hoe dit in die natuur voorkom
siekte
‘n ongesteldheid wat ons liggame keer om reg te werk
ragitis
‘n siekte by kinders wat beroorsaak word deur ‘n gebrek aan vitamiene D
tandbederf
verrottende tande lei tot gate in tande
infeksie
kieme wat jou liggaam binnedring en probleme veroorsaak
diabetes
‘n siekte wat veroorsaak word deur hoë suikervlakke in die bloed
hardlywigheid
probleem om soliede afval uit die liggaam uit te skei
Mikroörganismes
Klein organismes wat naby of op kos aangetref word wat veroorsaak dat kos bederf