Fiela se Kind Eksamen Vrae - Tweede Bedryf - Toneel 1 Flashcards
Hoekom, dink jy, het Benjamin die nege maal tafel oor en oor herhaal?
Hy was bang/vol vrees.
Wat het Benjamin gedink sou hy doen as die mense van hom vergeet het daar in die magistraat se kantoor?
Deur die venster klim.
Hoekom sou Benjamin nie die trommel net daar kon los nie?
Dawid se baadjie, klere, kosgoed
Wat openbaar die feit dat hy nie die trommel net daar kon los nie vir ons oor Benjamin se karakter?
Hy is verantwoordelik.
Hoekom, dink jy, was Benjamin bly dat hy darem die geld in sy sak
gehad het?
As hy deur die venster moes klim en die trommel daar los, sou hy geld gehad het om mee kos te koop of iets.
Die volgende gebeure het plaasgevind terwyl Benjamin op die magistraat gewag het. Skryf die volgende vier gebeure onder mekaar in die KORREKTE volgorde neer:
Benjamin het 5 sjielings in sy sak.
Benjamin herhaal die nege maal tafel.
Benjamin wil deur die venster klim as hulle van hom vergeet het.
Benjamin kan nie sonder die trommel teruggaan nie.
Benjamin herhaal die nege maal tafel.
Benjamin wil deur die venster klim as hulle van hom vergeet.
Benjamin kan nie sonder die trommel teruggaan nie.
Benjamin het die vyf sjielings in sy sak.
Hoekom het die magistraat gedink Benjamin kry koud?
Hy het gebewe van vrees.
Wat het die magistraat heel eerste probeer vasstel toe hy sy kantoor binnegestap het? Noem TWEE dinge.
Wat Benjamin se naam was.
Wat Benjamin kan onthou van die tyd voor hy in die Lange Kloof aangekom het.
Hoe het Benjamin die magistraat die eerste keer aangespreek?
Weledele heer.
Hoe het die magistraat se liggaamshouding gewys dat hy geskok was op die manier waarop Benjamin hom aangespreek het?
Hy suig sy wange aan die kante in en laat dit dan weer uitbult.
Op watter dorp het die hofsitting plaasgevind?
Knysna.
Hoe het Benjamin die magistraat aangespreek toe die vrees te erg was?
Baas.
Hoe het die magistraat sy misnoë met Benjamin wat hom as ‘baas’ aanspreek kenne gegee?
Hy suig sy wange in en uit.
Hoeveel seuns is ingeroep om saam met Benjamin aan die uitkenningsparade deel te neem?
4 seuns.
Hoekom, dink jy, was Elias verskrik terwyl hulle daar in die hof was?
Om jou kind te kry na soveel jare is maar angswekkend/skrikkerig.
Verduidelik waarom die magistraat dadelik vir Barta geglo het toe sy Benjamin as haar kind uitgewys het.
Sy het dadelik na Benjamin gestap en sonder twyfel na hom gewys as haar kind.
Hoe het Benjamin na Barta verwys?
Bosvrou.
Dink jy dit was regverdig teenoor Benjamin dat hy alleen sonder Fiela en Selling Knysna toe is om voor die magistraat te verskyn? Motiveer jou antwoord.
Nee. Hy was maar net ʼn kind.
Hoe het Benjamin reageer toe die magistraat vir hom gesê het dat Barta hom as haar kind uitgewys het?
Hy het gesê hy is Fiela Komoetie se kind.
Hoe het die magistraat aan Benjamin probeer verduidelik wat tydens die uitkenningsparade gebeur het?
Hy het aan hom verduidelik dat ʼn kind lank gelede in die Bos weggeraak het. Benjamin kon daardie kind wees, maar hy moes doodseker maak en dit was hoekom Benjamin daar was.Hy het hom tussen 4 ander seuns gesit om die uitkenning moeiliker te maak. Barta het sonder twyfel Benjamin dadelik as haar seun uitgewys.
Op watter DRIE maniere het die magistraat in die hof probeer uitvind of Benjamin die Van Rooyens se kind was?
Eerstens het hy vir Benjamin gevra of hy iets kon onthou van die tyd voor hy in die Lange Kloof beland het. Hy het Benjamin tussen vier ander seuns laat staan. Hy het Barta laat inkom om haar kind uit te wys.
Wat het Benjamin bly herhaal toe die magistraat vir hom gesê het hy moes saam met die Van Rooyens gaan?
Hy is Fiela Komoetie se hanskind.
Hoe het Benjamin die magistraat probeer oortuig om hom nie saam met die Van Rooyens Bos toe te stuur nie?
Hy herhaal ʼn paar keer dat hy Fiela Komoetie se hanskind was. Die Bosvrou lieg as sy sê hy was haar kind.
Hulle is nie kaalgatte nie/hy het 5 sjielings. Hy sê ook dat hy Fiela en Selling Komoetie se hanskind was.
Wat het die magistraat Benjamin beveel om te doen?
Om saam met die Van Rooyens terug Bos toe te gaan.