Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 7 Flashcards
Beskryf die ruimte in die toneel?
Binne in die Boshuis.
Wie het by die Van Rooyens kom besoek aflê?
Die boswagter, Mr Kapp.
Wie het die boswagter gestuur?
Die magistraat.
Wat moes die boswagter kom uitvind?
Hy moes kom kyk of Lukas tevrede is en of hy aangepas het.
Elias was eerlik met sy antwoorde oor die aanpassing van Lukas.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou atwoord.
Nee. Lukas het probeer weghardloop/
Hy het geweier om die Van Rooyen-gesin as sy eie te erken/
Hy het eers na ʼn geweldadige pakslae begin om Elias “pa” te noem.
Hoekom was Barta, volgens Elias, aangedaan oor Lukas se terugkeer?
Sy was bang dit was dalk nie waar nie.
Wat het die Van Rooyens oor Lukas uitgevind?
Lukas kon lees en skryf.
Hoekom moes Lukas Nina leer lees en skryf?
Sy was slim.
Wat beteken die woorde “Haar kop is nie stomp nie.”
Sy is nie dom nie.
Watter voorbeeld het Elias vir die boswagter gegee oor Lukas se aanpassing?
Hy was baie handig by die hout.
Waaroor het Elias nog gejok in verband met Lukas?
Hy het vir die boswagter gesê Lukas praat nie oor die mense in die Lange Kloof nie.
Hoe het Barta amper vir Elias in die moeilikheid laat beland oor sy leuens?
Sy het genoem dat hy aan die begin aangehou noem het dat hy huis toe wou gaan, veral in die aande.
Sou jy sê dit was moeilik vir Elias om na die blaps met ʼn sagte stemtoon te praat?
Ja want hy was gewoonlik kortaf en ongeskik met Barta. (Hy het nooit mooi met haar gepraat nie.)
Hoe het Elias Barta se antwoord beter laat probeer klink?
Hy het dadelik genoem dat dit net die eerste twee dae was terwyl hy nog vreemd gevoel het.
Hoekom moes Elias vir Barta stuur om ʼn bietjie water te gaan drink?
Sy het geskrik toe die boswagter vir hulle vertel het dat Fiela belet is om Lukas te kom opsoek.
Waarom het Elias voorgegee dat dit goed gegaan het met Lukas?
Hy wou hom nie verloor nie, want Lukas het die harde werk gedoen waarvoor Elias te lui was.
Watter guns moes die boswagter vir Elias in verband met Nina bewys?
Hy moes by die Engelse gaan uitvind van werk vir Nina as kinderoppasser.
Waarvoor moes Nina werk?
Vir klere.
Vandag sal dit as kinderarbeid gesien word wanneer jy jou kind so jonk soos Nina uitverhuur om te werk.
Stem jy saam met die stelling? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Ja. Nou is skool verpligtend vir kinders tot 16 jaar/Dit is teen die wet vir ʼn kind van jonger as 16 om in diens geneem te word.
Hoekom het Elias gevoel die boswagter kon met ʼn skoon gemoed vir die magistraat gaan vertel dat dit goed gegaan het met Lukas?
Lukas is nou tussen sy eie mense.
Verduidelik die ironie agter Elias se woorde wanneer hy noem dat Lukas nou tussen sy eie mense was.
Lukas was baie gelukkiger en beter behandel tussen die bruin mense as by die Van Rooyens wat wit soos hy was.
Hoekom sou Elias in die moeilkheid gewees het as die kinders daar was/opgedaag het?
Lukas se bene was nog vol slaanmerke.
Elias was verlig toe die boswagter besluit om te gaan.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
Ja. Die boswagter sou die slaanmerke gesien het/ Lukas sou dalk dadelik vir die boswagter uitgevra het oor Fiela-hulle/gewys het dat hy ongelukkig was.
Dink jy Elias was ʼn goeie pa? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Nee. Hy het sy kinders mishandel/hy wou Nina uitverhuur as kinderoppasser /hy het hulle harde handearbeid laat doen.