Fiela se Kind Eksamen Vrae - Eerste Bedryf - Toneel 2 Flashcards

1
Q

Waar het Fiela-hulle gebly?

A

Lange Kloof.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waarmee was die kinders besig?

A

Hulle het ʼn volstruis aangejaag kamp toe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Waarmee het Fiela geboer?

A

Volstruise.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Watter voorwaarde het Fiela aan Benjamin gerig wat hy geïgnoreer het?

A

Hy kon net saamgaan as hy agter draf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Tot watter gevolgtrekking kom jy oor Fiela se gevoelens teenoor Benjamin?

A

Besorgd/gee om.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

SELLING: Los die kind, Fiela, hy’s nie een vir agter draf nie.

Wat kan afgelei word oor Benjamin se karakter na aanleiding van die aanhaling?

A

Hy is ʼn leier.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

SELLING: Los die kind, Fiela, hy’s nie een vir agter draf nie.

Watter emosie toon Selling teenoor Benjamin na aanleiding van die aanhaling?

A

Trots.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wie het Fiela gedink was die mense op die perdekar?

A

Smouse.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Hoe lank al het Selling die vreemde perdekar in die omgewing gesien?

A

Die hele week.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat van die volstruise het Fiela verkoop?

A

Die vere.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Na wie het Fiela as “mooi” verwys?

A

Die volstruiswyfie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe het Fiela die volstruiswyfie beskryf?

A

Rankerig/maer om die boude.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat het Fiela-hulle nog verkoop om ʼn bestaan te voer?

A

Dasvelle.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Aan wie het Fiela hulle produkte verkoop?

A

Rossinski.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Vir hoeveel kon Selling die dasvelle aan die smouse verkoop?

A

Twee oulap ʼn vel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Watter eienskap van Fiela kom hier na vore?

A

Besigheidsvrou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Watter voorteken moes Fiela teen die onheil wat op haar gewag het, gewaarsku het?

A

Die valk wat Fiela se mooiste kuiken gevang het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat het met een van Fiela se kuikens gebeur?

A

Die valk het dit gevang.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Hoekom sou die valk nie weer ʼn kuiken kon vang nie?

A

Fiela het hulle toegemaak.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Waarom steur Fiela haar nie eintlik aan die vreemde perdekar nie?

A

Sy het gedink dit was smouse.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Op watter manier word daar aan die leser inligting gegee omtrent die
ruimte in die Lange Kloof?

A

Fiela se monoloog/alomteenwoordige verteller/stem op die band.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Noem die verskille tussen die Lange Kloof en die Seekant? Verwys na
die plantegroei.

A

Kloof = aalwyn en renosterbos
Seekant = welige plantegroei

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Noem die verskille tussen die Lange Kloof en die Seekant? Verwys na
die reënval.

A

Kloof = droog
Seekant = reën baie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Noem die verskille tussen die Lange Kloof en die Seekant? Verwys na
die tipe wêreld.

