Fiela se Kind Eksamen Vrae - Eerste Bedryf - Toneel 3 Flashcards
Wat het met Elias gebeur?
Die grootvoete het hom gejaag.
Hoekom was Elias so verbitterd? Gee TWEE redes.
Want die grootvoete het hom vertrap/verniel. Hy is vies dat die grootvoete slimmer as hy was.
ELIAS: Maar ek sal hulle kry, sê ek julle. Elias van Rooyen sal hulle kry.
Watter karaktereienskap van Elias kom hier na vore?
Hy is vasbeslote/vasberade/gee nie maklik op as ʼn plan in sy kop kom
nie.
Voel jy jammer vir Elias? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Nee. ʼn Mens mag nie so wreed teenoor diere wees nie.
OF
Ja. Hy is oud en sieklik.
Verduidelik die plan wat Elias gemaak het om die grootvoete te vang?
Hy het ʼn boom naby ʼn afgrond so gekap dat as die olifant daarteen
druk, sal hy by die afgrond afval en dan kan Elias die tande in die
hande kry.
Hoeveel olifante was daar?
3/drie.
Wat was dit van die olifante wat Elias wou hê? Hoekom?
Hulle tande. Hy kan die ivoor aan die skepe verkoop en geld maak.
Noem VIER items wat Elias moes neergooi toe die olifante hom gejaag het?
Handbyl, kortsaag, osrieme en ʼn kombers.
Hoekom was Barta so omgekrap met Elias toe hy by die huis aangekom het?
Hy het die kombers neergegooi.
Hoekom was die verlore kombers ʼn probleem vir Barta?
Hulle het al reeds nie genoeg komberse gehad nie.
Barta was meer bekommerd oor die kombers as haar man. Hoe sou jy reageer het as jy in Barta se skoene was? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Ek sou eerder my man ondersteun het. ʼn Kombers kan vervang word, maar nie ʼn lewe nie.
OF
Ek sou ook oor die kombers bekommerd wees want daar was nie geld om nog te koop nie.
Wat kan jy aflei uit Barta se reaksie op die verlore kombers oor die van Rooyens se finansiële status?
Hulle was baie arm.
Watter voorteken was daar wat moeilikheid vir die van Rooyens voorspel?
Daar was ʼn uil op die dak.
Barta is bygelowig.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
Ja. Sy sê Nina moet die uil wegjaag want dit bring ongeluk.
Hoekom, dink jy, het Elias geskrik toe hy die Boswagter gesien het?
Die Boswagter bring gewoonlik slegte nuus/nuus wat moeilkheid voorspel.
Van wie af het die boswagter ʼn boodskap gebring?
Die Magistraat op Knysna.
Watter nuus het die Boswagter vir Elias-hulle gebring?
Daar is ʼn moontlikheid dat hulle seun wat 9 jaar gelede weggeraak het, lewend gevind is.
Waar het hulle die seun gevind?
In die Lange Kloof.
Hoekom, dink jy, het Elias gesukkel om die nuus te glo?
Dit is al 9 jaar vandat hy weg is en hy was maar 3 jaar oud. ʼn Kind wat so klein is, kan nie alleen so ver loop deur die Bos nie.
Kan jy met Elias se ongeloof identifiseer? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Ja. Dit moet ʼn groot skok wees om na 9 jaar te hoor dat jou kind dalk lewe en nie dood is nie.
Wat is Elias se seun se naam wat verdwyn het?
Lukas.
Waar en wanneer wil die Magistraat Elias en Barta sien?
Knysna/die dorp – die Vrydag.
Wat was die funksie van die boswagter?
Die Boswagter bring gewoonlik slegte nuus/hy kom om moeilikheid te veroorsaak.
Is Elias LETTERLIK deur die olifante verniel? Gee ʼn rede vir jou antwoord.
Nee. Elias is nie letterlik deur die olifante verniel nie, maar met die weghardloop het hy homself moeg en seer gehardloop.