Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 2 Flashcards
Waarheen was Benjamin op pad saam met Elias en Barta?
Bos toe.
Waarom het Benjamin besluit om die tog maar saam met Elias-hulle aan te pak?
Die magistraat het hom beveel om saam hulle te gaan.
Hoekom, dink jy, (buiten dat hy vreemd gevoel het) antwoord Benjamin nie vir Elias as hulle hom Lukas noem nie?
Hy voel hy is nie Lukas nie, maar Benjamin.
BARTA: Hoekom is die kind so sonder tong?
Word Barta se woorde hier DENOTATIEF of KONNOTATIEF gebruik?
Konnotatief
Hoekom sou Elias dink dat Lukas dalk moeg kon wees?
Dit is ver en moeilik om so deur die bos te stap.
Hoekom het Elias gedink, wou Lukas nie praat nie?
Hy voel vreemd.
Hoekom het Elias nie getwyfel dat Benjamin Lukas was wat weggeraak het nie? Gee TWEE redes.
Barta het hom dadelik uitgewys as hulle kind. Hy is net so maer soos Nina.
Na wie het Lukas geaard?
Nina.
Hoekom het Elias volgens jou gedink dat Lukas na Nina aard?
Hy is maer soos Nina.
Hoekom het Barta gedink wou Lukas nie by hulle sit toe hulle gerus het nie?
Nog skaam.
Wat het Elias en Barta met Lukas se trommel gedoen?
Benjamin se kos uitgehaal en dit geëet.
Hoekom was daar so baie mense toe Lukas-hulle by die boshuis aangekom het?
Almal was nuuskierig oor die verlore seun wat weer gevind is.
Waarom, dink jy, sou almal aan Lukas wou vat?
Hulle was verras/verbaas oor die feit dat die seun nie dood is soos hulle gedink het nie.
Wat het Lukas gedoen toe die kinders aan hom gevat het?
Hy het hulle geskop.
Wie het vir Lukas ingetree?
Tant Gertjie.
Hoekom het Tant Gertjie gevoel almal moes Lukas uitlos? Gee DRIE redes.
Sy sê hy was bang, gedaan, verwilderd.
Hoe het Lukas vir ons gewys dat hy Willem en Nina nie as sy familie erken het nie? Gee TWEE redes.
Hy weier om op te kyk en hulle te groet.
Watter karaktereienskap van Elias word op hierdie bladsy uitgehef?
Sy ongeduld.
Het jy begrip vir Lukas in hierdie situasie waarin hy hom bevind? Motiveer jou antwoord.
Ja. Hy is bang en almal is vreemd vir hom/hy ken niemand nie.
Watter emosie ontlok Lukas se situasie by jou as leser?
Simpatie/jammerte.
Wat het Nina vir Lukas aangebied om te eet?
Patat.
Hoe het Nina Lukas se aandag probeer kry?
Sy wou weet of hy ʼn geheim kon hou.
Het Nina se manier van aandag soek dadelik met Lukas gewerk? Gee TWEE redes.
Nee. Hy het gesê hy gaan nêrens nie. Hy wag vir sy ma.
Wat het Nina gesê gaan met Lukas gebeur as hy heeldag so sit?
Hy gaan bobbejaanboude kry.