A

Kloof = klippe en stof
Seekant = bebos

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Wat suggereer Fiela se monoloog oor haar verhouding met haar Skepper?
Baie na aan haar Skepper/baie gelowig
24
Wat het die Here vir Fiela aan die Kloof se kant gelos waarvoor sy baie dankbaar was?
Volstruise.
25
Fiela is ʼn dankbare/positiewe mens. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord met TWEE voorbeelde.
Ja. Ten spyte van die droogte voel sy dat hulle ʼn fontein het wat nog water gee/Selling is swak maar sy hande kan nog velle brei/oorvloed kos wanneer dit wel reën.
26
Watter werk het Selling vir ʼn ekstra inkomste gedoen?
Hy brei velle ; maak skoene ; swepe; karwatse.
27
Hoekom kon Selling nie meer help met die harde werk op die plaas nie?
Hy is baie swak/sieklik.
28
FIELA: Veel is Selling nie meer nie. Verduidelik wat Fiela met die woorde bedoel het.
Selling is nie sterk nie/hy is swak/siekerig.
29
Wat moes Fiela soms doen om Selling aan die werk te kry?
Sy moet skel/raas.
30
Wat kan jy aflei oor Fiela se persoonlikheid met die handeling van haar man?
Sy is streng/kwaai.
31
Wat kan jy aflei oor Fiela se karakter uit díe monoloog? Noem TWEE dinge.
Sterk vrou/hou nie van ledigheid nie/gelowig/streng/godsdienstig.
32
Hoe verskil Fiela se karakter van Selling?
Fiela is ʼn baie sterk vrou en aan die gang/besig maar Selling is swak/ kan nie meer harde werk verrig nie.
33
Wat was die naam van die volstruismannetjie?
Skopper.
34
Hoekom het Fiela Skopper ʼn “sleg ding” genoem?/Hoekom was Fiela kwaad vir Skopper?
Hy het nie eens opgekyk om die mooi wyfie te sien wat Fiela vir hom gekry het nie.
35
Gee die name van Fiela se seuns.
Dawid, Tollie en Benjamin.
36
Gee die name van Fiela se dogters.
Emma en Kittie.
37
Wat het Fiela vir die volstruiswyfie betaal?
Ses karwatse en twee swepe.
38
Fiela het kontant betaal vir die volstruiswyfie. Motiveer hoekom die stelling VERKEERD is.
Sy het met ses karwatse en twee swepe betaal en nie met geld/kontant nie.
39
By wie het Fiela Pollie gekry?
Koos Wehmeyer.
40
Waaroor was Koos Wehmeyer ongelukkig?
Hy het gevoel die karwats is te dun.
41
Waaroor het Benjamin geklik?
Hy het vir Fiela vertel dat Kittie amper deur die volstruis geskop is.
42
Hoekom, sou jy sê, het Kittie so vinnig vir Fiela gesê Benjamin lieg?
Fiela is ʼn streng ma en hulle moes versigtig wees.
43
Waarom, dink jy, moes die kinders uit die hitte kom?
Hulle kan dehidreer/sonsteek opdoen/siek word van die warm son.
44
Waarmee het Benjamin graag gespeel/homself besig gehou?
Sy skuite.
45
Hoe het Benjamin sy skuite gemaak?
Hout uitgehol.
46
Wie het Selling gedink was die mans op die perdekar?
Predikers.
47
Hoeveel mans was daar?
Twee.
48
Beskryf die TWEE mans wat op die perdekar was.
Lang man, hy het ʼn bril gedra en skryfgoed in sy hande gehad. Dik man en rooi in sy gesig.
49
SELLING: Daardie perdekar is al heelweek op en af hier in die Kloof. Vreemde kar. Selling verwys vier keer na die vordering van die kar. Watter invloed het dit op die leser?
Die leser besef dat die mense belangrik moet wees/die feit dat hulle in afsondering leef, maak ʼn mens agterdogtig oor wie die mense is.
50
Waarom kan die koms van die sensusopnemers as die motoriese moment van die drama beskou word?
Die koms van die sensusopnemers sit die handeling aan die gang en dis die begin van die spanningslyn.
51
Die sensusmans het nie name nie. Hoe word daar na hulle verwys?
Die Lange en die Dikke.
52
Hoekom, dink jy, het die mans nie hulleself aan Fiela en Selling voorgestel nie?
Hulle kyk neer op Fiela-hulle/hulle dink nie Fiela-hulle is belangrik genoeg om hulleself voor te stel nie.
53
