Fiela se Kind Eksamen Vrae - Eerste Bedryf - Toneel 4 Flashcards
Waarom kon Fiela nie aalwee tap soos sy beplan het nie?
Die Noordwestewind het te erg gewaai.
Hoekom, dink jy, was Benjamin baie bly toe hy gehoor het hulle gaan nie veld toe nie?
Dan kan hy met sy skuitjies speel.
Wat moes Benjamin doen voor hy kon gaan speel?
Werf vee.
Die hoenderhok help skoonmaak.
Dink jy Benjamin tree op net soos enige ander kind?
Ja. Kinders wil eerder speel as werk.
Fiela het ander werk aan die kinders uitgedeel.
Watter opdrag het Kittie en Emma onderskeidelik gekry?
Kittie moet koffie maak.
Emma moet seep wegvat vir miss Baby.
Wie het die skuld gekry vir die seep wat nie so goed gelyk het nie?
Benjamin.
Hoekom het Kittie Benjamin blameer?
Hy het in die seeppot geroei in plaas van roer.
Kittie is nie baie fluks/hardwerkend nie.
Stem jy saam met die stelling? Gee TWEE voorbeelde om jou antwoord te motiveer.
Ja. Sy slaap onder ʼn bos wanneer sy moet help om die volstruise in die veld op te pas.
Sy het nie die seep help roer toe dit haar beurt was nie.
Fiela gee Emma nog ʼn opdrag. Wat was dit?
Om meel by die winkel te gaan koop.
Fiela bestuur haar huishouding soos ʼn diktator.
Hoekom is die stelling WAAR?
Sy sê wat elkeen moet doen en almal moet net spring.
Wat het Fiela beplan om te doen nadat almal hulle take voltooi het?
Om Pollie by Skopper in te jaag.
Hoekom sou Tollie nie kon help nie?
Hy het sy been seergemaak.
Hoekom het Fiela met Benjamin geraas?
Hy het sy mond vol brood gestop.
Hoekom mag Benjamin dit nie doen nie?
Dit is slegte/swak maniere.
Selling het ellendig gelyk. Waaroor het Selling gekla?
Die wêreld draai om hom.
Noem die medisyne wat Fiela hom gegee het om te drink.
Bakbossietreksel.
Hoekom kon Selling, volgens Fiela, nie die week siek wees nie?
Rossinski kom en Selling moet nog die karwatse en velle klaarmaak.
Fiela is streng maar regverdig.
Hoekom sou jy sê die stelling is WAAR?
Tollie het sy been seergemaak en sy laat hom nie toe om met die seer
been te werk nie. Hy moet eerder rus.
Watter nuus het die sensusopnemers gebring?
Mister Goldsbury, die nuwe magistraat op Knysna, wil Benjamin sien.
Wat was die naam van die nuwe Magistraat?
Mister Goldsbury.
Hoe het Fiela op die nuus van die mans reageer?
Sy het gesê die magistraat kon Benjamin by haar huis kom sien.
Watter dag van die week het die sensusopnemers weer by Fiela se huis opgedaag?
Woensdag.
Wie gaan ook by die hof wees saam met Benjamin?
Barta van Rooyen.
Waaruit kan die leser aflei dat die Dikke klaar besluit het dat Benjamin
die kind van die van Rooyens was?
Hy het gesê die kind se ma sal ook die Vrydag in die hof wees.