Fiela se Kind Eksamen Vrae - Eerste Bedryf - Toneel 1 Flashcards
Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en letter (A-D) neer.
Die skuinsgedrukte woorde in die inleiding is deel van die …
A motoriese moment. B ontknoping. C eksposisie. D klimaks.
C. eksposisie
Wat is die funksie van die skuinsgedrukte woorde in die inleiding?
Gee inligting oor die plekruimte: Die Bos
Wat is die funksie van die skuinsgedrukte woorde oor die algemeen?
Dui op die aksies/handeling van karakters.
Waar bly Elias en sy familie?
In die Bos
Wat verklap die eerste DRIE reëls van Elias se monoloog van sy karakter?
Hy is lui.
ELIAS: ʼn Man het net een lyf en dié moet lank uitkom.
Verduidelik in jou eie woorde wat die reël beteken.
ʼn Mens moet na sy liggaam kyk/sy liggaam spaar/sy liggaam nie
onnodig verniel nie.
Noem DRIE goed wat vir Elias in sy lewe belangrik is.
ʼn Man se liggaam.
ʼn Goeie plan.
Geluk.
Wat is volgens Elias ʼn skaars ding in die Bos?
Geluk
ELIAS: Ek glo aan ʼn goeie plan en ʼn bietjie geluk, al is geluk ʼn
skaars ding in hierdie Bos.
Watter afleiding kan jy maak oor Elias se planne na aanleiding
van hierdie sin?
Elias se planne werk nie altyd uit nie.
ELIAS: Ek glo aan ʼn goeie plan en ʼn bietjie geluk, al is geluk ʼn
skaars ding in hierdie Bos.
Stem jy saam met die woorde van dié karakter? Gee ʼn rede vir
jou antwoord.
Nee. As ʼn mens nie hard werk nie, gaan jy nêrens in die lewe kom nie.
Elias is ʼn hardwerkende man.
Stem jy saam met die stelling? Motiveer jou antwoord.
Nee. Hy is altyd besig om planne te maak om vinnig geld te maak/hy
glo aan geluk om hom te help/hy maak asof hy hard werk wanneer
Barta vir hom koffie bring.
Wat was Elias se lewensfilosofie?
Hy het aan ʼn goeie plan en geluk geglo.
Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en antwoord neer.
Die woorde “Die mis is wragtig dik,” verhoog die (spanning/angstigheid) in die drama.
spanning
Hoekom was die kinders permanent siek?
Dit het nat/vogtig/klam binne die huis gebly as gevolg van die mis.
Hoe sou Elias die probleem van nattigheid in die huis kon oplos?
Ekstra sinkplate te gebruik vir die dak.
Waaruit kon Elias aflei dat die nattigheid in die huis die kinders siek
gemaak het?
Hulle het gesnuif en gehoes.
Wat was die gevolg van die nattigheid in die huis?
Die kinders het siek gebly /kinders het gesnuif en gehoes.
Wat het Elias gedoen toe Barta vir hom koffie gebring het?
Hy het die handbyl gegryp.
Elias het die handbyl gegryp toe Barta vir hom koffie gebring het. Wat, dink jy, was sy beweegrede vir dié aksie?
Sy moes dink hy werk baie hard.
Na wie het Barta gesoek?
Lukas
Beskryf Barta se gemoedstoestand met EEN WOORD wanneer sy
na Lukas soek.
onrustig
Hoe het Elias sy vrou, Barta, beskryf?
Sy is mooi.
Wat het Barta volgens Elias nodig gehad?
skoene
Wie wou Elias vra om hom te kom help balke saag?
Krisjan Smal van Lelievleibos se oudste seun.