Hoe sal jy die gedrag van die mans beskryf? Gee EEN WOORD.
Ongeskik/rassisties.
54
Wat het die sensus mans daar kom doen?
Sensusopname/mense tel.
55
Wie het die mans opdrag gegee om die mense te tel?
Goewerment.
56
Hoekom het Fiela so groot geskrik toe die mans hulle meedeel wat hulle daar kom doen het?
Sy was bang hulle vind van Benjamin wat wit is, uit.
57
Hoe het die Dikke die tel van die mense geregverdig?
Hy het Fiela gevra of sy nie in die aande haar hoenders tel nie.
58
Wat het Fiela gehoop moet gebeur sodat Benjamin nie naby die huis kom nie? Noem TWEE dinge.
Sy het gehoop die wyfie breek uit en die kinders hol agter haar aan. Benjamin se skuit dryf weg en hy moet daarna soek.
59
Waaroor het die Dikke gekla toe hy van die perdekar afgeklim het?
Die hitte.
60
Hoe het Fiela die mans aangespreek?
“Baas”
61
Waarvoor het die Lange gevra?
Sitgoed.
62
DIKKE: Kan een van julle lees en skryf? Wat het die Dikke met hierdie woorde geïmpliseer?
Fiela-hulle is ongeletterd/ongeskool/dom.
63
DIKKE: Kan een van julle lees en skryf? Hoekom, dink jy, was die vraag deur die Dikke aanvaarbaar?
Baie anderkleuriges het nie daardie tyd skoolgegaan nie.
64
Fiela kan lees en skryf. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
Ja. Sy het die haneboek en Trap der Jeugd deurgewerk – sy is geskool.
65
Waaroor was Selling baie verleë/skaam?
Hy het nie die datum van sy geboortedag geken nie.
66
Wanneer is Selling waarskynlik gebore?
In 1820 toe die Britse Setlaars in die land aangekom het.
67
Hoe het Sellings se pa aan hom verduidelik wanneer hy gebore is?
Toe die Engelse met die skepe gekom het om op die plase te kom werk.
68
Wat is Fiela bereid om op te offer solank die kinders net wegbly van die huis af?
Die volstruis, karwatse en swepe.
69
Gee DRIE voorbeelde om te bewys dat die mans op Fiela-hulle neergesien het.
Die mans het hulleself nie aan Fiela en Selling voorgestel nie. Hulle spreek Fiela aan as “vrou”. Hulle het geïmpliseer dat Fiela en Selling dom is (Dink Fiela-hulle kan nie lees of skryf nie/Fiela weet net soos Selling nie wanneer sy gebore is nie.
70
LANGE: Tydens watter pes of ellende is jy gebore? Wat het die Lange met die woorde aan Fiela gesuggereer?
Fiela weet net soos Selling nie wanneer sy gebore is nie.
71
Sal jy dit aanvaar as mense jou sonder respek aanspreek/behandel? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Nee. Dit is goeie maniere om ander mense te respekteer/almal verdien respek ongeag ons velkleur of posisies in die samelewing.
72
Wat was Fiela se volle name?
Fiela Maria Apools.
73
Wanneer is Fiela gebore?
19 Oktober 1836.
74
Wanneer is Fiela en Selling getroud?
3 Januarie 1859.
75
In watter boek is Fiela se belangrike datums aangeteken?
Bybel.
76
Vir wie het Fiela se pa en oupa gewerk?
Vir die Wehmeyers.
77
FIELA: ... hulle vir die Wehmeyers doodgewerk. Wat het Fiela met die woorde bedoel?
Hulle het baie hard gewerk.
78
Verduidelik hoe Fiela die eienaar van die grond geword het waarop hulle bly?
Na die dood van ou meneer Wehmeyer is 12 morge grond van oude Wolwe op Fiela se pa se naam gesit en na sy dood het Fiela dit geërf.
79
Waar is die bewyse dat die grond aan Fiela behoort?
By meneer Cairncross op Uniondale.
80
FIELA: Ons is nie pagters nie. Ook nie werfvolk nie. Wat wou Fiela met hierdie woorde aan die sensusmanne oordra?
Hulle huur nie die grond nie – dit behoort aan hulle/hulle is die eienaars van die grond. Hulle is nie plaaswerkers/slawe vir iemand anders nie. Hulle werk vir hulleself.
81
Wat het Fiela vir die Here gevra om te doen toe die Lange wou weet hoeveel kinders hulle het?
Om Benjamin van die huis af weg te hou.
82
