Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 4 Flashcards
Hoe sou jy Elias se gemoedstoestand in hierdie openingstoneel beskryf?
Woedend/baie omgekrap/baie kwaad/vies.
Wat het Lukas gedoen toe hy Elias agter hom gehoor het?
Hy het begin hardloop.
Voltooi die sin met EEN WOORD:
Elias het Lukas platgetrek soos ʼn mens ʼn _______________ sal plattrek.
Dier.
Hoe het Elias daarin geslaag om Lukas te vang?
Hy het die osriem oor sy skouers gegooi en vasgetrek en toe half op hom gaan sit.
Wat is die letterlike betekenis van “ʼn angel”?
Die skerp/giftige steekorgaan van ʼn by.
Gee ʼn ander idioom wat dieselfde betekenis het as die konnotatiewe betekenis van ” ʼn angel”.
Doring in jou vlees.
Wat het Lukas Elias genoem voor hy “pa” gesê het?
“baas” en “oom”
Watter emosie ervaar Elias wanneer Lukas hom “baas” noem?
Woede.
Hoe het Elias vir Lukas gedwing om hom “pa” te noem?
Elias het hom geslaan totdat hy hom “pa” genoem het.
Wat het Elias ook nog vir Lukas gedwing om te doen terwyl hy aangehou het om hom te slaan?
Elias het hom ook gedwing om te sê dat Barta sy ma is, Kristoffel en Willem sy broers en Nina sy suster is.Hy moes ook sê dat hy Lukas van Rooyen is en nie Benjamin Komoetie nie.
Waarom was Barta so ontsteld toe Elias en Lukas by die huis aangekom het?
Daar was slaanmerke oral oor Lukas se lyf.
In watter drie opsigte is Elias tevrede met homself nadat hy Lukas ʼn pakslae gegee het?
Elias het geweet Lukas sou nie weer probeer wegloop nie.
Lukas het goed op die balke gewerk.
Hy het Elias “pa” genoem.
Waarmee word Nina se gewoel vergelyk?
Sy was op en af nes ʼn bobbejaan aan ʼn tou.
Wat was Nina se verskoning vir haar gewoel?
Sy moes toilet toe.
Glo jy Nina se verskoning vir haar gewoel? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Nee. Sy het net ʼn verskoning gesoek om Bos toe te gaan/om nie te werk nie.
Waaruit kan ons aflei dat Elias Lukas nog nie heeltemal vertrou het toe Lukas uitgestap het nie?
Willem en Kristoffel volg hom.
Hoe was Nina ongehoorsaam aan Elias?
Elias het gesê sy kon toilet toe as Barta saam haar gaan, maar Nina het weggeglip sonder haar ma.
Wat was Barta se verskoning vir Nina se gewoel? Gee TWEE redes.
Nina is gewoond daaraan om elke dag Bos toe te gaan.
Sy was te lank op die steier.
Waarom mag Nina, volgens Elias, nie alleen Bos toe gaan nie?
Dit was te gevaarlik vir ʼn meisiekind so alleen in die Bos.
Waaruit kan ons aflei dat Barta aan Elias onderdanig was?
Sy het gesê sy sal na Nina gaan soek maar die oomblik toe Elias haar beveel om te bly sit, het sy geluister.
Hoe het Elias teenoor Nina reageer toe sy teruggekom het by die huis?
Hy het haar aanhoudend met die osriem begin slaan.
Hy het haar aan die hare gegryp en haar hare met ʼn mes afgesny.
Hoekom het almal vir Elias gehelp om te keer dat Nina weer by die huis uithardloop?
Hulle was bang vir Elias.
Hoekom het Elias nie ʼn skêr gebruik om Nina se hare te sny nie?
Dit was stomp.
Wat het Elias gebruik om Nina se hare te sny?
ʼn Mes.