Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 3 Flashcards
Waarmee word die magistraatsgebou vergelyk?
Vaal en stroef soos die wet.
Watter ooreenkoms is daar tussen die magistraatsgebou en die wet?
Albei is vaal en stroef/onvriendelik/koud.
Wat is die funksie van die “(op band)” in Fiela se spreekbeurt?
Dit is Fiela se gedagtes/dit is wat sy dink.
Na wie het sy as die vredestoorders verwys?
Sensusmans.
Hoekom is die gebruik van die woord “vredestoorders” so effektief?
Die sensusmans het haar vrede kom verstoor.
Haal ʼn voorbeeld van personifikasie uit Fiela se spreekbeurt aan.
“dooie vensters my aangluur”
Hoe lank het dit Fiela gevat om tot in Knysna te loop?
2 dae.
Hoekom, dink jy, het Fiela iemand gesoek wat Hollands by die magistraatsgebou kon praat?
Dit is makliker om met iemand in jou eie taal te kommunikeer veral as dit iets so belangrik is soos wat Fiela op die hart het.
Wie is die magistraat?
Mister Goldsbury.
Wat beteken dit wanneer die magistraat “op die bank” is?
Besig met ʼn hofsaak.
“Seil soos ʼn slang.”
Wat is die betekenis van die vergelyking?
Om nederig/onderdanig te wees.
“Seil soos ʼn slang.”
Hoekom moes Fiela soos ʼn slang seil?
Sy is verleë/het die magistraat se hulp nodig.
Hoekom, dink jy, was Fiela so bly om die skoonmaker te sien? Gee TWEE redes.
Hy praat Hollands net soos sy.
Hy is ook bruin soos sy.
Verduidelik hoekom die skoonmaker nie haastig was om die magistraat te gaan roep nie?
Die magistraat is ʼn besige en belangrike man Fiela wou hom nie sê waaroor dit gaan nie.
Hoe het Fiela oor die klag wat sy wou lê, gevoel?
Dit was baie ernstig en as die magistraat hoor waaroor dit gaan, sal hy alles los waarmee hy besig is.
Wat se inligting het Fiela van die skoonmaker oor die magistraat gekry wat haar verlig laat voel het?
Hy kan Hollands praat.
Watter TWEE dinge, volgens Fiela, sou Fiela in haar bangheid dra?
Moed en geloof.
Wie het die skoonmaker gaan roep?
Die konstabel.
Onder watter wanindruk het die skoonmaker verkeer?
Hy het gedink Fiela wou ʼn klag teen die magistraat lê.
Hoe weet jy dat die konstabel ʼn wit man was?
Fiela spreek hom aan as “baas”.
Wat was die doel van Fiela se besoek aan die magistraat? Gee TWEE feite.
Sy wou weet waar sy Benjamin kon kry.
Die sensusmans het gesê hulle sou hom die Saterdag terugbring en hulle het nie.
SKOONMAKER: Ek staan maar sommer die wêreld en deurkyk, antie. Dit lyk my hy gaat vandag verkeerdekant draai.
Verduidelik die skoonmaker se woorde aan Fiela in jou eie woorde.
Hy voorspel dat Fiela nie goeie nuus gaan hoor nie.
Waaruit kan ons aflei dat die skoonmaker nuuskierig was?
Hy het daar rondgestaan en op sy besem geleun.
Hoekom, sou jy sê, het Fiela nie baie van die skoonmaker gehou nie?
Eerstens het hy Fiela se boodskap verkeerd oorgedra.
Tweedens was hy nuuskierig oor hoekom Fiela daar was.