Verduidelik hoekom Fiela Benjamin nie naby die huis wou hê nie?
Hy is ʼn wit kind wat deur bruin mense aangeneem is en dit is daardie tyd nie toegelaat nie.
83
Hoeveel kinders het Fiela en Selling?
5/Vyf.
84
Wanneer is Dawid gebore?
2 Maart 1857.
85
Wanneer is Benjamin gebore?
13 Februarie 1862.
86
Wanneer is Emma gebore?
6 Februarie 1860.
87
Wanneer is Kittie gebore?
4 Januarie 1856.
88
Wanneer is Tollie gebore?
17 November 1858.
89
Hoe oud was Benjamin?
12 jaar.
90
Hoekom het Fiela gemaak asof sy Benjamin se naam uit die Bybel lees?
Sy naam is nie daarin opgeskryf nie want Fiela het nie geweet wanneer hy gebore is nie/is nie haar eie kind nie.
91
Wat was die naam van Fiela se plaas?
Wolwekraal.
92
LANGE: Waaruit maak julle ʼn lewe? FIELA: Uit wat ons met ons hande verrig. Wat het Fiela aan die Lange met haar antwoord op sy vraag probeer sê?
Hulle werk hard vir wat hulle wil hê/hulle sit nie en doen niks nie.
93
Waaruit maak Fiela-hulle ʼn bestaan? Noem SEWE goed.
Koring, mielies, groente, skape, melkbok, Selling brei velle en volstruisvere.
94
Waarmee boer die Komoeties wat van reën afhanklik is?
Koring, mielies en groente.
95
Hoe het Selling tot die huishouding bygedra? Noem VIER dinge.
Hy brei velle, maak karwatse, swepe en skoene.
96
Aan watter kerk het Fiela-hulle behoort?
Independent Kerk.
97
Noem die naam van die kerk wat hulle in die steek gelaat het.
London Missionary Society.
98
Waaroor was Benjamin baie opgewonde toe hy die gesprek tussen Fiela en die mans onderbreek het?
Sy skuitjie het tot onder in die vangdam gedryf sonder om om te slaan.
99
Hoe is Fiela se ergste vrees bewaarheid?
Benjamin daag op tydens die sensusmans se besoek.
100
Waaruit kan jy aflei dat Fiela Benjamin baie liefhet?
Sy vra die Here om alles te vat wat sy het maar net nie vir Benjamin nie.
101
Fiela bevind haar in ʼn moeilike situasie. Wat voel jy vir haar? Gee slegs EEN WOORD.
Simpatie/jammerte.
102
Hoekom voel jy simpatie vir Fiela oor die verlies van Benjamin?
Dit moet erg wees om dalk die kind wat jy grootgemaak het, te verloor.
103
Hoe het die twee mans en Selling onderskeidelik op Benjamin se aankoms reageer?
Die Lange ruk sy bril af. Die dikke se mond val oop. Selling se hande rol al vinniger inmekaar.
104
Waarom sou jy sê was die twee mans so geskok toe hulle Benjamin sien? Gee TWEE redes.
Hulle kon nie glo dat daar ʼn wit kind tussen die bruin mense bly nie. Kan nie glo dat die wit kind vir die bruin vrou “Ma” sê nie.
105
Kan jy met die mans se skok toe hulle Benajmin gesien het, identifiseer? Verduidelik jou antwoord.
Ja. Dit was ongewoon/dit was nie aanvaarbaar in daardie jare nie. Nee. Dit maak nie vir my saak nie /dit pla my nie.
106
Hoe, dink jy, tree die meeste mense vandag op teenoor ouers wie se kinders van ʼn ander ras is?
Ek sal dit aanvaar/dis nie vir my iets vreemds of snaaks nie.
107
Tot watter gevolgtrekking kan jy kom as jy na die mans se gedrag kyk toe hulle Benjamin gesien het?
Hulle is rassisties.
108
Wat het Fiela die Lang man geantwoord toe hy haar gevra het wie se kind Benjamin was?
Dit is HAAR kind.
109
Dink jy die sensusmanne was verras oor die nuus dat Fiela Benjamin se ma was? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Ja. Benjamin was wit en Fiela-hulle was ʼn bruin familie/van ʼn ander ras.
110
Hoekom het die Lang man ʼn probleem gehad met Fiela se antwoord dat sy Benjamin se ma was?
Dit was nie ʼn algemene verskynsel in daardie jare nie/hulle was rassisties.
111
Hoekom het die sensusopnemers so intens in Benjamin belanggestel?
Hy was ʼn wit kind wat deur bruin mense grootgemaak is.
112
Hoekom het die mans gedink iets vreemds was aan die gang?
Benjamin kon nie Fiela-hulle se kind wees nie want hulle is bruin en hy is wit.
113
Verduidelik wat Fiela bedoel het met Benjamin is haar “hanskind”?
ʼn Weeskind wat sy grootgemaak het. (Dit is soos ʼn lammetjie wat deur mense met die hand grootgemaak word.)
114
Waar het Fiela vir Benjamin gekry?
By haar agterdeur.
115
Hoeveel jaar gelede het Fiela vir Benjamin gevind?
9 jaar.
116
Hoe oud was Benjamin toe sy hom gevind het?
± 3 jaar oud.
117
Hoe oud was Benjamin tydens die sensusopnemers se besoek?
12 jaar oud.
118
Benjamin het ... toe Fiela hom by haar agterdeur gevind het. A gestaan B gekruip C gesit D gelê
A (gestaan)
119
Benjamin was 3 jaar oud toe Fiela hom gevind het. Hoekom sal jy sê die stelling is nie heeltemal korrek nie.
Fiela het nie presies geweet hoe oud hy was nie. Sy het maar geraai/geskat dat hy 3 jaar oud was.
120
Hoe het Fiela geweet daar was iemand buite by haar agterdeur die nag toe sy Benjamin gevind het?
Hy het gehuil.
121
Wie het Fiela gedink het Benjamin by haar deur gelos?
Sy ma.
122
Het die mans Fiela se storie oor Benjamin geglo? Motiveer jou antwoord.
Nee. Die Lange het gesê sy lieg.
123
Watter tyd van die dag was dit toe Fiela vir Benjamin gevind het?
In die nag.
124
Hoe sou jy gevoel het as jy Fiela was en die mans het jou so aangeval met woorde?
Ontsteld/kwaad/omgekrap.
125
Fiela het dadelik haar daad om Benjamin te hou verdedig. Wat sou jy gedoen het as jy Fiela was?
Benjamin gehou het. Kon hom nie buite gelos het om dood te gaan nie.
126
Wat sou jy doen as die sensusmanne jou so aangeval het met hulle woorde?
Hulle weggejaag het/op hulle geskree het.
127
Wat het Fiela verkeerd gedoen volgens die Lange?
Om die kind te hou.
128
Verduidelik hoe Fiela haar gedrag probeer regverdig het?
Sy kon nie die kind net buite gelos het nie. Sy het dit probeer aanmeld, maar niemand was beskikbaar nie. Die kind wou haar nie meer los nie/hy was te geheg aan haar. ʼn Ma wat haar kind weggegooi het, draai soos ʼn ooi nie terug nie.
129
Fiela het gevoel dat daar ook bruin kinders tussen die wit kinders op die wit mense se werf was. Hoekom was dit toelaatbaar volgens die Lange?
Daardie kinders het in die aande na hulle eie huise teruggekeer.
130
Vir wie moes Fiela van die koms van die kind vertel het?
Petrus Zondagh.
131
Waar sou sy Petrus Zondagh gevind het?
Op grootplaas.
132
Hoekom was Petrus Zondagh die aangewese persoon?
Hy was ʼn vername/belangrike man.
133
Hoekom kon Fiela nie vir Petrus Zondagh van Benjamin vertel nie?
Hy was agter by die see.
134
Na wie moes Fiela Benjamin gevat het toe sy nie vir Petrus Zondagh in die hande kon kry nie?
Na die magistraat.
135
Hoekom was die magistraat nie ʼn opsie to Fiela Benjamin gevind het nie?
Hulle het eers nou onlangs ʼn magistraat gekry.
136
Vir wie het Fiela in die dorp van Benjamin probeer vertel?
Die veldkornet.
137
Hoekom was Fiela se twee pogings om die veldkornet oor Benjamin in te lig, onsuksesvol?
Die eerste keer was hy agter skaapdiewe aan. Die tweede keer was hy na ʼn begrafnis toe.
138
Waarom het Fiela nie ʼn derde keer probeer om die veldkornet in die hande te kry nie?
Benjamin was te geheg aan haar/hy wou haar nie los nie.
138
Waarvan het die Lange Fiela beskuldig?
Dat Fiela die kind skelm gehou het.
139
Hoe lank gelede het Fiela vir Benjamin voor haar agterdeur gekry?
9 jaar.
140
Wat het die Dikke skielik onthou wat Fiela se lewe sou verander?
Van ʼn kind (seun) wat 9 jaar gelede in die Bos weggeraak het en nooit gevind is nie.
141
Wie was destyds die magistraat op Knysna?
Meneer Blake.
142
Wie het die magistraat gestuur om die houtkappers te help soek na die verlore seun?
ʼn Konstabel.
143
FIELA: Nou probeer baas visvang in ʼn emmer. Verduidelik die betekenis van die uitdrukking.
Hy sê iets wat onmoontlik is/dit kan nie gebeur nie/is nie moontlik nie.
144
FIELA: Nou probeer baas visvang in ʼn emmer. Gee ʼn ander uitdrukking wat dieselfde betekenis het.
Die dam onder die eend uitruk.
145
Waar het die kind volgens die Dikke weggeraak?
Kom-se-Bos.
146
Hoekom is dit volgens Fiela onmoontlik vir ʼn kind van 3 jaar oud om van agter die Bos tot by hulle in die Lange Kloof te loop?
Die berge is te erg en dan is daar nog die digte Bos ook.
147
Waarmee het Fiela die onmoontlikheid van wat die Dikke beweer, vergelyk?
Net soos ʼn volstruismannetjie nie ʼn eier kon lê nie, net so kan ʼn kind van 3 jaar oud dit nie uit die Bos tot by haar deur kon gemaak het nie.
148
LANGE: Wat van padlangs? Hoekom was dit volgens Fiela ook nie moontlik nie?
Daar was 9 jaar gelede nog nie ʼn pad nie.
149
Hoe het Fiela die mans probeer oortuig dat die kind nie self tot by haar deur geloop het nie?
Hy was skoon en netjies.
150
Wie was die “Hoër Gesag”?
Die magistraat/die hof.
151
Die Lange wou Benjamin uitvra oor wat hy van die dag kon onthou toe hy by Fiela opgedaag het. Dink jy dit is vir ʼn kind van 3 jaar moontlik om sulke besonderhede te onthou? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Nee. ʼn Kind van 3 jaar oud is te klein/jonk om sulke besonderhede te onthou.
152
DIKKE: Miskien moet ons die kind saam met ons neem. Hoe het Fiela aan die mans gewys dat sy dit nie sou toelaat nie. Gee TWEE feite.
Hulle sal haar eers keel-af moet sny. Hulle het hom in die Goewermentsboek ingeskryf as Benjamin Komoetie – dit kan nie verander word nie.
153
Hoekom sou dit vir die mans moontlik wees om die inligting oor Benjamin se geboorte in die Goewermentsboek te verander?
Fiela het vir hulle gelieg.
154
Fiela het Benjamin se ma probeer opspoor. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
Nee. ʼn Ma wat haar kind weggooi, is volgens Fiela soos ʼn ooi wat haar lam weggooi en nooit weer teruggaan nie.
155
Dink jy die mans kon meer simpatiek teenoor Fiela gewees het? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Ja. Sy het probeer om die kind aan te meld, maar was nie suksesvol nie/ die kind het te geheg aan haar geraak.
156
Hoe het die Dikke Benjamin se vertroue probeer wen?
Hy het Benjamin gevra of hy na sy skuitjie kon kyk/hy het ook baie van skuitjies gehou.
157
Wie het Benjamin gewoonlik gehelp om sy skuitjies te maak?
Selling.
158
Hoe het Benjamin Selling aangespreek?
Pa.
159
Hoe het Benjamin die mans aangespreek?
Baas.
160
Hoe het Fiela die manier waarop Benjamin die sensusopnemers aangespreek het, verdedig?
Hy praat agter hulle aan.
161
Hoekom was dit vir die mans onaanvaarbaar dat Benjamin hulle “baas” genoem het?
Net bruin en swart mense het die wittes “baas” genoem. Wittes het nie ander wittes “baas” genoem nie.
162
Wat het die mans Fiela meegedeel, sou hulle die volgende dag in Knysna gaan doen?
Hulle gaan probeer uitvind oor die ander kind wat in die Bos weggeraak het.
163
Musiek. Doof ligte uit. Ligte op. Dieselfde toneel. Almal is besig met iets, bv. velle brei. Wat is die funksie van die skuinsgedrukte woorde na die Lange se spreekbeurt?
Die dramaturg dui aan dat tyd verloop het.
164
FIELA: (op band): Februarie. Maart. April. Voorwinter. Wat is die funksie van die VIER eenwoordsinne?
Dit dui op tyd wat verbygegaan het.
165
Bespreek die effektiwiteit van die VIER eenwoordsinne.
Dit wil beklemtoon dat 3 maande verby is vandat die sensusopnemers daar was en het nog nie teruggekom nie. Dit verminder die spanning so ʼn bietjie.
166
Wat het Fiela met “Voorwinter” bedoel?
Herfs/die begin van winter.
167
FIELA: Dit is of die klip wat Februarie in my gaan lê het, ligter geword het. Wat was die “klip” waarna Fiela verwys?
Die vrees dat die sensusopnemers gaan terugkom om Benjamin van haar af weg te vat.
168
FIELA: Dit is of die klip wat Februarie in my gaan lê het, ligter geword het. Met watter vrees het Fiela in die oggende wakker geword?
Die vrees dat die sensusopnemers gaan terugkom om Benjamin van haar af weg te vat.
169
FIELA: Dit is of die klip wat Februarie in my gaan lê het, ligter geword het. Watter maand was die sensusopnemers by Fiela-hulle?
Februarie.
170
FIELA: Dit is of die klip wat Februarie in my gaan lê het, ligter geword het. Hoeveel maande is verby vandat die mans op Wolwekraal was?
3 maande.
171
Fiela het gerus begin raak oor die sensusopnemers se belofte dat hulle gaan terugkom. Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
Ja. Sy het na 3 maande nie meer elke oggend wakker geword en gedink hulle gaan vandag daar opdaag nie.
172
Wanneer het die onrus in Fiela se hart so ʼn bietjie bedaar?
Toe die mans na 3 maande nog nie teruggekom het nie.
173
Waarvan was Selling oortuig ten opsigte van die sensuopnemers?
Hulle gaan nie terugkom nie.
174
Dink jy die sensusmanne sou vandag in die 21ste eeu dieselfde reageer het? Motiveer jou antwoord.
Nee. Dit is nie meer ʼn misdaad om die ouers van ʼn ander velkleur kind te wees nie.
175
Hoekom, dink jy, sal Fiela in die 21ste eeu tog wel in die moeilikheid beland oor haar optrede om die kind te behou?
Sy het dit nie aangemeld nie.
176
Hoekom was Selling doodseker dat die sensusopnemers nie meer sou terugkom nie?
3 maande is al verby wat hulle niks van hulle gehoor het nie.
177
Hoe het Fiela die skyn van normaliteit op die werf behou?
Hulle gaan soos altyd aan met hulle dagtake.
178
Wat was Fiela se verskoning aan Benjamin oor hoekom hy nie saam die ander kinders die volstruise in die veld mag gaan oppas nie?
Volgens Fiela luister Benjamin nie want hy bly aan die volstruise se voorkant hardloop en hulle gaan hom nog oopskop.
179
Hoekom, dink jy, het Fiela Benjamin by die huis gehou?
Sy was bang die mans daag daar op en neem hom van haar af weg.
180
Hoe het Fiela haar besluit om Benjamin op die werf te hou, geregverdig?
Volgens Fiela luister Benjamin nie want hy bly aan die volstruise se voorkant hardloop en hulle gaan hom nog oopskop.
181
Hoekom wou Tollie eerder Benjamin as Kittie saam met hom hê?
Kittie lê en slaap onder ʼn bos en dan moet hy alleen na die volstruise kyk.
182
Hoe sou Fiela Kittie straf as sy uitvind sy doen nie haar deel nie?
Met die riem.
183
Glo jy ouers mag hulle kinders straf deur hulle ʼn pak slae te gee/lyfstraf toe te pas? Gee ʼn rede vir jou antwoord
Ja. ʼn Pak slae kan ʼn kind op die regte pad hou/ouers moet net nie ʼn kind wil doodslaan nie. OF Nee. Kinders kan hulle ouers gaan aankla/ʼn kind het ook regte.
184
Waarmee het Fiela Benjamin se brei van die velle vergelyk?
Hy brei dit soos wasgoed.
185
Hoekom wou Fiela hê die volstruise moes broei?
Fiela wil geld in die trommel wegsit om grond by te koop.
186
Wat was die volstruiswyfie se naam?
Pollie.
187
Hoekom het Skopper volgens Fiela nie in Pollie belanggestel nie? Gee TWEE redes.
Hy is te vet en te lui.
188
Wat, dink jy, het Fiela gedink toe Benjamin daar ingehardloop gekom het?
Dat die sensusopnemers teruggekom het.
189
Wat se goeie nuus het Benjamin egter gebring?
Die wyfie dans.
190
Hoe het Benjamin oor die gedrag van die wyfie gevoel? Gee slegs EEN woord.
Opgewonde/bly/verheug.
191
Hoekom was almal so bly oor die volstruiswyfie wat gedans het?
Sy is gereed om te broei.